SMS'e vir 13 November 2019
". . . is hoeka gekondem . . ."
Namibië topbestemming. Me. Paetzold ek stem saam, maar dan moet die regering na die paaie begin kyk. Dit is ’n nagmerrie.
Catherine Sasman se stuk oor die Chinese is eenvoudig skrikwekkend as mens kyk hoe hulle feitlik elke faset van ons samelewing binnegedring het. Mediese veld, bou, onderwys, taxi's, besighede, sjebeens, landbou en so kan ons aangaan. Die skrif is aan die muur. Amen.
Ek lees 12 November se “ek sê maar net” van Catherine Sasman. Og, die Chinese weet net hoe. Wonder of hulle ook sal stem?
As jy ’n party in die Suide stig is jy doodseker van een tydelike member. Meneer . . . (naam verwyder - Redakteur). Hy vra nie eens nie, solank dit net ’n opposisieparty is. Hy is die man met die meeste ondervinding van opposisiepolitiek. Na elke vyf jaar is hy in ’n ander party. Nou is hy weer by Panduleni Ithula. Verseker na die uitslae weer in ’n ander party.
Ek sal nooit enige eksmoordenaars wat na gevangenisstraf vrygelaat is in die samelewing aanvaar nie. Moordenaars bly moordenaars, om dalk in waansin ’n volgende moord te pleeg. U eksellensie die president van Namibia bring asseblief die doodstraf terug.
Wie is daardie arrogante vrou? /Gôagoses is ’n baie mooi, slim, eerlike ene. Rehoboth is hoeka gekondem en papierwerk is natgemaak en afgespoel. As dit gefrommel was sou iemand dit gelees en reggemaak het. Los haar uit.
Ons land se Grondwet waarborg vryheid van spraak. Danry het sy sê gesê. Kla hom aan en kry klaar. Laat die klong aan gaan met sy lewe. Wat is so erg daaraan en al die geheimhouding? Terloops, ons weet almal meer wat by die Bokke en All Blacks aangaan as by die NRU!
Is dit net die afrigter se skuld as beseerde spelers op toer gaan? Die hele sogenaamde tegniese span is mos betrokke. Of hoe? Snert man. Swapo-taktiek.
Laasweek Vrydag se skrywe van |Awebahe Johannes ||Hoeseb: Pragtige Afrikaans. Wonder net of die skrywer sy woorde uitleef in die realiteit?
Waar kan ek van Niels Muller se blaasbalke koop? (As mnr. Muller genoeg voorraad het, verkoop hy Saterdagoggende sy handewerk by die Lolopark-inkoopsentrum in Olympia.)
Melissa Neis, netbalspelster van Desert Jewels, het verjaar op Maandag 11 November 2019.
Hiermee will ek die /Khowese volksgenote namens die Witbooi-koningshuis bedank vir die onoortreflike opkoms en bywoning van die 2019 heldefees op Gibeon. Die boodskap was baie duidelik.
Die Amerikaners gaan al vir ’n Sondagmiddag drive maan toe. Ons in Namibië sukkel nog om diens uit ’n sekere koöperasie te kry. Die koöp se naam moet eintlik verander word na ons het nie, maar dis op pad. Ek is hierdie hele droogte deur sonder ’n sent droogtehulp, want daar is elke keer ’n verskoning hoekom ek nie met droogtehulp gehelp kan word nie. Sulke patetiese diens verwag jy van die staat en nie van ’n koöperasie nie.
Swapo government failed us. Mr Itula you might help us. Once elected in power we need permits for our seven seater vehicles. We get traffic tickets, we don’t get jobs, we have family to feed. The government is not listening to our cry.
Die hondedebakel maak my naar soos die hondebolle, wat soos die plastiekdrasakke die wêreld begin vervuil. Los jou hond by die huis of gaan stap met hom op jou of jou familie se grond, waar hy kan doen wat hy wil. - Anti-bol

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie