SMSu2019e vir 12 November 2019
SMSu2019e vir 12 November 2019

SMS’e vir 12 November 2019

“Jy is my ster . . .”
Dani Booysen
Leiers, ek wil hoor. Die mense gaan stem, maar nie een party sê hulle sal verhogings gee nie. Hoekom nie? Laat weet die mense asb.

Dié wie nie gaan stem nie, u gee ‘n stem vir Swapo. Senior burgers moet net direk instap en hul GIPF-kaart wys.

Swapo het sedert onafhanklikheid nog niks vir die land bereik nie, net hulle eie sakke volgemaak. Dis onmoontlik dat hulle nog steeds die meerderheid in verkiesings kry?!?

Republican Party don’t be mislead!!!! When Itula got all the votes of all of you he will walk over to SWAPO with all the votes that he will get. It is almost the same that Philemon Malima did to FCN of the late Hans Diergaardt years back.

Viva Hage. Jy is my ster vir X’mas.

Neem foto’s van stemuitslae by elke stemlokaal om info by 3rde EVM by ECN-kontoor te kontroleer, mits buitelandse uitslae en die afgestorwe rekords bekendgemaak is voor 27 November.

Lankal gesê daar kan net politieke verandering in Namibië kom as Swapo van binne af verandering aanbring. Opposisiepartye, al staan hulle saam, kan nie verandering bring nie. As ons aangaan soos tans sal Swapo nog vir ‘n 100 jaar regeer en verkiesings sal later geen waarde meer hê nie. Mnr. Mudge is dus 100% korrek om terug te staan vir dr. Panduleni Itula.

IAwebahe Johannes IIHoeseb se skrywe van Vrydag (“Kuier buite die gemaksone van voëls van enerse vere”) moet mens bêre en ‘n paar keer herlees. Welgedaan jý! – Oom Peet

Ek wil graag my diepe waardering uitspreek teenoor dr. Beshir en sy hartspan by die harteenheid van die Rooms-Katolieke Hospitaal vir die wonderlike behandeling wat ek ontvang het ná ‘n hartaanval op 20 Oktober. Julle is die beste. Doen so voort. Die Here seën.

NBC vermors mos nou eintlik geld met wat nou op 1 en 2 gewys word? Sluit die hele NBC en gee vir Sjina en Rusland.

Presidensiële kandidate: is dit al inligting oor UDF se president? Dink u nie ons wil sy kwalifikasies weet, of hy getroud is, sy beroep, ensovoorts. Van elke presidensiële kandidaat. (Die doel met die insetsels is bloot om ‘n kitsbeeld te gee. – Redakteur)

Goed gesê Jo-Maré oor smulvrate.

Oom Des draai in sy graf om as hy die Engelse vakansiebylaag moet sien. Oom Des het ook gesê jy skryf nooit in “Ek sê maar net” oor jou kat of jou hond, jou kind of jou familie nie. Ai, waars die dae . . . ?

Ek wens daar maak ‘n apteek vir diere oop. As jy by ‘n veearts medisyne vir diere gaan vra, charge hulle elk geval consultation fee al is jy sonder jou dier daar.

Karasburg-distrik: Gabis het krag, Groendoring, Donaib 1 en 2 soek ook krag al is dit sonpanele. Begroot hiervoor.

Honde en mense se dinge is 2 aparte sake. Het in Swakop nog niemand in openbaar sien pie nie en as jy mooi gelees het, het niemand gesê die hond moet geleer word nie. Wat wel gesê is, is die eienaar moet die gemors optel.

Jy van Swakopmund wat kommentaar lewer oor hondebollie. Hou jou oë oop en bly van jou selfoon af dan sal jy nie in hondebollie trap nie. – Johan

Aan die bestuurders van Carlos Shuttle. Baie dankie vir die veiligheid waarmee julle ry, die grappies langs die pad en die sorg wat julle toon vir julle kliënte. Ek sal weer met julle ry. Baie dankie.

IOL, can Legal Shield please intervene so that tutors can get their payments for setting and marking papers 2018/2019!

Og, ek stem oor die Joos Platt-stories. Ons is moeg daarvoor. Geniet jou oumenspensioen en dit waarmee jy besig is.

Joos Platt, moet jou nie aan SMS’e steur nie. Die president van ons land word ook in media aangeval deur jaloerse en valse mense. Ignoreer hulle. Ons stel belang in geskiedenis. Dit is belangrik.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!