SMS'e vir 13 Julie 2018
SMS'e vir 13 Julie 2018

SMS'e vir 13 Julie 2018

"...bespaar op die verkeerde plek..."
Mandy Rittmann
Hoe is dit moontlik dat 'n taxibestuurder 19 uitstaande lasbriewe het en nog op die pad was? Dit beteken mos die stadspolisie doen nie hul werk nie! Hoekom net op spoed konsentreer? Kyk na die honderde taxi's en karre wat nie padwaardig is en dan beheer verloor (oor gladde bande ens.) en ongelukke veroorsaak.

"Skole op hul knieë": Slim het sy gebaas gevang. Dit is wat gebeur as skoolfonds nie meer verpligtend is nie, nou is daar nie geld om skryfbehoeftes te koop nie. Dit is mos eintlik waaroor skoolfonds gaan!

Die ministerie van onderwys bespaar op die verkeerde plek en benadeel sodoende die leerders. Behalwe die skamele N$33 per leerder, wat nie betaal word nie, word ongekwalifiseerde persone van die straat af aangestel, om op salarisse te bespaar, veral in skaars vakke soos Afrikaans. Die beleid is mos dat as jy Afrikaans kan praat jy dit ook kan gee. En aan die einde van die jaar huil die minister oor die swak uitslae.

Die motorkade is weer Maandagmiddag tussen Ondangwa en Oshakati teen +-180 km in ’n 60-area langsmekaar by my verby. Die 60 spoedbeperking is blykbaar vir die veiligheid van die kinders, maar dit lyk nie of hulle veel omgee vir die Noorde-kinders nie. Ek wag vir die dag wat die lyke die pad vol is as gevolg van hierdie mense se gejaag.

Minister Pohamba Shifeta, kom tog net reg. Daar is niks fout met jagfoto’s nie. As jy dit weghaal, gaan diere mishandel word, sonder jou wete. Ai, die "government".

Verbod op jagfoto’s: Baie verwarrend, beperking van jagfoto’s vir eers laat vaar en dan verbod nie opgehef nie, en dit is steeds verbode om foto’s te plaas? Jagplase mag, maar die gewone mens nie? Is dit ge-"gazette" of nie? Het minister Shifeta die reg om te verbied wat gewone mense op sosiale media sit? Hulle “expose” net die waarheid en stropery!

Visrivier-uitdaging: Tel die vrou ens. wat die 65 km gehardloop het niks? Baie swak berig.

The HR and Finance divisions of Directorate of Education in the ?Kharas Regional Office are the most unorganized and not monitored departments. The poor unqualified teachers who were dumped by the GRN last year did not receive their separation allowances up to now and some of them are enrolled at various distance education colleges. They are really struggling to pay for their studies. In fact some of them have already quit because of none payment of studies.

Stem saam met leser oor Rehoboth begraafplaas. Een plek wat baie netjies lyk. Hou so aan die komitee wat aan die werk is. As die begraafplaas klaar is, begin ons met die paaie in Rehoboth.

In reply to S Gericke's letter about the time change: There where ads in the newspaper where Namibians were able to submit their opinions about winter time. And government had public meetings all over Namibia and had discussions with locals in all regions. It was decided to stop winter time. Business was only a small part of the decision. Namibia has more than school children, schools must go back to four terms and the problem is solved. Looks like the Swakopmunder only woke up later than the rest of Namibia. See how dangerous Windhoek is for all the women going home in the dark after work. Hope government will never ever decide on a time change again. We do have other more important issues to look at.

Bipa-kantoor in "Sam Nuyoma Drive" Windhoek, wat ’n gemors. Sit ure in nou rye ingedruk en dan kom mense in en druk net eenvoudig voor by die beamptes in, met hope lêers en goed wat afgehandel moet word, en al kla die mense in die rye, word die indrukkers nie weggewys om ook in die rye te sit nie. Nee, hulle word gehelp en die rye kom tot stilstand tot hulle eendag klaar is. Nagmerrie om soontoe te gaan. Ook geen parkering nie.

Sedert ek die Dooie See verlede jaar besoek het, raai ek almal af om die plek te besoek. Dis die walglikste, vuilste plek denkbaar. Jy sal siektes daar optel.

Ek wonder net, wie die kruis ontwerp het. Die christene of die anti-christene?

Genoeg is genoeg! Bishop //Gamxamub, wat sê die kerkorde oor sekere dinge in die Epifanie Parogie. Maak haas en besoek Gochas Epifanie Parogie. Dis baie swaar, want blindes kan nie vir blindes lei nie.

Getto Assistance Centre: Swakopmunders, gaan sien mnr. Paulus A. Nambala by Ombudsman-kantore by landdros-kantoor Swakopmund. Selfoonnommer 081 164 3117.

Waar kan ek volstruisvleis (veral die nek) koop? - Kobus

Beuelblasers van die waters wat verby is, sal die meule nooit weer maal. Gewete kom terug, al is dit na vyfhonderd jaar. Daardie swart hond los jou nie.

Ek is tog op soek na ou komberse en warm klere, babaklere wat u nie gebruik nie asseblief. Kontak 08 1499 2720.

Ek is op soek na ou sinkplate wat u nie meer gebruik nie. Asseblief, wat rond lê op u erf. - 081 358 3376

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!