SMS'e vir 12 November 2021
SMS'e vir 12 November 2021

SMS'e vir 12 November 2021

"...sielkundig geboelie..."
Mandy Rittmann
Die boere het hulle weer laat mislei met ’n salarisverhoging van 18% vir plaaswerkers. Sou ’n inflasiekoersaanpassing nie meer in lyn gewees het nie? Indirek gaan die boere maar net help om die lening van die regering by Social Security terug te betaal. ’n Waarskuwing aan boere wat so ruim uitdeel: Daar lê nog opgehoopte land tax om die draai en om die kersie op die koek te plaas ’n sak van 50 kg skaapafrondkorrels kos nou N$300, en dan het die petrol- en dieselpomp ook kennis gegee!

Onlangs was die samestelling van NDF en topposte van die instansie op social media wat dui op die bevoordeling van 1 groep landsinwoners bo andere, na 31 jaar van kamma-vryheid in alle uniform-instansies is dit die tendens. Alle regeringsinstansies moet mos die demografie van landsinwoners weerspieël maar helaas nie! Institutionalized racism in all its glory and no one dares to question this behaviour. Those who believe in one Namibia one Nation lives in a fool's paradise in this real world of Namibia - welcome to Utopia! Ons word sielkundig geboelie en uitgemergel.- KeiNamab

Ons wil net weet by die minister van Health and Social Services, is die hospitaalbus en ambulans van Keetmanshoop daar om pasiënte te laai of hikers, en wie sal verantwoordelikheid vat, want pasiënte word gelos en hikers word gelaai. Van ’n bekomerde inwoner van Keetmanshoop.

In Afrika gaan dit oor identiteitspolitiek. Wie jy is, die taal wat jy praat, jou voorkoms en herkoms. Namibie is geen uitsondering. Dis praktyk. Hier en daar sien jy ’n ander gesig, om dit nie so opsigtelik te laat lyk dat jy n valse nuwe Jerusalem skep met herders in wolfsklere. Ons land se hulpbronne, vis, uraan, diamante - ons sien wie is oorwegend in die beheer en met die jongste openbarings oor die son- en windkragprogram is dit net die executive tribe en side kicks; hul gun niemand iets nie. Identiteitsvoorkeure en herkoms is die in ding. - Captured-KeiNamab

Gochas, Gochas! Hene, die polisie beteken niks. As die stasiehoof net sy rug draai, dan is hier net ’n boetie boetie storie. Wonder waar sal die lekkerte eindig. Pasop manne, alles is op rekord.

Kommentaar

Republikein 2025-04-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer