SMS'e vir 12 Oktober 2016
Ek wil tog net sê, besef die studente van Suid-Afrika waarmee hul besig is? Hul is die leiers van môre. Watse voorbeeld stel hul? Hul breek af en verniel, het geen respek vir niks en niemand. Hul wil gratis goed hê, maar die geld moet nou weer gebruik word om te herbou. Kan hul nie hul verstand gebruik? En waarom kan die regering dit nie stopsit nie?
Ek is ''n ouer met ''n graad 12-kind. Asof ek nie genoeg bekommernis het om my kind te ondersteun en te help met die leerwerk nie, moet ek my nou nog oor onderwysers wat wil staak ook bekommer. My kind se eksamen word beïnvloed, heel moontlik ''n jaar van sy lewe, want skryf hy nie eksamen nie, kry hy nie ''n sertifikaat nie en kan hy nie volgende jaar met sy universiteitsjaar begin nie. Ek as ouer sal gaan toesig hou as dit moet en selfs help vraestelle merk. Dit is nie asof die onderwysers dit gratis doen nie. Hulle word ekstra betaal vir die merkwerk. Ons kry almal swaar. Waar ek werk, het ek ses jaar laas verhoging gehad. Dink asseblief twee keer voor julle staak. - Bekommerde ouer
Otjiwarongo het ook klomp erwe gediens, maar hulle lê net so al die hele jaar. Die area word al gevandaliseer. Wat help dit?
Graag wil ek dwelmtak Keetmans attent maak om saans Autoline Klipstraat te patrolleer. Dagga en drugs word verkoop dan word mense aangerand in hul eie plekke. Jy bel die polisie, maar hulle sê net ons is op pad. Moet iemand eers doodgemaak word? Dis tyd dat Autoline skoongemaak word. Dis vir oumense, maar jonges werk nie en bedryf hul job.
Skokkend. Namibiese vrouekrieketspan werk ektra hard deur die jaar vir ''n 8 Nasie-toernooi teen Botswana, Kenia, Zimbabwe, ens. Almal offer vakansies en naweke op en oefen hard. Maandag word die span net ingelig dat daar nie ’n toer sal wees nie. Die spanne is nie genooi nie. Dis skandalig en bestuur moet tot verantwoording geroep word.
Kan iemand sê wat die rede is dat vroue met ander mans slaap terwyl hul babas drie maande oud is?
Dankie, pastoor Kameeta. Almal moet mental hospitaal toe gaan vir ’n check up. Almal is siek. Namibië vergaan van misdaad.
Kan ’n onderwyser ’n verkragsaak hê en nog skool hou?
My mening. Die wat sê onderwysers soek net geld, hulle verdien dit, want hulle doen hulle werk. Dis omdat julle klaar skoolgegaan het dat jul nie sal traak nie en die onderwysers woorde gee. Wat ’n skande.
Ek was self nie ’n onderwyser nie, maar het onlangs behoorlik gesteier toe ek hoor teen watse belaglike salaris my ouer suster na meer werksjare in die onderwys as myne in die staatsdiens afgetree het. Onderwysers kort ’n verhoging. Parlementslede nie! Gee vir onderwysers die geld wat dit die staat sal kos as die staking voortgaan. Afgehandel!
Onderwysers, julle het soveel verlof in een jaar. Gebruik dit vir ''n ekstra werkie. Julle werk julle sowaar nie dood nie. Hoeveel ure werk julle per dag? Pensioen, medies, behuising . . .
Onderwysers is nie lui of ongedissiplineerd nie. Al wat ons vra is ’n verhoging en as ons dit nie kry nie en die onderhandelinge met die regering misluk, sal dit op ’n staking uitloop. Ons is ook ouers en ons kinders sal ook deur die staking geraak word. Tel julle woorde, want ons is nog steeds julle kinders se onderwysers.
My inset rakende ons onderwys se wegblyaksie. Lê die inflasiekoers op die tafel en die "strike" is afgeweer. Dis die beweging wat verwelkom sal word. Sterkte.
Die persoon wat sê onderwysers moet hulself dissiplineer, moet vir een dag in ''n klaskamer gaan sit en self ondervind wat onderwysers deurmaak. Dis nie ''n grap nie. Kinders is net engeltjies by die huis, maar by die skool gedra hulle hulself of hulle nie maniere by die huis geleer is nie. U het geen idee wat onderwysers deurmaak nie.
Ek is diep bekommerd oor Hoachanas se kinders se toekoms. Daar is soveel skool kinders wat in dronkenskap en bedwelmd leef. Elke maand word skoolkinders positief vir swangerskap bevind en die veediefstal is aan die orde van die dag. In plaas van om sulke probleme aandag te gee, is ons baie betrokke in die dinge wat niks met ons te doen het nie soos die settlement-kantoor. Kom ons vee eers onse huis voor ons die anders se goed sien. Leiers en inwoners, pas op dat julle nie later net met gebakte pere sit nie. Begin sommer by julle se huise, want selfs daar is die probleme.
