SMS'e vir 12 Maart 2019
SMS'e vir 12 Maart 2019

SMS'e vir 12 Maart 2019

"...is nog lewendig..."
Mandy Rittmann
Regtig! Hoe kan ’n bevoegdheidsertifikaat misdaad keer? Jy kan 100 bevoegdheidsertifikate hê, dit sal nog steeds nie misdadigers keer om misdaad te pleeg nie. Misdaad word nie gepleeg deur mense wat wettige vuurwapens besit nie. Geen sertifikaat sal keer dat misdadigers vuurwapens bekom nie.

Hoe is dit moontlik dat studente wat nie genoeg punte het om te studeer en by oorsese nie-geakkrediteerde instansies geregistreer het nogtans deur die NSFAF gefinansier word, met onder andere sakgeld en vlugte? Dan weet die NSFAF mos dat dit uitgesmyte geld is en ondersteun hul nogtans? Skandelik hoe die belastingbetaler se geld gemors word!

Mense, mnr. Geingob het alle “cowboys and crooks, the good, the bad, the ugly, saints and sinners” nodig om sy 2de termyn te verwesenlik. Korrupsie van hoë lui is normaal in Afrika. Die regerende party is erg verdeeld. Team Swapo is nog lewendig, maar politieke sondes word moeilik vergewe. Dit word ’n “we and they” sage. Die grysaards met geraamtes weier om op te staan van die pot, bang die reuke sal uitwalm, so dit is beter om te sterf op die pot en niemand te vertrou. Watse aftree? Bly oor die skouer loer. Is dit vêr van jou aroma, na aan jou skade? “Love is in the air”. – Namalander

Die regering moet hulle toesighouers wat hulle aanstel of aangestel het, verantwoordelik hou vir die verliese wat hulle ly, want dit is hulle wat laat slap lê. Hoekom kan hulle nie opgecheck word deur hulle direkteure, ten minste op ’n ses maande basis nie? Die direkteure wat net vir hulle eie gewin daar sit in hulle posisies.

Net groot bewondering en dank aan ds. Jooste en ds. De Koning van die NG Kerk vir die ferme, Bybelse standpunte wat hulle in die media ingeneem het teen die dwase en sondige verordening van ’n gay leraar by Kraaifontein. Verder is ek geskok oor die regsuitspraak van ’n wêreldse hof in RSA wat die Goddelike reg van die Bybel ongedaan gemaak het en sodomie en hoereerdery vanaf die NG kansels wettig. Mag God hulle genadig wees. – Pietrossi

As gelowige leef ek en ry ook altyd haastig en vinnig, daarom dat ek dan ook altyd vroëer by my eindbestemming arriveer. My probleem egter nou, is dat dit moontlik voordele vir my inhou met vroeg by die werk opdaag, maar om dalk voor my tyd in die hemel op te daag ontstu my nogal effe. - SAP&H

Homoseksualiteit die grootste sonde denkbaar? Maar liefdeloosheid en mense van God weghou, is mos aanvaarbaar en ons plig?

Ja dominee, jy mag nie steel nie, ook nie moord pleeg en egbreuk pleeg nie. Ons bid vir jou. Die gay gemeenskap is deel van ons lewe. Nog ’n ou tannie.

Aai, aai, aai mense! Wie se alarms vir ’n gevoelde ewigheid gil! Wat verwag julle? Moet dit met ’n panga, ninja-style jul eiendom verdedig? Glo my, al wat dit doen is vir diewe te adverteer. Niemand voel ’n veer om te kyk na jou eiendom, plus jy maak jou bure lekker bevoeterd. Hulle wil net jou krag afsit en te hel met jou vrieskaste etc., solank net die senudodende geskrou kan ophou. Laat programmeer tog asseblief vir kortste tjanktyd. Dit adverteer daar is ’n probleem en geen vals alarm, want dit is wat dit 95% van die tyd is. Maak enigeen kwaad.

Ek het ’n volledige stel Wêreldspektrum-boeke, wat ek nie gebruik nie. 1982 perskor-uitgewers. Kontak my by 081 758 6024.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer