SMS'e vir 13 November 2017
SMS'e vir 13 November 2017

SMS'e vir 13 November 2017

“. . .al hierdie armoede. . .”
Mandy Rittmann
Ho! Staatshospitale ’n gemors. Waarom nog ’n nuwe staatshospitaal in Otjiwarongo in aanbou? Knap die ou een op.

Hoe kan motoriste beboet word wanneer voertuie met LED-ligte toegerus is? Nuwe voertuie kom dan daarmee uit! Kan iemand asseblief vir my lig werp hierop. - RB van Windhoek

Ek wonder wat is fout by City of Windhoek? Geen telefoon word geantwoord. Treurig!

Windhoek munisipaliteit se kommunikasie met hul inwoners is pateties. Ek kry my maandelikse rekeninge per e-pos, maar hulle het nie die ordentlikheid om die waarskuwing van die wateronderbreking aan hul kliënte per e-pos te stuur nie. Ek moet nou toevallig Donderdagmiddag by ’n vriendin hoor.

Namibian lawyer Anna Uukeli should pay some of the genocide victim families with the more than 16 million received not earned. She can make a couple of families rich. Disgusted.

Waarom onderwysers in buiteland oplei of invoer en dan nog met diamante daarvoor betaal? Dink ’n bietjie voor julle onsin praat.

Waar het die persoon die spreekwoord gesien of geleer, gaan terug skool toe.

The President's township appoved obviously! What is questionable is his dubious partnership with Jack Huang who is awaiting trial for tax evasion, fraud and money laundering in Namibia. Our very own Geingob and Hyang saga like the Zuma and Gupta capture saga in South-Africa? What about the peoples needs? Viva Harambee, poor Namibia!

Regtig! Wil ek ook weet. Waar was al hierdie armoede en swaarkry in die ou bedeling? Ja, daar was, maar liewe land! Ek is nie eens meer lus om koerant te lees nie. Dis van al die korrupsie dat ons net swaar kry. En raai wat! Die een wil skelmer as die ander wees. Dan praat ons nie eens van alles wat so gratis deesdae is nie.

So het /Khowese verdeel en as twee stamme fees gevier. Iets wat Francis en Ismael lank nagejaag het. Hulle het nie beide getalle en gehalte nie. Met 25 perde probeer fees vier. Met ’n /Khaua as perdekommandant. Skaam jou, Sentimub.

As die skole uit is, kry ek die kleindjies so jammer. Elkeen met swaar sakke, hope boeke. Foeitog! Dan moet hul ouers nou moeg van die werk kom en kos maak en die kind kamma help. Wanneer kry daardie kind aandag? Wie is die oorsaak? Ai eto, en dit gaan so aan. Kinders kan nie lees of skryf nie en die onderwyser praat Engels en verdien goeie salaris. Verminder daardie onnodige boeke. Ons het vier dun boekies gehad, wiskunde, skrif, Afrikaansgramatieka en huistaal. Pragtig getel, gelees en mooi geskryf. O ja! Daar was gesing laat dit voel of die mure bars. Bring die mooi dinge terug. Los die mense se goeters uit. Onderwysers met goeie simbole moet goeie indiensopleiding van drie jaar kry om die land se toekoms te verseker. Geleerdheid is die sleutel tot sukses. Nou hoe nou!

Die persoon wat so disrespek vol skryf “Bernard Bernard.” Dit is dr. Haufiku vir jou. Toon ’n bietjie respek. Moenie een mens vir alles die skuld gee indien hy sy werk doen en die "staf" onder hom te lui is nie.

NamPost moet sy dienste verbeter. Ek het op 31 Oktober geld telegrafies gestuur in Suid-Afrika. Hul belowe drie werksdae. Nie Kaapstad, nie Windhoek weet wat van die geld geword het. Gee raad asseblief, ek word nou rond gestuur en weet nie meer nie.

Al die huise in Keetmanshoop wat so leeg staan is vir die Noorde sodat die stemme en raadslede ’n oorwinning kan kry in die volgende verkiesing.

Is daar nie iemand wat Gochas toe kan kom nie en kom kyk hoe vuil Gochas is. Hier is geen ontwikkeling in Gochas. Help asseblief!

President Donald Trump sê die skietery by die kerk is ’n daad van die duiwel. Verkeerd! Dit is altyd die daad van mense wat met die duiwel in gemeenskap leef. Pasop! Kry jouself aan die regte kant Namibië. Elke inwoner moet God bo alles lief hê en jou naaste soos jouself. Doen aan jou naaste wat jy aan jouself gedoen wil hê. Politici en leiers skryf dit op die tafels van julle harte, dan sal julle volgelinge ook so leef.

Ek het ou koerante vir Afrika! Stel iemand belang? Skakel 081 324 3702. - Karasburg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!