Dit is skrikwekkend hoe maklik minderjarige kinders toegang verkry tot klubs en kuierplekke. Al het jy nie die voorgeskrewe kleredrag aan of is van die regte ouderdom nie, word jy toegelaat deur ’n ekstra N$100 aan die kelner of persoon by die ingang na die perseel betaal. Dwelms is vrylik bekombaar en dit lyk nie of daar iets gedoen word aan die verskaffers op straat nie. Kan ons as ouers nie begin saamstaan nie? Kom ons begin kuierplekke besoek om te kyk hoeveel minderjariges daar toegelaat word en of drank en dwelms beskikbaar is vir hulle. Selfde by winkels. Begin bietjie oplet hoeveel minderjariges koop sigarette oor die toonbank. As daar iemand is wat bereid is en die kennis het om so iets van die grond af te kry - ek sluit dadelik aan!
Ek wil tog net lof bring aan die personeel van Sentraal hospitaal 1 Oos. Dit was rêrig ’n plesier om daar te kon lê en behandel te word. Daar was geen verskil tussen die dag- en nagpersoneel, almal is dieselfde met liefde. Ek wil net baie dankie sê. Hou altyd daai lig aan die brand en jul loon sal julle ontvang. Ek glo julle is in die regte beroep.
Wat het van die Rössing surplus geword? Moet ons almal eers doodgaan?
Waaroor die bohaai oor onderwysers se voorgenome staking, maar geen kommentaar oor die hoër verhogings vir die reeds hoogbetaalde edelagbares nie? Dan word uitslae van die kinders ook nog aan die staking gekoppel? Kom ons wees tog eerlik met mekaar: hoekom kom ons regerende party met spreekwoordelike moord in ons land weg? Hoe meer ongeletterdheid, hoe beter vir hulle. Kinders wat slaag, beteken beter geletterdheid. Ons hele onderwysstelsel is van so ’n aard dat ons kinders móét druip of uitval. Sodoende leef ons mense in onkunde en hulle gebruik dan hul emosies i.p.v. hul intellek om ons bestaande regerende party aan bewind te hou. Dis nou indien hulle wel gaan stem. In watter land in die wêreld waar die mense geletterd is, kom die politieke ouens weg met so baie openlike korrupsie? Net in Afrika, want ons geletterde inwoners is maar min. Regerings wat suksesvol wil wees se prioriteite is onderwys, die regstelsel saam met polisiëring én medies. Sou ons regering ernstig wees en regeer vir ’n beter lewensstandaard vir sy mense, sal in dié sektore belê word en die ministers sal nie ’n Comrade wees nie, maar mense wat ’n werklike verskil kan maak.
Ek wil net die persoon reg help wat sê onderwysers soek net geld. Miskien is jou kinders al uit die skool. Ons kinders soek geleerdheid en ek sê jou ek voel vir ‘n onderwyser wat met 40 kinders in ‘n klas moet sit. Van hul weet nie eers van graad 1 af hoe om met jou as hul ouers te praat nie, nou moet die onnie nog met kinders sit en sukkel. Kinders mag nie geslaan word nie, dis waarom Namibië se street kids so loop en bedel. As onnies staak, sit ons met ‘n groot probleem. Hulle wat elke dag met ons kinders moet sukkel het hul eie probleme. Hoeveel sopkombuise word nie oopgemaak waar kinders gratis kan eet as hulle nie wil skoolgaan nie? Nee, ouers. Raak positief. Onderwysers, ek haal my hoed vir jul af. Julle verdien ’n regverdige persentasie. Julle lei ons dokters, presidente en baie ander op, anders raak ons kinders street kids en krimenele. Sê maar net met geen kwade gevoelens.
Ek wil graag weet hoe kry mense hul lisensies? Niemand weet hoe werk ‘n 4-rigtingstop of ‘n toegeeteken nie. Arms hang buite voertuie? As jy uitpasseer, mag niks van jou buite die voertuig wees nie, anders druip jy. Maar daarna mag jy maak soos jy wil? Dis chaos op die paaie. Lyk of die mense ‘n kompetisie het om mekaar dood te maak. Waar is die spietkops van Whk as die taxi’s mens so van die pad afry by Meatco?
Rehoboth Town Council en Nam regering, verwyder die onnodige randstene op die B1 wes van Dr. Lemmer koshuis. Die pad is te nou. Bring glybane aan op paaie wat in/uit woongebiede na die B1 lei, ook by Kaap Agri, B1- en Echo Service Stations. Bring helder straatligte vanaf die 1ste bruggie noord van Kaap Agri en spoedverminderingstekens en ligte spoedwalle daar aan. Dit werk in Kalkrand. Enigiemand wat hier lees en iets hieromtrent kan vermag? Doen iets en red lewens.
Ek het simpatie met die leser wat kla oor hoenders. Die honde in Egumbostraat in Olympus Village se lawaai dryf mens teen mure uit. Het die eienaars dalk wasproppe in hul ore? En die groot meneer wat so jaag in die straat met daai bike . . .
Ek verstaan nie stakings nie. As jy nie hou van jou werk, salaris, ens., hoekom kry jy nie vir jou ''n ander werk nie? Niemand het jou in die huidige pos ingedwing nie. Jy het mos self daarvoor aansoek gedoen. Dis ''n bitter pil om te sluk vir enigeen as jy sien hoeveel voordele jou baas kry en jy sit en krepeer onderaan die voedselketting, maar dit is van die begin van alle tye by alle instansies so.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie