SMSu2019e vir 13 Julie 2021
SMSu2019e vir 13 Julie 2021

SMS’e vir 13 Julie 2021

"... mense gaan weer moan ..."
Audrey Van Der Westhuizen
NaTIS, what a mess. Why are people refused assistance when they arrive at NaTIS in Whk Town for the renewal of their vehicle licenses? They are told by a security guard that they should add their personal information to a list on a windswept table. Who knows how many Covid-19 virusses cling to that paper? Then they are told to come again the next day.

Watter Covid-entstof is beskikbaar in Namibië en hoe geredelik is dit beskikbaar vir 1ste en 2de inenting?

Pres. Hage, asseblief. Laat die soldate weer patrollies loop dag en nag. Paar mense gaan weer moan, maar laat hulle dit doen. Jou soldate gaan ons lewens red, sonder dat ‘n skoot afgevuur is. Die skelm drankverkope en na-ure rondlopery sal ook stop. Veral in die informele nedersettings. Dis in u mag om dit te doen. Konsalik.



Almal raak opgewonde en steun vir Afrika-eenheid; die vraag is - word die onmenslike, destabiliserende, afbrekende daaglikse chaotiese, wettelose gebeure deur ons huidige leiers 100% onderhandel en goedgekeur en ons wat dié leiers kies moet geblinddoek volg?



In Gibeon gaan dit verskriklik lekker en steur die mense en polisie hul nie aan Covid-reëls nie. Hul loop na nege nog op straat of ry en drank word nog lekker na ure verkoop by sommige sjebeens en huise. Help nie jy kla by die polisie nie, want van die polisie se personeel drink daar en op skuld. Jy kan maar in Mariental kla by die Hardap-hoof maar daar gebeur ook niks. Daar is 15 mense op ’n voertuig by begrafnisse. Mense sonder maskers. Hoe moet Covid gestop word? Wetstoepassers doen nie wat hulle moet doen nie. Sekere polisie bly te lank op een plek. Iets sal moet verander of vinnig hier moet gebeur.



Sal die Rehoboth polisie asseblief aan die kerkleiers verduidelik hoekom hulle kerke toemaak as daar meer as 10 (tien) mense in die kerk is, maar Gospel Mission word toegelaat om met meer as 100 (honderd) mense kerk toe hou?



Ons leiers is maar net nie bevoeg om ’n land te regeer nie, maar by korrupsie is hulle experts! Sies, wat ‘n skande.



COW , dis darem ’n skande, die groot gat in Rugbystraat. Nog steeds nie reggemaak nie! Job, doen asseblief jou werk waarvoor jy betaal word!

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!