SMS'e vir 14 Augustus 2020
SMS'e vir 14 Augustus 2020

SMS'e vir 14 Augustus 2020

". . . dag en nag fyn dophou . . ."
Mandy Rittmann
Die regering wil alle mense ophef en laat deel in die welvaart van ’n klein uitgelese groepie. Wat ’n edele en rein gedagte. Die probleem egter is, wie de duiwel gaan dan vir ons werk, as ons almal finansieël op die selfde vlak is? - SAP&H

Ministers en adjunkte in kwarantyn en selfisolasie? Mense, julle moet hulle dag en nag fyn dophou, dit is nie mense wat hulle steur aan wetlike bepalings nie.

Genl. Ndeitunga, as roekelose Covid-gedrag gekriminaliseer word, moet die Erongo-polisie heel eerste vervolg word, omdat hulle nie van die begin van inperkings die grondpaaie gesluit en beman het nie. Die huidige situasie in Windhoek en res van die land getuig van pligsversuim.

Are our government, ministers and employees taking a pay cut so that this money can be used at our State Hospitals? If not, they do not really care about those suffering from Covid.

Baie motors was gisteraand (Woensdag) uit die Suide op pad terug na Windhoek.

There are more deaths from cancer, malaria and car accidents than Covid-19 every month. What is the government doing to curb these?

Who can please tell our president that you cannot stop Corona by locking people up. It will spread anyway, get awake government.

Tanja, dankie vir jou hot flash artikel. Myne het net voor lockdown begin, dog ek het koors! Die ergste is die wakker word in nag. Jy is nie alleen nie!

Mnr. Willem de Wet, daai is waar wat jy daar noem en ou Swartbooi moet hulle sommer almal uitdaag.

Ja, julle binnelanders, hoe voel dit? Julle het mos gedink ons mense by die kus is melaats.

Wil tog weet: as jy jou plaasmense moet gaan kos gee, waar kry jy ’n permit?

Kan jy glo! NaTIS Walvisbaai was vir lang tydperke toe weens Covid-19. Toe moes jy afsprake per e-pos doen. Stomgeslaan dat ek nou rentes moet betaal, omdat dit laat is. N$708 het nou N$827 geword, asof die publiek die oorsaak van Covid-19 is. Rêrig?

Ek lees gereeld die rubriek van Godfrey Kleinhans oor onderwys. Dit is so jammer dat hy nie die idees openlik gepropageer en geproponeer het toe hy binne die situasie was nie. Dit herinner my aan persone soos Breyten Paulse, Chester Williams, Hershell Gibbs, Pieter de Villiers en vele ander. Toe hulle binne die Suid-Afrikaanse sportopset was, het hulle niks gesê oor dit wat verkeerd was nie. ’n Dienskneg mag mos nie sy meester kritiseer nie, dan gaan hy mos die binnevet (benefits) verloor.

Ek dink nie Republikein het die guts om SMS’e wat prontuit die waarheid praat, te plaas nie, maar kom ons probeer. HG, as enige van julle lockdown-besluite enige positiewe effek gehad het en wetenskaplik bewys is, sou ons dalk meer inskiklik gewees het. Geen lockdown, curfew of enige Covid-reël het nog die verspreiding gekeer nie. Jou plaaslike les is Walvisbaai. Julle toets nie in die Noorde nie. Ek wet jou dis vrot van Covid-19 daar. So vrot soos jou visstorie. Die kritiese syfer is bereik en hy sal soos ’n veldbrand versprei en homself op natuurlike wyse uitwoed. Jou planne is so magteloos soos hierdie vieslike vuil registers waarin ons almal moet inteken by winkels. Isoleer jou siekes en hou op om gesonde mense soos skurke te behandel. Jy kan nie die bitter water wat kom met jou teesiffiereëls keer nie.

’n Hond is en bly ’n hond, en ’n mens is en bly ’n mens. So asseblief, laat elkeen net in sy baan bly en daar sal geen probleem wees nie! Skoenmakerhou jou by jou les.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer