SMS'e vir 13 September 2017
SMS'e vir 13 September 2017

SMS'e vir 13 September 2017

“. . .die gesig van Namibië. . .”
Mandy Rittmann
Ongeluk op lughawepad: Wanneer sal motoriste padreëls respekteer en nie oor blinde hoogtes kanse vat nie? Hoeveel mense gaan nog so sterf?



Die doeane by Hosea Kutako Internasionale Lughawe moet leer hoe om beter met mense te praat. Hulle is die gesig van Namibië aan ons internasionale gaste en burgers wat huis toe kom. Kan die minister die mense toespreek sodat hul besef dis hul werk en hul sal beter met mense moet kommunikeer. “Treat others the way you want them to treat you”. - Burger van Namibië



Swak diens in Omaheke onderhoudskantoor. Die manne is agterstallig, hulle betaal glad nie in nie, die boeke word nie deurgekyk nie en die manne word nie genader nie. Ons soek hulp, ons soek wakker mense wat nie slaap nie. Minister, help ons.



John Fredericks dink ons is almal oningelig of dom wat betref Kaokoland en die Kunene. Ek het verlede jaar van Ruacana af al langs die Kunene gery tot by Epupavalle. Geen probleem. Nou maak hy of dit so erg is. Hy skrik net oningeligte mense wat daarheen wil ry af.



Jan van Skipbreuk: Dis my reg om te woon waar ek wil in Namibië, al is ek 100 jaar oud. Rowers en boewe hoort in die tronk. Wat is 'n troshuis anders as 'n tronk? Ek word toegesluit en skurke loop vry rond? - ACMC



Die donkie is baie veelsydig. Jy kan hom en van sy produkte rook, laat ploeg, as vervoer gebruik met waentjie, in sy koelte dut, ry, melk, eet en sy vel as kombers gebruik. Dr. Sem Shikongo besing donkievleis ook vir die maak van vleisbolletjies, kebabs, donkiewors en repies vleis. Etsé //îb ge!



Nou wat is julle dan sooo bekommerd oor die gemsbok? Julle saak is dan ook sooo stil. Julle het dan so baie hooi op jul vurke. Hou jou besig met dinge wat saak maak in die lewe. Ons regering is die beste vir my.



Ag, asseblief! Oor 'n gemsbok-saak? Dit is wel 'n dier en al, maar wat van die talle verkragtings, babastortings, moorde en stelery wat in die land aangaan? Bekommer jou liewers dat daar geregtigheid kom. Jy het seker nog nie iemand van jou so wreed verloor nie, so jy weet nie hoe voel dit nie.



Aan die persone wat so die Rehoboth-bankrowers se lof op Facebook besing. Foeitog! Weet julle wat, dit wys net julle het net so min tussen die ore as hulle. Want nie net het hulle nou 'n kriminele rekord nie, maar is ook nou werkloos. Bloedjonk en dom, dom, dom! Vandag se jongmense dink nie aan gevolge nie. Ats!



Hallo, Tobias. Ons kan nie praat van “world title” as ons Afrika-boksers gewen het nie. Is hulle regtig getoets en gereed vir grotes, broe'? Kyk mooi.

Okahandja-begraafplaas: Dit lyk soos na 'n bomontploffing, al die struike is uitgekap, 'n honderd jaar oue doringboom is uitgekap saam met sy wortels, die bankie daar onder was mos lankal weg, die klein kerkie kan hulle maar sloop, alles is verniel, geen krane, geen waterpunte, maar die dooie sipresse staan darem nog.



As die opposisie in Namibië soveel tande soos die opposisie in die RSA gehad het, was ons land lankal in 'n beter posisie as wat dit nou is. Jare gelede voor onafhanklikheid het opperhoofde en leiers brief op brief aan die Verenigde Nasies geskryf. Met die koms van Internet raak die klanke van stilte net nog stiller.



In verband met rekenings in Rehoboth. Gaan na alle leë erwe al is dit nie gediens. Stuur rekeninge uit, straf diegene wie vir buurman water gee en sien dis waar die regering se probleme lê. Dankie. - Pensioenaris



Waar kan ek tog geld leen? Ek soek 'n Harambee-bank wat my kan help. Wil werklose vroue sonder manne help.



The public monies is waisted on office buildings. Visit these buildings and feel the waist. E.g. the Labour Commissioners' Office in Khomasdal. The Equity Commission can move in there and share the building. That way the building will be fully occupied and also to save on rentals.



Ek stem saam oor die helikopters wat alewig oor ons woongebiede oefen! Dit is regtig steurend en gevaarlik, wat as hy val?



Pilchard collapse is man made. The Minister of Fisheries has been warned by experts that there is overfishing not climate change! He has been warned again and again that pilchards are depleted but no, quotas are handed out left right and centre. Blame the right problem again. Government will be responsible for job losses. Viva Harambee!



Government is splashing 100 million on a veterans leisure centre in Omusati and is planning to construct similar centres in all other regions of the country. Imagine the costs and this at a time when the country is bankrupt, health is in a mess, education a dismal failure and too little schools, 1 000s have no toilets and running water. Are they trying to buy the veterans silence for the Lubango atrocities?



Uranium TCL myn! Ons die ou werkers, ons sal daardie kriminele kry wat die surplus aangeraak het.



Weet jy dat mediese navorsing toon hierdie ink is gif vir die liggaam? En weet jy nie dat jou liggaam 'n tempel van God is nie?



Namibia let us learn from America before it is too late. We have been called many times to repentance, but have we? Our previous administrations like that of Obama departed from Gods ways. Look at our debt, look at our selfrighteousness calling good evil and evil good. We are no better. We are also full of idol worship Namibia let us return to to the God of Abraham, Isaac and Jacob. In Jesus Name.



On Friday night I was dropping off a friend of my daughter along Abraham Masego street and witnessed first hand how these residents in the vicinity of Tourist Bar are living in total moral decay. Please close this shebeen immediately and permanently. I'm sure most of our decision makers including yourself and Chief Kanime are not living in the same conditions. Where is the justice for these house owners?



Jy wat met Joos aangaan, gaan kerk toe en maak skoon jou brein. Bid vir jouself, gaan kerk toe en vergewe vir Joos. Etse.



Is tog op soek na iemand wat kan help met graad elf wiskunde, hoër graad.



My huishulp het my bankkaart wat ek sopas by my bank gekry het uit die koevert gesteel, die kode gememoriseer en al my geld uit my rekening onttrek. Ek het haar baba help grootmaak.



Ek soek dringend raad vir weeluise, het nooit gehad nie, nou wemel dit.



Ek het onlangs my bloed laat trek by Gochas-kliniek en tot my spyt is almal bewus van my status. Kan daar asb. plan gemaak word met die geheimelose werkers of lê hul dan geen “oath” af eers?



Ek het drie jaar terug ook so 'n hartvormige aartappel gesien op 'n aar­tappelland wat geoes word en het net daar besef Jesus is lief vir ons almal. Toe skryf ek op 'n kaartjie “ek laaik jou soos aartappels as jy naby is” en gee dit saam met die aartappel vir my vrou. God werk op snaakse maniere. - Poxy



SMS about North Korean staff. Take note heres' no Tin Tin Palace in Whk. There is a Tintenplatz in Whk which is also called the Government Gardens. Thank u. (Tintenplatz is also not Tin Tin Palace in English.)



Ek stem saam met die persoon wat sê oumense oor die 70 moet asb. nie alleen op plase woon nie en moet asb. nie bokke of enigiets verkoop nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!