SMS'e vir 13 Julie 2017
SMS'e vir 13 Julie 2017

SMS'e vir 13 Julie 2017

“...meer sigbaar en meer aktief...”
Mandy Rittmann
Dankie, mnr. Nico Smit, dat u opgestaan het en die disfunksionele praktyk van wanadministrasie in die land aanspreek. Aan die ongeleide missiel (individu) van die regerende party wat na u verwys as 'n "loser", net die volgende: Die verloorders sedert onafhanklikheid is die onskuldige stemvee, diegene in kaias met 'n Swapo-vlag daarop, diegene aan wie leë beloftes verkiesing in en uit gemaak word, staatspasiënte wat derderangse behandeling kry terwyl u en u regeringslui top mediesedienste kry, diegene wat in plakkerskampe moet bly terwyl u in gegoede buurte bly en net verkiesingstyd kom skets en vertel van 'n sprokieswêreld ("One Namibia, One Nation") wat net in 'n gekkeparadys bestaan. Daardie arme mense is die verloorders wat deur vandag se regering versaak is. – Axaro



Kan iemand help? Ek sukkel al twee weke om NaTIS in Windhoek te skakel. Al ses nommers bly beset of geen antwoord.



Suurgesigte by grensposte. Amen vir die een. Ongelooflik hoe onvriendelik, ongeskik en onbehulpsaam van die mense by die grensposte is. Sit en gaap lang, lang gape met selfone, kou borrelgom met groot oop monde dat die spoeg spat, terwyl mense by toonbanke moet staan en wag. Indien jy vra om gehelp te word, word jy mompelend aangegluur. Asseblief, julle word betaal om daar te werk.



Miskien moet die radiostasies wat daagliks kompetisies het, daaraan dink om padtekenboekies as pryse uit te gee. Dit wil voorkom of 90% van ons mense ongeskoold is. Geen spoedbeperkings op die verbypad word in ag geneem nie. Is dit omdat hulle onnosel is of eenvoudig omdat hulle padvarke wil wees en vere voel vir medepadgebruikers?



NBC changes to new supplier. So they owe NMC 15 million and organize to join a new fund, Rennaisance. What happens to the money deducted from the members which was still supposed to be paid to NMC? And I trust that NMC still paid hundreds of thousands to hospitals and doctors and other suppliers until they had no choice but to flag the group. At least they honored their side of the contract. How will they recoup this money? The Minister said in the papers it is theft. NMC, take them to court.



In Republikein van 12 Julie. “Meer sterf op paaie as aan siektes”. Dit kan nie anders. Iets sal drasties gedoen moet word. Daar moet ten minste 70% meer verkeerspersoneel wees wat dan ook 150% meer ­sigbaar en meer aktief moet wees. Die mense is eenvoudig onbedag­saam, roekeloos en opregte ­padvarke. Wil hulle graag hul eie dood gaan haal of is daar dalk 'n beloning by die eindpunt? Mense! Dink asseblief aan ander ook en nie net aan jouself nie.

Moet belasting betaal, maar 2016 se opgawe nog nie eers aangeslaan nie. Seker omdat hulle nie die omtrent N$10 000 wat ek moet terugkry wil of kan terugbetaal nie? Wat nou, Minister Calle?



Verpligte skooldrag - Alhoewel eenvormige skooldrag goed vertoon en seker tot 'n mate beheer en dalk dissipline bevorder, het dit by verskaffers gelei tot 'n groot mate van noem dit maar ­prysinflasie, wat kwalik in Namibië deur die meerderheid ouers bekostig kan word. As jy kyk na byvoorbeeld Amerika waar so 'n luukse alledaags sou wees, vind jy dat in "public schools" geen ­voorgeskrewe skooldrag in state soos Colorado bestaan nie. Solank kinders aanvaarbaar geklee is, is daar nie beperkings. Hoekom moet ons kinders benadeel word as hulle dit nie kan bekostig nie. Jul verhoed dalk 'n potensieël briljante kind om te leer. Sy potensiaal sit nie in skooldrag nie.



Geluk Suburbs en die verkose afrigtingspan. Sterkte en ek hoop julle word toegelaat om ongehinderd julle taak uit te voer. Terloops, jammer net almal is nie ewe welkom nie. . .



Winkels vir Rehoboth" Pick n Pay, Mr Price, Jetmart, Game, Kentucky, Fishaways. Ek waarborg die winkeleienaars, julle sal nie spyt wees nie. Voordeel, werksgeleenthede en minder pendel na Windhoek. Lekker inkopie-ervaring.



Stem volkome. Mr Price en Pick n Pay asseblief. Rehoboth se mense wag, daar is plek by Rehoboth Mall.



Wil weet, hoekom misdaad in Hardapstreek nooit in koerant verskyn of op NBC-nuus. Word dit nie aangemeld nie?



ELK Ebenaeser Parish, Mariental. Slegs "elders" en sekere groepie van lidmate in kerk wat oorneem terwyl pastoor moet toekyk. Siekes en oues ontvang geen besoeke en nagmaal. Biskop, red!



Aan MultiChoice: Wat het geword van “Hart van Staal” op Kyknet en kie? Nou speel daai “Proesstraat” in sy plek.



Namfisa, ek wou graag weet: al die bankwerkers wat polisse op straat verkoop, het hulle enige lisensie daarvoor? Doen asseblief ondersoek. Dankie



Moenie Keetmanshoop skou misloop nie in die Republikein van Dinsdag 11 Julie, die bylaag Suiderland op bladsy twee. Ek hoop regtig die ­munisipaliteit van Keetmanshoop maak tog asseblief die vuil dorp van hulle skoon voor die skou begin. Dit is regtig 'n baie aaklige, vuil bedryf, veral as mens die dorp van die Suidekant af inkom.



Volgens betroubare bronne het ek verneem dat die brief van 29 Junie 2017 in Republikein nie deur Christiaan Tiboth geskryf is nie, maar wel deur D.C. Gertze. Ek vind dit vreemd dat Khoirob die Biskop so aftakel. Jy werk tog immers by die kerkkantoor. Sê die man reguit of is jy te lafhartig daarvoor? Hou op om mense te gebruik om jou vuilwerk te doen. - Axarob

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!