SMS'e vir 12 Mei 2017
SMS'e vir 12 Mei 2017

SMS'e vir 12 Mei 2017

“...weer ’n bandjie vir boetie-transaksie...”
Dani Booysen
Die ontvanger van inkomste het 'n groot projek aan die gang om agterstallige belasting in te vorder. Met ongeloof moes ek vanoggend by Windhoek se ontvangerkantore hoor dat daar geen individuele opgawevorms vir 2017 in voorraad is nie. Weet ook nie wanneer daar weer vorms beskikbaar sal wees nie.



Mnr. Utoni, ek dink Swartbooi het die spyker op die kop geslaan. Gee 200 hektaar vir die Lithium en die ander grond aan die mense. Of is dit weer 'n bandjie vir boetie-transaksie? Self 'n graad een-kind kan somme maak. Ek dink jy moet maar gaan rus en meer vars lug kry. Jou tyd as minister is verby. Koebaai!



O government, o government! In die geval van finansies. Jy phone, hold on, put you through en jy hold on en hold on en hold on en daai simpel deuntjie speel en speel tot in sy swernoot toe, en toe lui ek maar af, want my selfoonkrediet loop leeg, en ek is dors geluister en gewag en het gaan koffie soek.



Waarom moet ons die supermarkte ondersteun terwyl hulle van SA transporters gebruik maak en die geld gaan land uit of beland in die grootman se beurse.



Geagte minister van onderwys, u het so duidelik oor die radio gepraat van die "games" wat in Mariental is, van die ministerie van onderwys, wat vir werkers is. Nou my vraag is, waar val die sekretaresses? Is hulle nie ook deel van die werkers nie? Ander streke se sekretaresses word in ag geneem en is deel van die sports, maar ons van Hardap word nie eens ingelig en is nie eens deel nie. Ons word baie uitgesluit. Maar dan is daar skole se skoonmakers . . . Nou wat van ons sekretaresses?



Goverment sanctioned export of 5 elephant babies from Eden Game Farm to Dubai? Shame on you! Elephants have very close family ties and the herd will be traumatised. If/when they get agressive as a result they will be shot! Mr. Swedish National how would u like it if your children were sold? Who will control that they will not be used for commercial purposes? Sick world!



Dis eintlik absurd dat die nasionale­ span net deur die stadsmanne verteenwoordig word. Skrik wakker. Hoeveel ervare spelers is aan die kus? En ja, dit was maar 'n vrot "score". Sterkte, Namibië.



Jy wat nou al vir die hoeveelste keer jou kar en huisvullis binne-in my erf en voor my huis in Blok D kom gooi, kry nou ent met jou siek speletjie voor dit vir jou in 'n nagmerrie ontaard. Jy is niks minder as iemand met geen respek vir jouself en ander.



Ek sê baie dankie aan die verpleegsters van "medical ward" Otjiwarongo staatshospitaal vir die puik diens en versorging van pasiënte met liefde, toewyding en die nodige sorg en ek sê dankie vir die week wat ek deel was van julle se liefde en versorging. - M H



Wit kolle op die vel sal gou hulp kry by velspesialis in Klein Windhoek veral as dit die begin stadium is of min is. Hy is een keer 'n maand hier van SA af. Bel en maak 'n afspraak. Sterkte.



Ek lees nou die stuk in vandag se koerant (10 Mei) met betrekking tot mnr. Krohne se klagte. Mooi antwoord van mnr. Robinson. Maar ek dink die koerant het in gebreke gebly. Kon julle nie vooraf uitgevind het oor die tyd en datum nie? Nou het niemand 'n antwoord nie: die klaer, die lesers en mnr. Robinson! Jammer ek dink dit is spasie gemors. - Gysbert (Lesers moet in die eerste instansie self besonderhede verskaf. - Redakteur)



Raad vir aanhoudende hoofpyn, asb?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!