SMS'e vir 13 Februarie 2017
SMS'e vir 13 Februarie 2017

SMS'e vir 13 Februarie 2017

“NamPower kry toe koue voete . . .”
Gerine Hoff
Wat 'n totale SIRKUS was SA se staatsrede nie! 'n Totale SKANDE vir toekomstige leiers en die jeug! Dankie, ek bly in Namibië.



NamPower kry toe koue voete en skakel wanbetalende dorpe en nedersettings nie af nie soos onlangs wyd en syd aangekondig is. Hulle verloor dus geweldig geloofwaardigheid. Haulofu se uitspattige salaris is in gevaar. Waar kom die geld hiervoor nou vandaan? Uit die sakke van diegene wat wel betaal natuurlik! Welgedaan, raad van direkteure. Julle is 'n spul lafaards. – DeDema



So baie klagtes oor ontvanger van inkomste, maar daar word skynbaar niks aan gedoen nie. Die minister is seker te besig om die klomp te help wat agterstallig is. Ontvanger, hou asseblief op met daardie sinnelose SMS'e!



President Geingob, hoekom doen jy nie liewer besigheid met Namibiërs in plaas van Chinese as jy dan so sterk voel oor die Grondwet nie?



Me. Shaningwa, jy sê jy's “fed up” met Rehoboth. Weet jy, ek het respek gehad vir jou, nou weet ek jy's onwaardig en onbekwaam om die pos te beklee. Ek hoop jy raak “fed up” met jou pos en “pay”. Belastingbetaler word gemors. Jammer Swapo ly daaronder.



Wat het geword van 2015 se inkomste-­opgawes by die ministerie? Almal kry SMS'e. Is die dokumente vernietig of wat?



Dis darem pateties dat Vredehof “flats” geen water vir drie dae het nie! En om te dink hier is skoolkinders, siek mense en babas. Skaam julle, City of Windhoek. Ons soek 'n oplossing!



“Chris van Wyk” het my vanoggend gevang! Amper N$5 000 uit my rekening. Hy doen hom ook voor as agent van FNB. Asseblief, wees bedag op hierdie skelm. Ek is al aan die ouer kant en dis sy nuwe teikens. Ek kyk uit vir hom en sy trawante.



Again the Chinese! Now suspiciously logging dozens of hundreds­ year old protected African rosewood trees – a high value commodity sought after in Asian markets. The Chinese company owner, Hou Xuecheng, has already been arrested multiple times for stock theft and wildlife products. What is he still doing in this country? Mr President /somebody, please stop this Chinese carnage/depletion of resources in our country.



Sou jy dan graag wou hê hulle moes jou 'n ander storie vertel anders dat die vliegtuig stukkend is? Ag nee wat, daar word oor al wat 'n ding is gekla in dié land. Onthou net dat enigiets breek op die ou einde. Kla tog oor regte goed.



Ovaherero, Namas, San en Basters: Het julle enige bewysstukke dat die grond aan julle voorvaders behoort? Ons moet die land se wette gehoorsaam. Ons kan nie iemand anders se grond sonder bewyse wil eis nie.



Ontvanger van inkomste se diens is pateties. Daar is net nooit iemand wat iets weet of kan help nie en so word ons rondgestuur. Hulle is gou om te vat en so moet ons nou voorlopige belasting betaal op “VAT” wat hulle vir 'n jaar nog nooit aan ons terugbetaal het nie.



As 'n inwoner van soveel jare in Mariental wil ek net sê: Die munisipaliteit in ons dorp sny onse water oor uitstaande geld op die rekening, en dan moet jy N$216 gaan betaal dat die water oopgemaak word. Gewoonlik blok hulle net die krag, dan gaan betaal jy net N$30. Wat is dié nou en van wanneer af is dit so? En bo dit alles is die krag “units” ook baie min. Die “units” wat jy kry is die helfte van die geld wat ons betaal. Sommige van ons mense in die gemeenskap is nie sterk genoeg om deur soveel dinge te gaan nie.



Ons wil weet hoekom gaan die mossels dood. Maak seker seewater met laboratorium vir toetse.



Waarom kan daar nie net een tenderraad wees soos in die ou dae nie, waar al die departemente se tenders beoordeel, toegeken of verwerp is? Dit sal alle bedrog uitsluit.



Ons geestelik versteurdes word verstoot deur familie. Die staat voorsien net medikasie. So baie is verwaarloos. Ons wil graag 'n inrigting begin in die Erongostreek waar hulle ver­sorg word en leer om hulle besig te hou. Ons doen 'n beroep op regering en publiek om ons te ondersteun.



Voorsitters en skoolhoofde is gewoonlik diegene wat met die tjekboeke van die skole sit en baie dink dan dit gee hulle die mag om te maak net soos hulle wil. Skryf sommer links en regs tjeks uit vir die vriend en daai vriend (onder die voorwendsel dat hulle verskaffers is van broodnodige dienste vir die skool) sonder konsultasie met ander skoolraadslede. Wanneer hoofkantoor uitgawes begin bevraagteken, dan word alle raadslede verantwoordelik gehou. Ja, dis wat die onderwyswet sê. Oudste truuk in die boek sonder enige gevolge.



Mnr. Van Wyk by “Labour Office” Keetmanshoop, u is 'n voorbeeld vir baie ander. Dankie vir jou behulp­saamheid! – Keetmanshoop-inwoners



Ek bly in Otjiwarongo, maar my SMS gaan amper vir alle Namibiese sjefs. Watter restaurante of “steakhouses” se kokke weet hoe om 'n “blue”, “rare” of “medium rare steak” te maak? Dit kom óf “well done” óf rou. Nie “rare” nie, maar “raw”. Of stel restaurante maar ook rou kokke aan vir die winsmarge?



Dep. PM: Nothing to lose if Namibia leaves ICC? We have everything to lose because our leaders will not be held accountable for wrongdoings. Why so afraid if they are not doing anything wrong? ICC is not biased,­ it is people from African countries who are seeking help from the ICC.



Hetta Claasen, ons waardeer jou. Dankie vir die twee klaskamers wat grootliks uit jou en jou familie se sakke gebou is. Dankie ook vir haar kollegas wat sy aan sy met haar gestaan het. En welkom aan die nuwe skoolhoof van AA Denk.



Aan al die maatskappye wat poste adverteer waar jy op 'n internet “link” moet aansoek doen: Op die “website” kom jy nie eers verby die telefoonnommer nie, want +264 pas nie in die +27 aanduiding nie. Ek verstaan dis dalk 'n rekenaargeletterdheidtoets, maar ek glo dis 'n manier om 'n uitlander of 'n “affirmative action” aan te stel.



Stem volkome saam dat die pensioenaris reeds weens onafwendbare/onwillekeurige ouderdom premiegewys belas word en ons wil graag versoek dat 'n persentasie geen-eisbonus jaarliks tydens premieberekening bygewerk word ten einde die verhoging te versag? Ons sal betaal vir diens gelewer, maar wil nie sommige jonges se willekeurige eskapades subsidieer nie. Fondse se motto behoort te wees om te leef en te laat leef. – Sente-omdraai Ouma



“Ministry of Home Affairs” het van die mense op Velloorsdrif vergeet wat op die “border” bly. Die mense bly in huise wat lyk hulle gaan uitmekaar val en dan is dit dat sommige mense besluit oor ander mense hoe hulle moet werk. Besoek asseblief die plek voor dinge lelik raak. – Sarah



Enigiemand wat iets oor Joos Platt wil weet, kan sy nommer in die SMS-kolom los en ek sal hom kontak. Ek kan jou sy geskiedenis gee sedert 1977 toe hy by die SAP aangesluit het. Ek ken Joos Platt, die polisieman. Joos Platt, die staatsaanklaer. Joos Platt, die laksman. Joos Platt, die mens. Sê maar net. – Ekskollega, eks-ondergeskikte



Alle munisipaliteite moet almal wat nie betaal nie se krag afsny, ook die staatsdepartemente. Dis onregverdig dat 'n dorp se krag afgesny word oor die wat nie betaal nie.



Rössing Surplus – kom ons "toyi-toyi". Lyk my dis die enigste “way”.



Alle slaghuise en winkels wat vleis verkoop, kan julle asseblief jul produkte soos wors duidelik merk of daar MSG in is of MSG-vry is. Terloops, moet dit nie Boerewors noem as daar MSG in is nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!