SMSu2019e vir 13 Augustus 2018
SMSu2019e vir 13 Augustus 2018

SMS’e vir 13 Augustus 2018

“. . .wag tot hulle dood. . .”
Dani Booysen
“Sloerdery met lys is verdag” (9/8). Ja, werklik. Ek dink die hoof van dié ministerie ly aan hooghartigheid. Asb., laat die lys van begunstigdes voor Oktobermaand aan die Ombubsman oorhandig word. - Manie Ross

Air Namibia, dit is ‘n skande!!! Moet N$5 866 betaal vir vlug na Johannesburg. Kan met TAAG vlieg via Luanda na Sao Paolo vir N$5 300 retoer. Wie steel ons geld???

Waarom kan die regering nie die oues wat nog werk op 70 tot 80 jaar hervestig of vir hulle plotte met ‘n paar bokke of skape gee nie aangesien hulle wag tot hulle dood. Of is dit teen die Swapo-konstitusie of politiek? – Voice of Aub

Die staatshospitale is in haglike toestande. Gaan kyk asb. ook na die polisiekantoor op Tsumeb en die regeringshuise in Otavi. Geen onderhoud gedoen sedert onafhanklikheid? Bestaan die departement van werke ooit nog? Wat doen die superintendente, stasiebevelvoerders, ens. daarteen? Bewys net weer hulle sit net daar vir die salaris.

Amase, die stemme van Bernadus Swartbooi & Job Amupanda moet nie geminag word nie, want dis die stem van arm grondlose stemvee. Kom ons stem reg in die volgende verkiesing. – MR

Ek kan nooit saamstem met betogings nie, maar as dit gaan oor salarisverhogings en ek sien grootbase van maatskappye verdien tot 200 miljoen ‘n jaar, dan wonder ek waarom kan hulle nie werkers baie meer betaal nie. Dis absoluut uitspattig om iemand, al is hy hoe goed, meer as sê 6 miljoen per jaar te betaal. Die aandeelhouers behoort dit teen te staan.

Women gets 17 years for killing boyfriend but Chiradza gets 14 months per person (3 he killed in road accident)? Landdros Konjere, hoe is dit moontlik? Ander mense sit 20 jaar en meer? Moet die staat nie hier ingryp nie? Chiradza kry 1 jaar en 2 maande per mens. Is dit al wat ons werd is? Is minimum vir manslag nie 15 jaar nie? Absoluut skokkend.

Can Roads Authority explain the rational of awarding multiple numbers of tenders to one firm while ignoring the majority of SMEs. Can ACC investigate these dubious tender awards at Roads Authority. How can one company be awarded up to five tenders under the current economic climate?

Kan me. Alina Garises van Dundee vir ons sê hoekom brand die mynrook ons oë, lippe en longe so erg? Dit kan nie gesond wees nie?

Probe into taxi permits (some owners/officials have multiple permits, Confidente)! 80 percent of the taxi business operates on rented licences for a very long time already from 500 to 1 000 per month or buy for 7 000. Licences are supposed to be issued to vehicle ownership not any vehicle. And ministry of transport allows this??? It is against the law!! No wonder it’s chaos out there!! Why is it not mandatory for them to have insurance like tour operators are forced to and roadworthies? The are also public transport? Investigate and procecute!!

Mnr. Ham, baie dankie wat u en u kollegas vir ons in Seniorpark doen. U het krane wat maande stukkend was laat regmaak. Ek waardeer u as my opsigter. Met dank.

Wat maak ‘n mens as jy al vanaf April 2018 sukkel om dit by ‘n firma se rekeningafdeling tuis te bring hulle rekeninge is foutief, maar dit lyk my die reaksie is dit traak ons nie. Ek sit met al die bewyse van betalings, maar dit lyk my met die oorname van dié firma is dit chaos. Ek sal maar nog 1 keer probeer om dit verstaanbaar te maak anders. . .

As almal nou vir Shoprite gaan boikot soos die regering wil hê en hulle moet dalk hulle deure sluit in Namibië hoeveel mense sal dan hulle werk verloor wat dan geen salaris gaan kry nie? Hou op dreig. Gaan sit om ‘n tafel en doen eerder iets positiefs wat tot almal se voordeel sal wees. Onwettige stakings kos geld en daar is te veel daarvan in Namibië. Shoprite is nie die enigste vark in die storie nie, al stem ek nie heeltemal saam met wat hulle gedoen het nie.

Kan enige vrou nou enige tyd lieg en ‘n “domestic violence” saak gaan oopmaak oor jaloersgeit?

Liewe medemense, wees asb versigtig wie julle bel & inligting gee wanneer jul ‘n doodsberig in die koerante plaas. Ons het deurgeloop. Hulle wil geld ewallet & vra SMS-krediet. Een van ons familielede het geld hierdeur verloor.

Gas It Windhoek - jul diens is ongelooflik. Besighede kan gerus gaan kers opsteek by julle om te sien wat behels kliëntediens. Jul is die beste.

Ek soek Alta Dormehl. As iemand haar ken, laat kry my asb. haar selno. Ons het saam gewerk. Dankie, Susan, 081 320 5492

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!