SMSu2019e vir 14 April 2019
SMSu2019e vir 14 April 2019

SMS’e vir 14 April 2019

Dani Booysen
Psemas-bedrog! Reg, wys hul gesigte dat almal kan sien hoe lyk skelm mense sonder ‘n gewete. Verwyder hul uit hul poste en stel eerlike mense aan. Skaam julle dames!!

Ivoorsmokkelaar met N$30 000 beboet? Regtig? Flippen belaglik. Hy lag hom seker half dood. Hulle maak miljoene met die smokkel. Wanneer gaan ons regstelsel leer dat net swaar tronkstraf ‘n afskrikmiddel is? Of is hulle betrokke?

Ek sien op BBC dat China ook Rusland se woude stroop terwyl hulle hulle eie woude bewaar?

Kan die Maleisiërs wat in Okahandja wil belê asb. Rehoboth toe kom. Ek het grond en dis ook nie boetie-boetie konkelry die nie. Ek wag vir julle in Rhb.

Korrupsie sal nooit in Hardap uitsterf nie. Van die baie mense wat aansoek gedoen het vir matroneposte is dit net een wat suid na wes ge-interview word. Nie eens arme vroue wat in acting posisies is oorweeg nie. Die Governor is ook nie ‘n toevlug nie. Bernadus, kyk na korrupsie ook asb., want almal is kamma nou onskuldig.

Stem volkome saam met Kröhne. Kry vir Dave en Naude in om opleiding te kom gee. Dis nou om die wetstoepassers die know how te kom leer. Daarna sal selfs reserviste en beslis verkeerslui veel meer weet hoe om regtig die wet toe te pas. - Carollè

Volgens die Engelsman skuld Rehoboth NamWater N$2 miljoen en vir krag N$99,6 miljoen. Miss Goagoses het verlede jaar in ‘n vergadering genoem dat die skuld soos volg is: NamWater N$29 miljoen en vir krag N$84 miljoen en dat derdepartye gesamentlik miljoene skuld, so as jou syfers reg is, wat dink jy nou daarvan?

Brief “Dubbele standaarde oor die diereryk” verwys. Dankie dat jy dit verwoord wat 90% dink.

Namibians, is it fair that the lady who allegedly bumped my brother dead in a hit and run between Otjomuise and Khomasdal on 2 February 2019 are free on bail even before we laid his body to rest? Now she can work for her children to feed them and make sure they attend school. What about his 5 children? What about his parents that he was supporting? Is the justice system failing us or what? – Claudia Steenkamp

Ons pensioenarisse wat on Desember registreer het, het nog niks ontvang nie. Wat moet ons oor die Paasnaweek eet? Asb., Hage. Doen iets.

Soek sonkrag op Klein Karas. Kan die regering nie sonpanele op die plaas installeer nie en ‘n generator wanneer dit bewolk is? Sukkel baie.

Wil tog net vra of die droogtehulp nie na vyf sakke minimum kan verminder word nie. Almal kan nie tien sakke bekostig nie.

Sien in Republikein die artikel oor selfdood 2011 tot 2015 se syfers. Dit is 2019. Is daar nie statistieke van byvoorbeeld 2018 nie? (Die data was vervat in ‘n verslag wat in November 2018 gepubliseer is. Vars data is nie geredelik beskikbaar nie, maar ons sal navraag doen in die verband. – Redakteur)

Die meneer van Rehoboth wat so kla oor die diere in die strate, rapporteer dit en as die polisie nie dadelik reageer nie, skiet die diere. ‘n Vriend is jare gelede dood as gevolg van ‘n perd in die nag op die pad naby Rehoboth. Sy kind het nooit sy pa geken nie.

Namcor to manage the fuel storage facility themselves as they can’t find a partner? Another opportunity to loot a SOE unchecked? Nice going government. Bring the country to its knees as fast as u can. There is not much left anyway . . .

Dinosaurusse het uitgesterf omdat daar nie meer gras en blare was nie. Namibiërs het ten minste nog bos en bome.

Hoe sal ek die behuisingsprobleem oplos: Bou meer tronke. Helfte van die nasie kan daar woon. Voordele soos volg: 1. Dak oor die kop. 2. Bed verniet. 3. Drie etes per dag gratis. 4. Medies ingesluit gratis. 5. Geen belasting betaalbaar. 6. Water en krag gratis. 7. TV-lisensie gratis. 8. Geen vervoeronkostes. Glo daar is nog ander voordele.

‘n Gay vuur word tans in die media gestook. Onverkwiklike beterweterigheid vier hoogty - veral van die kant van die sg. skrifgeleerdes soos moderamen, dominees, doktore - uit die gereformeerde broeikaste (kweekskole). Van buite af word dit beskou as onchristelike vuil wasgoed in die openbaar uithang. Die skeur binne die NGK is daar vir almal om te sien. Op my jeans se broekspype is ook skeure en toiings, maar onthou dit is mode. – Pietrossie

Silias – ons hou van mense, maar ons is diereliefhebbers ook. Julle diere kan nie praat of vir die koerant skryf nie. As mens nie geld het om vir jouself kos te koop nie, moet mens nie diere aanhou nie. Dis wreed. Ek sê maar net.

Verwys na die berig in die Republikein gedateer 12 April rakende die witmossie. Ek, Koos Liebenberg, het die foto geneem en sien die voël daagliks waar die voël saam met ander gewone mossies kom kos soek. Die voël se geluid is soos ‘n mossie se geluid.

Joos Platt, geluk met jou 60ste verjaardag. Geniet dit. Nie maklik om dit te haal nie. Mag jy ‘n voorspoedige pensioenaris wees.

Het dameswintertruie. Skakel 081 616 5755.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!