SMS'e vir 13 Julie 2016
SMS'e vir 13 Julie 2016

SMS'e vir 13 Julie 2016

Gerine Hoff
Lykshuisbestuur: Die probleem? Dis die families van die oorledenes wat die probleem is. Die personeel van die lykshuis is baie bekwaam en vaar uit­stekend met die beperkte hulpbronne wat hulle het. Stel eerder ondersoek oor die begrotings wat gesny word en waar geld aangewend word as om outomaties te dink die situasie is a.g.v. onbevoegde personeel. Almal soek geld van die staat en strategiese staats­ondernemings ly onder be­grotings wat gesny word.

San-skietery: Ja-nee. NDF se lede is hoofsaaklik opgemaak van een bevolkingsgroep. Hulle is aangestel en op plekke ingespan waar hulle nie die plaas­like mense se taal praat of hulle tradisies verstaan nie. Geen wonder dat hulle optree asof hulle die vyande is. Moenie die skietmanne blameer nie, hulle doen net wat die regering sê. ’n Regering wat Namibiese mense van ander agtergronde nie vertrou nie. Die nuwe koloniste.

Die polisie soek N$5 miljoen om lyke te veras. My voorstel is hulle moet grond kry en die lyke in ’n massa begrawe. Die bandiete kan die grafte grawe en weer toegooi. Dan sal dit vir hulle baie goedkoop wees. Ons kan nie soveel geld spandeer terwyl mense honger ly nie.

Ministry of Finance: Is daar fout met die ASYCUDA program? Dit is alreeds die 12de en nog geen inligting van die vorige maand is beskikbaar nie. En die invoerbelasting moet teen die 20ste betaal word. Al wat die sisteem sê is: Error [ER20] No results found. Wat staan ons te doen?

Ek wil net vir Daantjie Louw en sy helpers wat van 9.00 tot 4.00 die begraafplaas skoonmaak sê BAIE DANKIE.

Ons land gaan met rasse skrede agteruit. Hoekom wil julle geld gee om mense te begrawe? Daar is meer as genoeg belastinggeld. Nou weer omgewingsbelasting en ons betaal net. Nee, dit moet stop. In ’n land met geen wet en orde nie, kan ons nie nog betaal vir al wat ’n ding is wat die regering nie kan betaal nie. Ons betaal eie medies, sekuriteit, skoolfonds, ons kry niks by die staat nie. Skud julle sakke – ons belastingbetalers is moeg vir betaal.

Julle wat so kla oor hoofman Benjamin Naruseb in laasweek se Republikein. Ek het ook as ’n blanke by hom aansoek gedoen vir resettle grond. Mnr. die hoofman het vir my die reëls mooi uiteengesit hoe ek dit kan bekom. Menslik kan ek nie verwag hy moet alles doen uit sy eie sak nie, nog meer menslik sien ek nie fout as ek vrywillig ’n geldjie gee nie. Hy het nie gevra nie, ek het dit met ’n goeie bedoeling en uit ’n goeie hart aan hom gegee. Blanke Swakopmunder

Erf nr 4600 Francstraat, die huis daar by die rivier se kant. Hoekom neem die drug squad nie aksie nie? Daardie mense smokkel al nou jare lang en hulle word niks gemaak nie. Die mense ry selfs met hulle fietse die straat vol en drugs verkoop. Hulle sit heeldag daar by die huis en rook hulle dagga wat oral kan geruik word en hulle gee nie om wie sien hulle nie. Asb. drug squad, doen iets aan hierdie saak.

Fosfaatmynery: Vertel ons asb. die waarheid. Wat word van al die diamante wat saam opgesuig word? Dis dieselfde proses as om diamante op te suig. Wie sit agter hierdie storie, want dis niks anders as net 'n eyeblind nie.

NUST choir, thank you for motivating our children in the South about education and life. You have changed my own children's lives. Continue doing God's work and you will be dearly rewarded!

Wanderers Million draw 9 July 2016. Julle spraak geen sprook. Wie is die wenners?

Dit help nie die SWAGM/ Koevoet-lede hoop om geld uit die regering te kry of dat hulle geluister sal word nie. Kry van buitelande hulp. Dan sal daar lig wees want dit lyk donker vir julle manne. Laat S.A. vir julle betaal, want julle was deur hulle gebreinspoel.

NaTIS: Is dit reg as jul lede by kliënte bedel om donasies vir hul privaat aktiwiteite te kry by NaTIS kantore?

Minister van gesondheid, ek het ’n groot probleem met u personeel. Die ortopediese afdeling en papsmeer afdeling. Alles by Katutura hospitaal! Die personeel is uiters onbehulpsaam. Die manier hoe hul met jou praat . . . Onbeskryflik. Ek kry die arme oumense jammer! Doen tog asseblief is.

Hoe is dit moontlik dat sekere privaatskole in Okahandja nog kinders so lelik kan slaan al het ouers kamma toestemming gegee. Tel die wet nie vir hulle ook nie? Wat staan ’n mens te doen?

My klasmaats van Rehoboth Hoër 1988 standerd 10D, ek soek julle dringend. SMS my asb. jou naam na 081493 6304. Ons hou reünie.

Is daar iemand wat vir ons kan inlig oor staatsamptenare se huisskema? Hoekom kry net een die subsidie as julle getroud is terwyl al twee vir die selfde regering werk of moet ons eers huis koop apart voor ons trou?

GIPF antwoord asb. Kyk na ons medies ongeskik verklaardes, altyd net die raad moet nog sit maar wanneer? Alles gaan op, maar pensioen bly selfde vir meer as 2 jaar al. Is daar nog hoop vir hierdie jaar?

Reaksie op die ander kant van die munt. Hoeveel produktiewe land word deur die wit gemeenskap besit? Jy praat van die hele land asof jy orals kan suksesvol/produktief kan boer. Laat weet ons asb. hoeveel bruin mense grond in die buiteland besit en waar? Ek daag jou uit! Moet nie probeer om wolle oor ons oë te trek nie.

Mnr. Khaibeb en De Klerk moet nie dinge nog moeiliker vir gemeenskap maak nie, ons het ons kaptein. Laat ons na hom gaan dan sal dinge reg kom. Dit is ons leier. Dit is nie nodig vir optog nie. Laat ons kaptein respek. Basterseun

Die enigste oplossing vir ELCRN is dat die biskop en sy adjunk biskop moet bedank omdat hulle geen respek vir konstitusionele bepalinge toon nie. Hoe lank moet ons wag laat die nuwe kerkraad ingestel moet word? Is daar iets wat van ons weg gehou word?

Wanneer kry mense in Windhoek huise? Ons is moeg om huurgeld aan ander mense te betaal wat ons vir ons eie huise kan betaal. Kyk ook na ons asb. en ek bedoel nie net die plakkershuise se mense nie. Windhoek het ’n klomp loseerders. Ons bly in mense se kamertjies.

Juliana van City of Windhoek, dankie vir die vriendelike en goeie diens.

Dankie aan die ATM span van Standard Bank vir julle flink diens. Dit maak my trots. Biltongfeesganger

Hou asb. op om kinders te 'maak' terwyl jy weet jy kan nie vir hulle sorg en/of opvoeding verskaf nie! Wie dink jy moet dit (vir jou) doen? Ek dink waarlik die opsetlikheid is strafbaar en geen persoon of instansie moet daarvoor betaal nie. En asb., die opvoeding en opleiding 'karretjie' het al lankal sy parkering geblaas. SAP&H

Daar is so baie dinge waaroor mense kla, maar kan ons pensioen nie voor aan ons uit betaal word nie, en nie dat ons moet wag vir 55 nie? Die rede is as jy doodgaan, mors kinders jou pensioen op en jy het niks van jou geld waarvoor jy so swaar gewerk het nie. Asb. GRN, doen iets daaraan, dit is regtig ’n groot probleem. Asb. laat ons tog ook ons geld geniet.

Ek wil weet waar word oom Dan se wondersalf verkoop? Wil eintlik by die fabriek self gaan. Sal die antwoord in Republikein kyk.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer