SMS'e vir 12 Oktober 2017
SMS'e vir 12 Oktober 2017

SMS'e vir 12 Oktober 2017

". . .as 'n grap beskou. . ."
Dani Booysen
Ongelooflik. Ek het nie meer woorde: NYC huur ’n Airbus van Air Namibia vir minstens N$5 miljoen vir reis van 200 jeugdiges na Sochi in Rusland vir Studente Wêreldfees? En SOE’s, in ander woorde die belastingbetaler, moet betaal? En dit terwyl mense nie ’n dak oor hul koppe, kos, skoon water, toilette, klaskamers ens. het nie? Meneer President, jou regering is siek en vrot. Arme, arme Namibië, wat word van jou?

Ernst Hashagen, in verband met jou skrywe van 10 Oktober 2017 rakende die skooldogters se swangerskappe wat ernstig is en nou deur ’n minister as ’n grap beskou word. Alles word mos vandag as ’n grap beskou. Dis klaar gespreek en die skade is gedoen, dit is te laat om die seer te heel. U as onderwyser weet waarvan ek praat, want dis net ’n gebore onderwyser wat tussen reg en verkeerd kan onderskeì. Of jy nou ’n onderwyser of hooggeplaasde is, tel jou woorde en uitsprake voordat jy oordeel of skuldig bevind. Gesels verder en wil graag hoor wat jy hiervan te sê het.

Buurtwagte kry uiteindelik erkenning by polisie. Geluk, maar moet asseblief nie vergeet nie: Buurtwagte resorteer onder en rapporteer alleenlik aan Nampol. Buurtwagte is by verre nie polisie nie en nog minder "cowboys". Buurtwagte het nie sirenes of blou ligte op hulle private voertuie nie en laastens, buurtwagte se hoofdoel is om buurte te patrolleer, te monitor en verdagte persone of gebeure onmiddellik aan die polisie te raporteer, punt. - JP

Wat baat dit om te lees van miljoene en miljarde se bedrog? Waar is die swak skakel? Bedrogsaak sloer vir 2-3 jaar en as een van betrokkenes ooit skuldig bevind word, word hy of sy van pos onthef met volle voordele, geen tronkstraf of batebeslaglegging. As dit demokrasie is, is dit tyd vir ’n nuwe model.

Met verwysing na dringende openbare aankondiging in Republikein, Woensdag 11 Oktober 2017. Waarom moet ons weer betaal vir watermeters? Die huidige meters kan mos net vervang word, wat ons alreeds betaal het toe ons aansoek gedoen het vir wateraansluiting op ons erwe. Julle neem mos in elk geval die gewone meters terug? Ons vertrou ook dat ons waterrekeninglesings nagesien sal word. Dit is ’n groot kopseer en die wortel van ons huidige waterprobleem.

Daar was huise gebou deur die apartheidsbedeling. Moet nie die verlede blameer vir ander se dade. - Baster Toppie

As Yvonne Boois klaar is met Katrina, laat Yvonne ook verklaar hoeveel hektare lusernlanderye Yvonne gratis op Hardap gekry het en sy moet ook ander voordele verklaar, sodat Paulus Noa ook na haar goete kyk. Dan eers sal dit eerlikheid wees.

Mnr. Schlettwein, dit gaan my verstand te bowe hoe u vir Moody’s ’n "tongue lashing" wil gee terwyl onlangs 2,5 miljard se onbetaalde rekeninge onbloot is. My liewe aarde, stel mense aan wat boekhou verstaan en hou u vinger op die pols, dan sal sulke dinge nie gebeur nie.

“Mk” - u wat die demokraat aanval oor sy mening, hy mag verkeerd wees, maar ai, my mens! Sulke foute mag nie gebeur nie. Dit laat ons land nie goed lyk nie. Wees eerlik en erken dit. Die voorbeeld van "stop" as "spot" is belaglik.

Karin, jy het ’n pel in jou pa. Mooi. Maar met die ouderdom kom pyne. As jy die oggend opstaan sonder pyn, moet jy besef jy is gisteraand al oorlede. - Louis

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!