SMS'e vir 12 Maart 2020
". . . net agt werkers . . ."
Vir die 21ste Maart se partytjie kry die regering mos die geld verniet van ons belastingbetalers af en ons moet gelukkig wees met die lae standaarde van dienslewering wat aan ons voorsien word in Namibië. Lekker verniet bus ry, eet en drink en dan stem ons maar weer vir julle, sodat dit nog slegter kan gaan!
Mnr. Alweendo, dit is al hoe ’n revolusie moet ontstaan, met ’n verskil.
Ek stem saam met daardie leser. Die ministerie van onderwys hamer gedurig op beplanning, maar elke jaar lyk hulle besigheid so. Nou sluit die onderwysers eers die 17de April, want ons moet beplan vir volgende termyn, dan begin ons op die 7de en 8ste Mei, want ons moet beplan en voorberei vir die termyn. Ag regtig? Dit is ’n grap.
Hoekom foute by die staatshospitaal nie raakgesien word nie is omdat hulle in ’n privaathospitaal met ons belastinggeld gaan lê.
So, Pontius Pilatus was sy hande op die lughawe, maar Rome brand!
Is daar enige iemand wat lig kan werp of daar ’n reisverbod na Suid-Afrika per pad is. Geen ministerie of selfs die grensposte antwoord hulle telefone of antwoord op ’n e-pos wat gestuur was.
NEEEB is rassisties en die land gaan duisende klein sakeondernemings verloor, mense gaan sonder werk sit. Ons het net agt werkers wat elkeen plus minus vyf afhanklikes het. Daar is alreeds so baie sonder werk. Belasting, VAT, Social Security Commission, al die staatbetalings gaan stop as klein besighede toemaak. Dit is goeie belastingbetalers wat regering gaan verloor en daar sal nog meer werkloses wees.
Vir moord word jy vir 25 jaar tronk toe gestuur. Met NEEEB, as jy ’n staatsamptenaar durf omkrap, dan kry jy 50 jaar tronkstraf. Iemand by Staatshuis is die klits kwyt!
Moenie so baie kla oor die staatshospitale nie. Hulle is baie veilig teen die Coronavirus. Hulle virusse sal die Corona so wegjaag dat hy nooit weer terugkom nie.
Wonder darem wanneer die aanklaer-generaal haar besluit oor die rasse-uitspraak van die geagte adjunkminister Engelbrecht Nawatiseb op Hentiesbaai bekend maak. Die man bly mos in ’n opslaanrestaurant op die seefront sonder planne. Vra maar net!
Will graag weet of daar enige maatskappy is wat uitsonderings doen vir mense met disability vir werk?
Soos iemand al voorheen voorgestel het. Verhoog net alle belasting met ’n verdere 10% en siedaar: 80% van die finansiële gate en tekorte word toegestop. Dit is mos vir ons pragtige land se voortbestaan, daarom kan ek nie sien dat mense dit sal teenstaan nie. - Peter Naspolo
Kan meneer Mogamat Salie Saban asseblief sy e-posadres vir ons gee? Hy is ’n taalwonder!
Okahandja-staatshospitaal: Ek neem my siek baba 06:00 vanoggend en word dadelik vertel jy moet wag tot 08:00 voordat ons jou help. Is dit healthcare or deathcare? Onaanvaarbaar!
Verkeersbeampte is dringend nodig by die verkeerslig by die hoek van Sam Nuyoma Drive en Dr. Kwame Nkrumah-straat. Niemand wil in die tou staan nie, want jy sal 15 minute staan soos ander van agter inbeur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie