SMS'e vir 12 Mei 2016
SMS'e vir 12 Mei 2016

SMS'e vir 12 Mei 2016

Gerine Hoff
Eienaars van geboue se huurgelde is hemelhoog. Ons SME’s kan nie vorentoe gaan met ons besigheid nie. Ons betaal N$30 000 vir die huur van die gebou, N$5 000 vir die werkers en N$5 000 vir die krag. Geen wins is daar nie. Sal die president en Job van AR asb. ondersoek instel? Uit die wins van N$50 000 sit jy met ’n balans van N$5 000. Wat maak jy daarmee? Jy verryk net die eienaars van geboue.

Huispryse is hoog, maar die werkers soek meer geld. Die stene-, sement- en die sandman het ook hulle prys, met ook die werkers wat praat, so ook die regsmense en agente. So vir wie gaan ons nou sê jy moet afkom met jou prys? Wat van die dakke, hout, verf, teëls, ens. met hulle ambagsmanne. So ek is bevrees, sterkte oom Lood.

SA, waar gaan jy heen? Een skool afgebrand, maar 26 nou! Waar is die SADF in sulke tye? Dink net +-25000 kinders geen education ens. Die President sê net, lets you wonder. Hello! Ons buurland is so vinnig op die afdraend, geen briek of plan kan help nie. Wat het eens met die magtige RSA gebeur? Mense, raak wakker - R E

Die moord wat so gedoen word . . . Ons regering is skuldig. Ons word stelselmatig uitgeroei. Hoekom word tand vir tand geweier?

Waarom het Stad Whk en Nam­Water bonusse betaal aan die direkteure en stadsvaders as geen ontwikkeling of beplanning rondom waterinfrastruktuur gedoen is nie?

I worked 4 Nature Conservation 11 years. To stop cattle grazing along B1 is no rocket science. Various Regions Agriculture officials do camp fencing inspections. There is a Law: Adequate Enclosure. Farmers in breach of this law receive heavy fines and cattle found grazing along the B1 are confiscated and auctioned for funding the Save the Rhino project. Government, act now and save lives on Namibian roads.

Dankie aan Total Namibia wat die Tara Tydren soveel jare ondersteun het. Dis ’n jammerte dat Total die borgskap onttrek het weens verlede jaar se gebeure. Wilro het die Tara net een keer gewen (2011).

Om aan te sluit by omgekrap van Hentiesbaai: Elkeen wat ’n bouery of aanbouery wil doen, doen dit op die sypaadjie. Dis konkruitmengers, sand, stene en die gemors wat uitgekap word tot in die middel van die straat. Mense moet maar om ry! Geen toekamp of waarskuwingstekens word vereis nie, tot die pad­skraper skraap om die gemors.

Aranos krag. Die agentwinkel in die woonbuurt het nooit krag nie. Selco, doen iets daaraan.

Vanoggend het ’n bakkie van die City Police ’n klein hondjie doelbewus doodgery. Dit het gebeur in Otjizonjoustraat, Cimbebasia. Die bestuurder van die bakkie het doelbewus van baan verwissel en toe uitgeswaai om die hondjie wat langs die pad gestaan het, dood te ry. Doelbewus! Watter soort mense het ons Namibië?

Met verwysing na die SMS oor vullisstorting reg voor raadslid se huis: Die vullisstorting was reeds daar voor die raadslid op die raad gedien het. Hoekom nou eers kla? Gaan rapporteer by die munisipaliteit. – Oudleeraarsvrou

City Police/Nampol kyk asb wat aangaan by die bar in Otjimuise. Meisies so jonk as 15 jaar drink daar en julle druk fone dood in my ore as ek bel. Kan die nodige owerhede nie plan maak met die eienaars nie? Asb., ons kinders vergryp hulle aan die alkohol!

Unam kan darem ’n mens teleurstel. Baie van ons afstandonderrig-studente het nie ons uitslae van die assignments gekry nie, maar niemand kan ons help nie. Jy word van die een na die ander verwys en die persoon wat met ons goed werk, kan ons nie veel help nie, want hy is nie ’n tutor nie en die tutors antwoord nie hul fone nie.

Minister of Foreign Affairs. Whaz up at your Noordoewer border? So many tourists enter Namibia but no clean decent public toilets. When I got to Vioolsdrift – WOW! The toilets are so clean I almost forgot to get up. Minister of Foreign Affairs, stop flying – drive to the Namibian borders.

Na aanleiding van Zimbabwe se nuwe geldeenheid kan ek net sê: Benoude katte maak benoude spronge.

Government, if you waste our tax payers money, N$1.3 million salary for Maltahöhe village who has been suspended for 3 years in full pay, then why should I pay taxes? The incompetency in government screams to high heaven.

Education, stel tog asb. ’n inspekteur met woema aan in Okahandja.

Ek wens casino’s wil toemaak. Hul bied basies niks nie, net om geld te vat en 2 mense wat ’n motor wen.

Ons wil net die posmeester van RHB sê maak nog ’n pay punt en moenie die polisievrou laat kom om ons grootmense rond te stoot nie.

Social Security Commission, ek bel, maar word gesê wag ’n oomblik? En in my foon hoor ek net die musiek tot my credit op is. Help julle die mense, of gebruik julle net ons beltyd?

Wat staan ons te doen met damme soos Goreangab wat besoedel is, maar vol staan? Is daar geen plan te maak nie? Die dam moet sekerlik gesluit word vir die publiek as dit so bemors en besoedel is?

St Mary's hospitaal Rhb, baie dankie aan al die personeel wat met soveel liefde, deernis en omgee vir ons moeder sorg. Julle is die heel beste en ons waardeer julle bystand en ondersteuning ongelooflik baie. Happy nurses day! – Benz-familie

Ek hoop Fruit & Veg neem kennis die aartappelprys het met die helfte gedaal. Mense moet net in die Landbouweekblad kyk wat die werklike pryse van aartappels op die SA markte is. Dit is klas 1 aartappels. Ek is moeg om ’n fortuin vir swakker produkte te betaal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!