SMS'e vir 14 Desember 2016
SMS'e vir 14 Desember 2016

SMS'e vir 14 Desember 2016

“. . . die huis is nie in orde nie . . .”
Gerine Hoff
Educare debakel: Hoewel daar begrip mag wees, moes die stigters verby die geldmaak gekyk het en eers hul huiswerk gedoen het, Jy kan nie ’n tydelike noodmaatreël by staatskole waar kinders gratis skool gaan met jou vergelyk wat ’n private “gap” gesien het en waar ouers waarskynlik aansienlike fooie moet betaal nie. Jy kan nie met ongekwalifiseerde onnies kom nie. As jy jou uitgee vir ’n sekere standaard en dit nie lewer nie, is dit bedrog. Dankie aan die minister wat ouers en kinders teen uitbuiting beskerm.

Dis hoog tyd dat die minister van finansies antwoord gee oor al die vrae wat gevra word oor inkomstebelasting. Namibiërs is moeg daarvan om gemelk te word terwyl ander wegkom met skelm bedrywe en nie betaal nie.

So die boetes op boetes op belastingskuld gaan afgeskryf word. Hoeveel gaan werklik hierna werk maak om hulle agterstallige skuld te betaal? Sal interessant wees om te sien. Maar nie so interessant soos dit sal wees om te weet watter persentasie van die uitstaande belastinggeld deur die “upper class” en “senior political office bearers” verskuldig is nie.

The people are still waiting for publication of detailed total costs of Geingob and delegation of 88''s luxury travels!

Polisiekorrupsie het begin toe die gesoute polisiemanne die diens verlaat het. Bring hulle terug en korrupsie gaan verdwyn.

Kan nie glo ons polisie is die korrupste nie. Dis hoekom die Chinese sommer net so deur die skandeerders gaan. Nou verstaan ek hoekom generaal van ons polisie nie die pos by Interpol gekry het nie, want sy eie land se polisiemag is in ’n korrupte gemors, die huis is nie in orde nie. Hoe wil jy die wêreldmag regeer as jou land s’n nie in orde is nie.

Goverment kan nie sy skuld betaal nie. Wat ’n skande! Stop die buitelandse “luxury trips” en verkoop die Mercs wat die “Fat Cats” mee rondrits, dan sal daar geld wees om julle skuld te betaal. Nou gaan Namibia met ’n spoed agteruit. Zimbabwe, hier kom Namibia.

Ek wil net vra vir die wat so erg is oor drywers sonder rybewyse, want ek sê van elke 10 ongelukke wat plaasvind, is daar miskien net een drywer wat nie ’n rybewys het nie, en nege het wel rybewyse en meeste van die ongelukke op ons paaie word veroorsaak deur die bestuurders wat rybewyse het. Nou waar trek jy die streep?

Skuil agter kinders: Nie almal stel belang in daai onskuldige kind/ers nie. Weet van ’n pa wat nie onderhoud betaal of die ma help nie, nog minder tyd het vir die kind.

Swartbooi moet nie om verskoning vra nie, want hy praat die waarheid. President Hage, jy is nie wat ons verwag het nie.

Ek stem saam met vorige lesers. Hoekom moet “cde” Swartbooi verskoning vra vir die waarheid? Die allokering van plase in laasweek se koerant is bewys genoeg dat hy die waarheid praat. “Please”! Kyk na die feite. Hy praat, want ons soek by hom antwoorde.

Ons Namibiërs van die Suide is baie trots op die optrede en replieke wat mnr. Bernadus Swartbooi lewer. Ek wil u vra om nie terug te trek of verskoning te vra vir die waarhede wat u kwytgeraak het nie. Dit moes al lankal gebeur het! Ook wil ons vra dat deur u gepraat word oor die onregte wat gepleeg word in die kantore van die oudstryders wat onder die kantore val van mnre. Rahamise Kahamise en Jason Angula. Oudstryders word nie toegelaat om met hulle te praat nie. Ek sal bid en vertrou dat Bernadus Swartbooi ons altyd sal beskerm. Bravo!

Pres. Hage, ek verstaan nie die Harambee nie. In Freedom Square is dit net vir sekere mense. Asseblief, praat met Kandjii! Ons is almal mense. Genoeg is genoeg.

Namibia, ons moet net eerlik teenoor mekaar wees. Ons wil weet of die Chinese Namibia gekoop het. Hoekom is ons regering bang vir die Chinese? Hulle vernietig ons land. Laat hulle terug gaan China toe.

Die personeel van min. Finansies by “recovery” was nog altyd behulpsaam. Almal wat ek genader het, het aan my inligting verskaf vanaf rekenaar oor elke transaksie op rekeninge wat ek opgevolg het. Die lêers is nog daar. Jy moenie fout maak nie.

Ek het skaam vir my land gekry toe ek lees van Letitia Bouwer en Nathan. In Namibia doen ons dit mos nie aanmekaar nie. Lei sekuriteitswagte op om te onderskei tussen gewone troeteldiere en gidshonde. Julle skend Letitia se menseregte om as gewone mens te funksioneer. Dis al wat sy vra.

Ek stem saam met ons burgers van Namibia. Elke dag lees ons in die koerante van die skade wat die Chinese in ons land doen. Dit is geldwassery, ivoor stroop en dan neem hulle die brood uit Namibiese burgers se monde. Kyk om jou, hulle dop oral uit en is stadig-stadig besig om oor te neem. Wanneer ons dan wakker skrik, is van die mooi land waarvan almal praat niks oor nie en lyk dit soos China. Vuil en onhigiënies.

Lani van Swanib Cables, dankie vir jou vriendelikheid. Altyd lekker om by julle te koop en jy is so pragtig.

Hoe kan ons vir ons party DTA stem as ons leiers nie eerlik is nie? Ons hoor “Secretary General” skuld geld vir Walvisbaai-munisipaliteit wat hy nie wil terugbetaal nie.

Ek het ’n koerierdiens se afleweringsbus teëgekom wat uiters roekeloos bestuur het. By padblokkade het ek dit gerapporteer by verkeersoffisier. Die drywer het ’n N$3 000 boete gekry. Moet nie dat hierdie padvarke wegkom nie.

DTA e.a. politieke partye moet betyds kiesersbedrog aanspreek voor volgende verkiesing. Blykbaar kan “hackers” enige verkiesingsuitslag swaai!

Theo, sal dit moontlik wees dat jy my kan skakel asb. Groete Johan Gagiano

Ek het me. Christina Brandt gebore Gobabis se ID (71072500132) opgetel. Kontak my by 081 569 6917. Ek is in Windhoek.

Kan iemand vir my sê waar is Liz Blignaut, voorheen van Swakop? – Mariaan, 081 244 2170

Ek is op soek na hulp. Ek het so ’n maand terug ’n motor by my broer en skoonsus gekoop. Ek moes die geld inbetaal het in my skoonsus se rekening, maar omdat my vriend op pad was Okahandja toe, het ek sommer saamgery en die geld self gaan gee met 4 ander vriende. Daar was geen papiere geteken nie. Nou kry ek nie die kar nie en die mense antwoord geen fone nie. Tot my ma en susters weet ek moes die motor gaan koop het. Kan ’n mens saak maak of wat maak ek nou? 081 659 4815

Ek is op soek na my hond wat weg is. Hy is ’n wit en swart “pitbull”. Hy’s amper 2 jaar oud en reageer op die naam Kaino. As enig iemand enige informasie oor hom het, skakel my asb. op 081 793 6537. Die persoon wat gepraat het van die smokkelhuise wat honde met toue vasmaak in die kombuis. Kan jy my asb. kontak?

Stem 100% saam. Alle Chinese uit Namibië. Hulle steel ons mense se werk en hulle het absoluut geen gevoel vir enige dier, wild of mak. 2017 sou ’n beter jaar vir Namibië wees sonder Chinese.

Waardering gaan aan sr. Susan Schroeder Okongaurri, Otjiwarongo. Dankie vir wie u is, dankie vir die glimlag, vriendelikheid, omgee. Jy is die woord “nurse” werd. Moet nie verander nie asb. Me. Beukes die “manager”, dankie dat u so ’n moeder is vir ons. Dankie vir u omgee en sagte stem. Saam maak jul ’n gedugte span. Dr. Raath, dr. Ina en dr. Beukes. Dankie vir sulke “staff”. Geseënde Kersfees. Sr. Susan, hoop om u gou weer te sien. Mnr. JP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!