SMS'e vir 13 Januarie 2022
"...net op papier..."
Jurie Viljoen, waarom laat jy jou pensioen nie by jou bank inbetaal nie, dan hoef jy nie in ellelange rye te wag nie!
Skryfbehoeftebegroting: Volgens Republikein vanb 6 Januarie 2022 is daar miljoen begroot vir skryfbehoeftes. Was daar verlede jaar Nov/Des al gevra watter skryfbehoeftes die skole benodig (sodat die skole die 10de Jauarie skryfbehoeftes gehad het), of waar is die probleme? Swak bestuur, geld wat net op papier is. Is die begroting vir nou of April? Alle ouers kan regtig nie hierdie hardebandboeke bekostig nie. Die skole stuur die lyste uit. Daar is selfs kinders wat nie ’n potlood het nie. Ons moet onthou ons almal is nie bevoorreg om ’n werk te hê nie. - Sanet tree op asseblief.
Die leser wat te velde trek teen rotasies in die skole, dit is tans die beste opsie. Anders sit ons kinders in klasse van 40 plus. Wat kan jy enige kind in sulke omstandighede leer?
Waarom neem dit weke by Nampost Mariental om te hoor hoeveel jy customs skuld sodat jy jou pakkie kan kry? Lê die fout by Nampost Mariental of Customs Namibia?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie