SMS'e vir 13 April 2021
SMS'e vir 13 April 2021

SMS'e vir 13 April 2021

"Die ironie is . . ."
Mandy Rittmann
Grootfontein het twee wêreldklasatlete wat reeds gekwalifiseer het vir die komende Olimpiese Spele. Vandag (Sondag) het een van hulle die junior wêreldrekord in 400 m opgestel in Lusaka, Zambië. Steeds weier Grootfontein se staatskole dat hulle en hul afrigter die skole se bane gebruik om te oefen. Hulle is genoodsaak om die dorp se rugbyveld te gebruik om te oefen! Is dit nie ’n verskriklike skande nie? Kan daar nie opgetree word deur die Ministry of Education/Sport nie? Baie geluk aan Christine en Beatrice asook hul afrigter, Henk Botha.

Baie dankie aan mnr. Ausiku, me. Visagie en ander helpers vir die inisiatief en werk rondom die skoonmaak en opruim van die Alte Feste. Dit is reg dat landsburgers ook hulle deel moet bydra om Namibië mooi en skoon te hou. Die ironie is egter dat die owerheid deur belastings die fondse inkry en dus oor die middele beskik om skoonmaakwerk ens. te doen, maar hulle plig skandelik versuim. Nou moet Jan Alleman (weereens uit sy eie skraal fondse) weer inspring en doen wat die owerheid eintlik moet doen.

Not approved for graduation due to an outstanding grade 12 certificate? How in heaven's name do you even get to study at a university without proving and showing a grade 12 certificate? I would never ever want someone like that teaching and counselling anywhere near my family.

Al manier wat Rehoboth se krag en korrupsie sal opgelos word, is as mense direk by NamPower krag koop, want hoe is dit moontlik dat die meeste huishoudings koopkrag het en die kragskuld is so hoog. Dis onmoontlik!

Die strate van Karasburg is baie sleg. Geen voertuig kan daar ry nie. In die straat van Ernst Jager kan nie twee voertuie langs mekaar ry nie, so sleg, vol gate en slote is die straat na die reën! Waar is die dorpsbestuur van Karasburg en waar is die tegniese beampte? Doen julle werk.

Karasburg Town Council, die oumense se water word toegemaak en dis die oumense wat betaal. Daar is oumense wat jare gelede afgesterf het, maar die waterrekening word nie afgeskryf nie, dit gaan net voort. Daar is mense wat nie water betaal nie wat in die kantore sit, wat hoë inkomste verdien, maar nie laat betaal word nie. Waar is die nuwe dorpsraad van Karasburg? Ons soek mense wat werk en nie vir selfverryking vir die 5 jaar op die stoele sit nie!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!