SMS'e vir 13 Desember 2018
SMS'e vir 13 Desember 2018

SMS'e vir 13 Desember 2018

". . . steeds agter die bos."
Mandy Rittmann
Minister van Finansies, weet jy dat apteke voorraad moet koop om aan PSEMAS-lede te voorsien? Ons onderhou letterlik die staat. Dis ’n skreiende skande. Pateties!

Verhuurders moet belasting betaal, wat van taxi's, "cash loans" en sjebeens? As hulle ook belas word, mag dit werk?

Na agt en twintig jaar sit Namibiërs nog steeds agter die bos. Lekker sit in die parlement!

Siesa Sisa! Wys jou net hoe korrup is ons land se sogenaamde leiers. Baanjies vir boeties. Hage, bedank tog, jy beteken niks!

Report high rent fees by landlords within the current economy to the Rent Board to take it up with the landlords and make a case against them. Renters of houses and flats, please report your landlords to Ministry of Finance to see if they are declaring their income from the rent they are receiving.

Ek hoop regtig iemand ontferm hulle oor die arme honde wat so buite die erf in Dorado spartel vir ’n bietjie koelte. En wat van kos en water? Kan die DBV nie maar ingryp nie asseblief.

Hoekom word Keib se honde brakke genoem?

Die enigste een wat Namib Mills en NPI nie moet kop toe vat nie, is jy wat suur druiwe het.

NPI is die beste.

Namib Mills en NPI moet regeringsbeskerming geniet om ons land se ekonomie te dryf. - Santie en Charleen

Amerikaanse sentrums help met Hepatitus E. Hou op om Namibië te “spoonfeed”. Hoe meer Trump gee, hoe meer steel die regering.

Meneer, jy wat sê daar is nie ’n "hel" nie, pas op meneer, jy speel met vuur. Gaan lees Openbaring 20 en lees Lukas 16 oor die ryk man en Lasarus. Dit gaan jou net 5 minute neem na jou dood, dan gaan jy jou bevind in ’n plek wat se naam die doderyk is, ’n voorsmaak van die hel. Jy moet nog hel toe oorgeplaas word, dan sal dit te laat wees vir jou en jou Stinkwater-broers as die Here nie jou siel red nie. Baie jammer om te sien daar is nog mense soos jy in ons land.

’n Gemene dief het my deurklokkie kom steel. Dit is silwer, hartvormig met verskeie klein klokkies. Dit het groot sentimentele waarde. Ek woon naby die NG Kerk, Rehoboth. Skakel 081 430 9392 as u dit aan my kan terugbesorg asseblief!

NG gemeente, Swakopmund. Waar was julle Sondagaand vir die amfiteater se erediens? Sowat 10 van julle was daar, miskien nog minder. Sies, ek skaam my! Maar die woord sê mos: “Wyd is die pad wat na die verderf lei en baie sal daarop gaan, maar nou en moeilik is die pad wat na die ewigheid ly en daar is min wat dit sal vind.”

Ek is op soek na suster Susan Kruger Smith. Dogter van oom Ben en tannie Suzy van Usakos. Bel jou neef Jan Louw by 081 122 6389 of Alwyn by 081 310 1373. Hulle is tannie Emmie Louw se seuns. Sal waardeer word.

Ek het dokumente van Selvia Xoagus opgetel by Rehoboth Mall. Skakel my by 081 446 3163.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!