SMS'e vir 13 Augustus 2019
SMS'e vir 13 Augustus 2019

SMS'e vir 13 Augustus 2019

". . . genoeg rederye . . ."
Mandy Rittmann
Doen weg met Air Namibia, was nog nooit winsgewend. Daar is genoeg rederye waarmee ons kan vlieg.

Asseblief, stem vir ’n nuwe regering in Namibië, want die huidige Swapo government het ons land in ’n gemors gedompel. Hulle is maar net nie bevoeg om ’n land te regeer nie, maar wanneer dit by corruption kom, is hulle experts. Fire die hele lot van bo tot onder. Sies, wat ’n skande!

Kalkrand, Godsmanne in politiek. Wie pas nou die skape op. Ou wolf.

Geluk aan Tsumeb Gimnasium se rugby- en netbalspanne wat die silwer medaljes vanjaar kon wen, so ook aan hul afrigters Wouter Niehaus en Estelle Lambert for a job wel done.

Ekskuuuuus, Bokomo en Namib Mills. Verbruikers kyk na kleur en nie die vervaardiger se naam op meel nie? Ek en menige ander verbruikers kyk wel van wie die produk is. Dit irriteer ons grensloos dat ons deesdae verplig is om net julle produkte te koop, pleks van Snowflake wat ons absolute voorkeur is.B1 in Rehoboth, julle is tops, tops, tops! Vriendelik, vinnig en altyd gewillig om te help! Ek kry die beste diens by julle, hou so aan! Dit is ’n plesier om by julle diensstasie te stop. Van ’n tevrede kliënt van julle.Ek wil dankie sê aan mnr. en mev. Drotzky van Elohim gastehuis in Rehoboth. Julle diens is uitstekend! Julle het baie goeie kliënte diens. Van die Schaller familie.Dame met die van Handura by Truworths het ons baie mooi gehelp toe ons daar was vir matriekafskeidskoene. Daardie was nou customer service. Hou so aan.Wel dis nou fantasties! Jy kan drank koop op Saterdae en Sondae by ‘n winkel in Klein Windhoek. Hoe lekker help hul die alkoholprobleem aan. Geen wonder die bergies pak so saam oorkant in die bosse nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!