SMS'e vir 14 Desember 2018
". . . kondome is gratis."
Lt.genl. Ndeitunga, ek is bly u pleit vir u polisie. Hulle verdien al ons ondersteuning en die beste leefbare voordele! As hulle dit kry, sal u beter personeel kry en ook van die luigatte ontslae kan raak. Geseënde Kersfees toegewens. - D Potgieter
Defence budget for current year is 6 billion, plus 124.5 million? Parliament wants increased budget? Kanyele: to buy modern weapons to defend our country? Against which enemy? Defence has no transparency or accountability, why not? Screams of nest of corruption! The people have a right to know, make them accountable for every cent!
Papgeld: Dit is nie net manne wat skuldig is nie, ons vrouens ook. Voorbehoed en kondome is gratis. Ons leer daagliks in skole, koerante en bylae oor gesinsbeplanning en nog steeds kry ons kinders. So, as jy dom is . . .
Plunderwoude: Behalwe die lisensies wat omgewingsertifikate het, is daar nog 500 permithouers wat sonder sertifikaat plunder? Ja-nee, dit is koebaai woude van Namibië, hallo woestyn! Die onbewustheid van ministers en beamptes van hul mandaat in hierdie land is ongelooflik. Hoofsaak: almal stop hul sakke vol, word ryk en geen worries of gewete oor die toekoms nie. Arme Namibië!
Houtplundery in Namibië: Sien koerante en ministerie van landbou praat van onwettige kap en handel in hout, sonder omgewingsklaringsertifikate in Zambezi- en Kavangostreke. Asseblief, moet nie die Otjizondjupastreek vergeet nie. Wat van permitte wat uitgereik word deur die departement van bosbou daar in die Tsumkwe-kiesafdeling, daar waar die San-mense bly, of maak dit nie saak nie?
Nie bedoel om te veralgemeen nie. Liewe huurder wat hou van tee, kom betaal tog asseblief eers jou agterstallige huur voor die huurbeheerraad oorneem. As ek belasting moet betaal, moet jy ook eers betaal. Belasting waarvan jy niks sal kry nie. Ai julle! – Opgesukkel
Mnr. Namandje steur hom nie aan dom kritiek nie. Daar bestaan nie iets soos dom kritiek nie. Daar is slegs dom mense, wat nie op kritiek reageer nie.
Mense gaan daagliks dood op die paaie as gevolg van rondloperdiere en die regering is heeltemal te slap om wetgewing in te stel om dit te verhoed!
Otjiwarongo ongeluk: 1 Bees = 3 lewens.
Telecom Namibia, hoe kan julle kliënte wie se rekeninge op datum is sommer afsny? Net nog ’n spyker in julle kis.
Ek het in Walvisbaai in 'n winkel gegly en geval op ’n nat vloer, waar daar ook nie ’n waarskuwingsbord op die vloer was nie. Ek het by Legal Aid aansoek gedoen vir regshulp, maar hulle sê hul kan my nie help nie, want my saak het nie meriete nie. Ek wil net weet, watse meriete moet ek hê as ek in die winkel geval het. Help my asseblief reg, as ek verkeerd is.
Tot my skok is ek vandag deur ’n sekere meneer by Social Security gevloek. Sies, skaam jou! Jy hoort nie in ’n kantoor nie.
Tommy Jarman begrafnisdienste en spesiale dank aan mnr. Marchello vir die vriendelike wyse waarop jy ons kon help met die reëlings om ons geliefde met alle eerbied tot ruste te lê. Jou vriendelikheid en bystand het vir ons so baie beteken. Baie dankie Jarman, baie dankie Marchello. Jy is ’n ster.
Los die dogtertjie uit by die werk. Sy doen ten minste haar werk. Dieselfde kan nie van jul twee gesê word nie.
Die SMS van Santie en Charlene klink vir my soos twee suur sonskynsusters wat lyk soos dogtertjies met twee "pony tails" wat die heeldag sit en skinder.
MultiChoice, wanneer kry Namibië BBC Earth?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie