SMS'e vir 13 Mei 2020
SMS'e vir 13 Mei 2020

SMS'e vir 13 Mei 2020

". . . uit elke stam en nasie . . ."
Mandy Rittmann
Ja, so is ons salarisse gesny en my verlof is in die minusse.

Windhoek munisipaliteit. Die dumpsite oos van Kleine Kuppe is in ’n haglike toestand. Vullis en gemors lê die hele terrein vol, binne en buite. Ongemagtigde persone is ook daar teenwoordig en lastig.

Ek lees nou die artikel “Plaaslike toerisme aangemoedig, spesiale aanbiedinge”. Wat my verbaas laat, is dat dit nou moontlik is vir verskeie lodges, gastehuise en kampeerplekke om spesiale tariewe te bied vir Namibiërs, maar toe die oorsese toeriste volop was, het die groot meerderheid van die instellings hulle afgevee aan Namibiërs. En nou is ons goed genoeg om in jul plekke te kom bly. Onthou wie het in julle plekke kom bly as die buitelanders weer begin terugkom.

Toe ek in Republikein lees van die party wat ons president en Swapo-leiers gedurende die inperking gehou het, het die skrif in die Bybelboek Daniël 5 vers 25 onmiddellik in my gees gekom. Dis nou ook wat met ons ekonomie gebeur, die skrif is aan die muur. Die Kerk van Christus is glad nie in enige besluitneming geken nie. Ek praat nie van ’n sekere denominasie nie, maar van die Liggaam van Christus as geheel. Uit elke stam en nasie wat Hy met Sy bloed gekoop het. - HK Rittmann, Rehoboth

Baie moedeloos vir Dordabis-polisie wat nooit die diewe kry wat so ons bees steel nie. Jy gee hulle die leidraad, maar nee, dit word net eenvoudig geïgnoreer. Wonder maar net wie sit agter die kap van die byl. As julle nie julle werk kan doen nie, gaan weg in hemelsnaam, dat daar regte mense kan kom. Moedeloos!

Polisie van Swakopmund, doen asseblief tog meer klopjagte by die sjebeeneienaars se huise. Hulle smokkel nog steeds in die nag hulle drank.

Dis gevaarlik om permanent ’n masker te dra. Lees op die Internet.

Ek soek asseblief vir mev. Maria Shikongo. Sy was in die 8ste Mei 2020 se Republikein in verband met klere vir kinders. My nommer is 081 236 9517.

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!