SMS'e vir 12 November 2020
SMS'e vir 12 November 2020

SMS'e vir 12 November 2020

". . . stem vir my?"
Mandy Rittmann
Laat die Namibiese weermag die rooilyn in stand hou, patrolleer en inspekteer! Hulle verdien miljoene vir niks doen. Al bedreiging wat Namibië het, is die virus. Laat die weermag ’n slag diens verrig.

Hierdie mense wat so vir Trump ophemel, vir Biden afkraak en ’n opinie het, is seker maar reg so. Sal daardie selfde mense insluitend die rubriekskrywer opstaan en vir Sam Nujoma en Swapo aanvat oor die Lubango-gate asseblief?

Die weermagbegroting moet op dieselfde manier deursigtig wees, soos met enige ander verantwoordelike demokrasie die geval is. Geheimhouding rondom sogenaamde strategiese uitgawes op vakansieplase ens. hoort by ’n piesangrepubliek.

Meneer, ek sien jy juig ook oor demokrasie in Amerika soos ons president. Is aborsie en selfdegeslagshuwelike ook jou standpunt as Christen?

Rehoboth-poskantoor. Hoekom moet jy wat vir ’n ander ding kom in die lyn van die pensioenarisse staan? Wat gaan tog aan? Kry dinge in orde asseblief.

’n Sekere politieke party se raadslid deel nou verskillende items op Keetmanshoop uit. Byvoorbeeld boumateriaal, elektriese toebehore soos deepfreezers ens., kruideniersware en noem maar op. Maar mense van ander partye is ook ontvangers. Vra net waar was al hierdie items gedurende afgelope 5 jaar. Is dit stem vir my?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!