SMSu2019e vir 13 Oktober 2021
SMSu2019e vir 13 Oktober 2021

SMS’e vir 13 Oktober 2021

"...tot voordeel van die sport."
Audrey Van Der Westhuizen
Ek dink ons moet Namibiese houtskool boikot (alhoewel die binnelandse mark maar klein is) tot hulle binne eie geledere optree teen die "brandstigters". Diesulkes voel natuurlik vere of ander mense se veld afbrand.

Wil net graag weet wanneer het Olympia-swembad se naam verander na die Jan Jonker-swembad? Die naam Olympia was deur die raad goedgekeur in my termyn as parkebestuurder. - Dries

Ek is op pensioen, maar is bereid om die NFA te help om hul probleme op te los. Gee my net vir Amos, Barry, Moetie en nog 'n paar van die ander manne dan sit ons alles weer netjies aanmekaar en speel. Ons kan weer vir Fifa vra vir fondse sodat Socloces van Greenfields vir ons die veld kan rehabiliteer. Wat kan nou so moeilik wees? Ek sal julle ego's mooi uitsorteer en julle produktief kry tot voordeel van die sport.

Hoop daar word stappe geneem teen die drywer van die bussie vir die dood van die 2 persone. Hoe kan jy in rook jaag waar geen sigbaarheid is nie?

Bevind septerswaaiers hul in so 'n netelige situasie of is dit geld of magshonger dat als wat sensitief en teer is vir andere vertrap en gedisrespekteer word deur eie etniese leiers (kingmakers) te skep, volgens gerugte om die genocide-saak deur te stoomroller net om jou eie alter ego te streel? Asook die korttermyndenkers wat ja en amen sê, lugkastele bou vir hulself en nie vir die voortbestaan van hul volksgenote nie - hoekom laat julle julself gebruik? Verkoop jy jouself vir 'n pot lensiesop? Wat 'n bitter pil om te sluk indien waar. – KeiNamab

Telecom Swakop se diens is uiters pateties. Hulle antwoord nooit hulle telefoon, die internet is vir ewig swak. Wat gaan daar by daai kantore aan? Hoekom word die mense salarisse betaal as hulle nie werk nie? Ek het amper 10 keer gebel voor ek antwoord gekry het. Kan iemand asb. intree?

Watch out for a phone call from a very helpful bank official named Ryno or whatever he prefers to call himself. He wants to assist you in setting up a banking app to streamline your finances while he only needs a money transfer from your account to his mobile phone. Let's rather help the guy with an honest means of survival.

Ons woon reeds ’n paar jaar op Finkenstein Estate. Tot my spyt moet ek erken dat ons deesdae al hoe meer snobisme ervaar.

Baie dankie aan Gareth Strydom by Agra Hyper vir sy puik diens en vriendelikheid! Hy gaan uit sy pad uit om kliënte te diens! Goeie werk! Agra kan trots wees op hom!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!