SMS'e vir 13 Februarie 2020
SMS'e vir 13 Februarie 2020

SMS'e vir 13 Februarie 2020

". . . nie orders vir skoolboeke . . ."
Mandy Rittmann
Ons liewe regering! Hoe laat julle toe dat tot vandag toe vier skole, HTS, Academia, Jan Möhr en WHS, se krag afgesny is as gevolg van nie-betaling van die rekening by City of Windhoek? Maar julle ry elke dag in julle motorarkades om mense of een mens te vervoer. Benodig jul vyf tot ses karre? Waar lê julle prioriteite?

En so het drie van die grootste skole in die land nie krag nie. Skandelik! En tot op hede is daar ook nog glad nie orders vir skoolboeke vir die jaar deur die regering by publishers geplaas nie, maar so ry die regering en die president met die blinkste karre rond. Wys jou nou net.

Nadat ek die berig oor die Boere-droogtehulpfonds gelees het, het ek gedink dat daar mense is wat maandeliks sonder die NS1 300 staatspensioen sal kan regkom. As net 100 persone dit elke maand doen, werk uit wat ons kan vermag.

Om ’n jong hond se ore af te sny as "tradisie" is die grootste snert wat ek nog gehoor het. Sal ons dalk eendag nog hoor dat die mishandeling van kinders en die afspoel van babas in ’n toilet ook tradisie is? Waarheen volgende?

Baie geluk en dankie aan die pragtige optrede en gedrag van Tsumeb Gimnasium se skoolkinders.

Ek wonder of ons nie maar die geld vir die Valentynsblomme en geskenke vir die droogtehulp se behoewendes gee nie. Vir my is dit net ’n geldmaakbesigheid. Is daar dalk ’n rekeningnommer waar ons ’n geldtie kan inbetaal?

Ek wens jou alle sterkte toe en jou familie ook. Jesus is onskuldig aan die Kruis gehang en het gesterwe, maar hy het die wêreld oorwin. Hou goeie moed, buurman.

Okahandja, hoekom pop daar om elke draai ’n privaatskool en ’n pre-primary skool op? Weet die Ministry of Education of al die skole geregistreer is? Ons dorp is te klein vir al die skole. Ek was nou die dag met my kind by een van die skole en hul kon my nie ’n registrasie wys nie. Net ’n vraag, dus.

CoW, ek kan nie verstaan nie. Kry geen rekeninge per e-pos, rekeninge word dan ook nie gepos nie? As ons navraag doen, dan moet ons NS30 betaal. Wat gaan aan? Sit daar mense wat nie hulle werk doen nie?

“Parasites” vereer met vier Grammy’s. Wat van ons Fishrot-pes? En nou ook Kongokoors? Die draers is deurgaans bosluise, wat tot die laaste druppeltjies bloed sal uitsuig. Nou net gelees: Bosluise dra die virus vir lang tye. Bosluise dra viruseiers oor aan die volgende geslag. Tweepostige bosluise kom ook voor – van Ysland tot in die Namibiese parlement. - Pietrossi

Wat het die hond met jou tradisie te doen? Die hond kan hom nie self verdedig nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!