SMS'e vir 13 November 2018
SMS'e vir 13 November 2018

SMS'e vir 13 November 2018

"Sny onmiddelik die krag..."
Mandy Rittmann
Onderwys skuld stad!: Ek weet nie hoekom Stad Windhoek hulle uitstel gee nie? Sny onmiddelik die krag af, soos julle met ons ander salaristrekkers maak. Wie dink die regering is hulle om nie te betaal nie?

President Geingob. U en die res van die regering het julle self ekonomies bemagtig en nou is jy bekommerd oor die ander?

Thumbs down vir die privaatskool onderwysers. Werk ses maande sonder vergoeding. Dit is pateties van die bestuur van die skool. Onthou, die arbeider is sy loon werd. Julle behoort te weet. Sê maar net.

Aan die burgemeester van Okahandja. Die dorp behoort aan al die inwoners, nie net aan jou nie. Let ook asseblief op jou houding teenoor jou medemens. Jy moet ’n voorbeeld vir ander stel en respek afdwing, nie mense ondermyn nie. Jy is ook net ’n verskietende ster soos almal van ons.

Okahandja, eto! Ons het twee sterfgevalle die naweek gehad en Sondag nog 'n roudiens, maar agter die Samaritaanse kerk is ’n kerk wat nie respek vir die dood het. Kan iemand tog kom en die kerk tot orde roep. Asseblief!

“Kanime and Kahimise sounds related.” Defenitely not, Kanime is Oshivambo and Kahimise is Herero and I hope Kanime comes back because with this senseless move of Kahimise to suspend Kanime he destroyed City Police single handedly day by day. - Johan K

Pensioenaris het geld geleen aan vriend. Skriftelike kontrak in plek. Word nou geignoreer, moet NS20 000 deposito (wat ek nie het nie) neersit vir hofsaak. Sal dit waardeer indien iemand my kan raad gee. - 081 412 3931

Die opskrif van die spotprent op Maandag 12 November lyk nie taalkundig korrek nie. Moet dit nie “in hul besit” in plaas van “in hul besitting” wees nie? (Dankie vir u skerp oog. Ons vra verskoning vir die taalfoute in die opskrif. - Redakteur)

Ek het musiekplate soos Algoabaai, Liefling, Ramaja, Liefde is lewe, Ten guitars, Release me, Crying guitar, Seat Corner, Monja, Welkom in my huis, Miemie se eerste dag by die skool, Sirkus eendjie en Gerrie Seer Handjies Coetzee, Leon Schuster en Boomstraat Blues Leon Schuster. - Jossop van Karasburg, 081 660 9971

5 m by 10 m tent te koop. Ek is nou al ses maande werkloos, want tendertafel word mos net vir buitelanders gedek. Skakel 081 352 3350.

Telecom skort diens op, maar stuur eers in die nuwe maand die rekening.

"Kersvreugde vir kinderharte": Olthaver & List-groep is baie gaaf om kwesbare kinders van Laerskool Monte Christo met geskenkies en lekkers the verras. Maar ek sien die lekkers word vir die kinders gegooi. A nee a! Moet hulle nou op die grond rond skarrel en baklei vir ’n lekker?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!