SMS''e vir 13 September 2016
“ . . . wat maak julle met al die geld, tyd en personeel . . .”
Die onderwysers kan tevrede wees met dit wat hul kry. Gee die weeskinders en weduwees ’n beter toelae asb. president, laat ons ook kan lewe.
Die CoW onderhou nie die strate nie, kan nie vinnig genoeg gedienste erwe beskikbaar stel nie, onderhou nie die waterinfrastruktuur en -beplanning nie, maak nie die veldjies in dorpsgebied skoon nie en meestal is daar nie ’n verkeersbeampte of die stadspolisie in sig nie. Nou moet ek maar net vra; wat maak julle met al die geld, tyd en personeel tot jul beskikking?
Rudie van Vuuren en gesin, ek is trots om in die land te mag bly met mense soos julle. Dit gee my weer hoop vir môre. Julle is die Here se kinders. Dankie.
Die salarisverhoging van onderwysers kan nou einde kry. Dis amper al weer eksamentyd en hulle kla nog altyd oor verhoging, loop van klas na klas om mekaar op te steek vir staking. Wanneer kry die arme kinders aandag? Daar sal nog ’n probleem opduik as hulle nie die verhoging kry wat hulle soek nie: Sal hulle nie hul werk doen nie, sal sit in klas en kinders moet hulle besig hou. Arme staatskole se kinders word baie afgeskeep. Ek hoop president kom maak ’n draai in Okahandja by skole. By enige ander werk moet werkers tevrede wees met hul salaris, al kry hulle ook nie verhoging nie, solank hulle net ietsie verdien. Wil net aan onderwysers sê: Wees dankbaar met die bietjie ook.
Alle klagtes oor pad 2315 val op dowe ore! Sal ons almal ons besighede sluit en werkers afdank, want dit vat nie meer lank en geen kar sal meer oor 2315 kan ry nie. Daar is die kommunale gemeenskap – Tubusis en Okombahe, lodges, fabrieke en boere langs die pad. Wie kan help? Raadop!
Saturday night on NBC news a certain Dr Monir Islam of World Health Orginisation said he was pleased with the quality health care the elderly are receiving in this country. Dr Islam sir! Have you ever been to state hospitals through the country? Go to Katutura state hospital on Monday and see for yourself how the elderly have to wait from early morning till sunset to get prescription medicine without any attention just to come back the following day? Go meet patients personally even in Keetmanshoop where there is a huge shortage of doctors. We dare you to visit state hospitals. – Elderly state patient
Julle het verlede maand ’n lys gepubliseer van maatskappye wat onlangs groot staatstenders gekry het. Kan julle nou die lys van hierdie maatskappye se direkteure publiseer? Belastingbetalers mag seker weet.
Bekommerde inwoner van Tses wil net vra aan die dorpsraad: Sien hulle nie die vullishope in die woonbuurte nie? Kan hulle aan mense uittender om dit te verwyder? Ek raak skaam vir die hoop vullis langs die kliniek voor die voorsitter se huis en nog ander plekke. Groot asseblief.
Gewese onnie sukkel om vraag te verwerk, hoe kry jy dit reg om af te tree (Republikein 12 Sept). Stilbly is die beste antwoord, want ’n toe bek bly heel, maar niemand hou van lafaards nie. Eintlik ’n baie maklike vraag – jy word 60 en dan betaal die pensioen uit aan Namibiese onderwysers. Dis nou vir indien dit ’n strikvraag is van opsetlike stout onderwyserhater. As dit ’n eerlike, opregte vraag is, is dit moeilik om per SMS te beantwoord, want daar is te veel opsies, veral as jy eintlik bedoel hoe oorleef jy? Net om ’n paar te noem: Jy kan weer gaan werk as die gesondheid dit toelaat (ek het probeer, maar in die middel van die les kon ek nie die onderwerp of graad onthou waarmee ek besig was nie) of jy kan dieselfde probeer as Matoes en Erastus se taxi en straatwinkel (met respek teenoor die SMS in dieselfde koerant). Dan is daar die maandelikse pensioen vanaf GIPF en die “kieriepay” vir almal bo 60 en as jy gelukkig is soos ek en my vrou, kan die kinders hul oumense help, al is hulle getroud. Jammer, maar ek was eerlik toe ek gesê het onderwysers val onder laag besoldigdes, maar met skoolhou in jou bloed, werk jy met slim, dom, mooi of nie so mooi kinders vir min of baie geld. Laastens, betaal eerste jou huis af na pensioenuitbetaling, maar ek moet erken, aggressiewe entrepreneurs sal sê gaan in besigheid met jou geld!
– Gewese onnie
Advies aan die nuutgekose raad van Gochas. Wees baie versigtig met die betrokkenheid in tenders wat die gesprek van die dag is. Julle behoort as span saam te werk, maar daar is ongelukkigheid in julle midde. Partydigheid bring verdeeldheid en verdeeldheid bring skeuring. Meerderheid mag tel, maar onthou, hou rekening met jul konstitusie.
Vandag is dit sewe maande dat my kind nie meer met my is nie. Dit voel nog baie seer, my hart is stukkend. Die persoon wat my kind se lewe beëindig het, is gelukkig, want van dié word nog niks nie. Speurder sê net elke tyd as ek bel hulle ondersoek nog die saak. Word ’n saak so lank ondersoek?
Wat gaan aan met munisipaliteit van Gobabis? Julle het ons opmekaar laat bly by die plakkers, nou gee julle die ou lokasie se grond vir Zimbabwe-mense. Ons, die eienaars wat daar gebore is, sukkel met grond! Laat die minister ons help. Waar is die “mass housing”-erwe? Ons sal jare wag.
Ons het nog nie gehoor dat die minister by Leonardville Isak Buys-skool was nie. Hoekom is dit so?
Die Welwitschias verloor al hul “games”. Word “coach” nie ge-“fire” daaroor soos in die ou dae nie?
My hart gaan uit na die Jansen-familie van Groot Aub. Laat ons as gemeenskap saam bid vir hierdie beproewing en nie regter speel nie. Mag God julle hierdeur dra.
Dr. Henry Platt het vir my geleer moenie jou in ander mense se probleme verlustig nie. Bid en wees dankbaar dat die duiwel jou nog oorsien. Dat ’n DS (na bewering) kinders kan molesteer! Maar hou op klippe gooi en hom stenig. Jy sonder sonde, tel die eerste klip op en gooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie