SMS'e vir 14 Desember 2020
“. . . ons dan beskerm . . .”
Nou hoor ek oor die nuus dat doktor, sy eksellensie Geingob sê dat Namibië se ambassadeurs in die buiteland daarop moet konsentreer om Namibië se beeld te versterk sodat hulle in ons bankrot-gesteelde land moet belê. Die manne wie jy wil hê moet in ons bankrot landjie belê, het al van besigheid vergeet wat jy en jou comrades nog moet leer.
Wanneer sal Hardap Regional Council se tenderraad se korrupsie eindig? Jaar in en jaar uit is dit dieselfde mense wat vaste werke het en by die Regional Council boutenders ontvang. Wat van die bouers wat uit die bouwerk hulle brood verdien? Julle vat mense se brood uit hulle mond!
Let us remind ECN. Elections are over and also the terms of the Chairperson and Commissioners are at the end. The Chairperson must respect the Electoral Act and not again apply. She and one Commissioner stayed too long. Please advertise positions for new Commissioners.
Antwoord op “ek boikot winkels wat my pla oor maskers”: Asseblief, asseblief, boikot jy maar die winkels. Ons, die winkels se ander klante, wil graag dat mense soos jy wegbly van die winkels af. Ten minste is ons dan beskerm teen mense soos jy. Maskers beskerm mense rondom jou.
Dr. Kalumbi Shangula, you have caused our country considerable damage financially and economically with the handling of the Corona virus. More people are dying daily because of car accidents. That should be the concern and not the handful that died of the Corona virus. Also, as little as underpants can prevent the smell of a fart, can the wearing of face masks prevent the spread of the virus. You guys should have learnt from the Tanzanian president who followed his own head to keep the economy of his country intact and the well being of his people.
Op mediese gebied sal ons kan saamstem, maar op politieke gebied sal ons altyd verskil. Dis daarom dat Andries Potgieter Transvaal toe getrek het en Gerrit Maritz en sy mense na Natal toe getrek het. Om darem ook 'n veldbrand met 'n pandemie te vergelyk, is bietjie vergesog en boonop moet Trump die blaam dra omdat hy nie die onsigbare virus kon keer nie. En China word misgekyk in die proses! Die Trump-administrasie het darem 9 miljard US dollar beskikbaar gestel sodat Phizer in 'n rekordtyd 'n entstof kon ontwikkel. Dankbaar daarvoor Trump!
As pres. Trump verantwoordelik is vir Covid-sterftes in Amerika, wie is verantwoordelik vir die sterftes in die res van die wêreld? Ook Trump? Hou tog op om sinnelose uitsprake te maak.
Soek graag 'n verduideliking oor ons coronatoetse. Toetse was gedoen op 7 Desember. Die 10de gebel om uitslag te kry, toe vertel hulle die dokter het die toets gekanselleer. Nou wil ek weet word dit maar net so gekanselleer as hulle so voel? Ons hele huishouding was omvergewerp omdat van ons tydelik uit die huis moes gaan en iewers anders gaan woon. Dis nou Vrydag, nou sê hulle die uitslae sal môre bekend wees. Nou verstaan ek hoekom mense moedeloos raak en net normaal aangaan. Die soort diens is pateties.
Wat word van Tsumeb se stoptekens? Steel iemand hulle? Sommige is al maande lank weg. Is dit nie die verkeersafdeling se werk om tydens hulle patrollies dit te rapporteer en seker te maak dat hulle vervang word nie?
Ag nee Republikein. Dis vandag (Woensdag) weer net reklame in die koerant terwyl daar genoeg nuus daar buite is. Ek dink nou net aan die motorongelukke die afgelope 24 uur. Sou 'n beter waarskuwing wees vir die Kersseisoen as al die goeie pryse op drank in die advertensies wat julle koerant so dik maak.
Kan iemand 'n bevredigende opklaring vir die woord sielsaligheid (soulsalvation) gee? Dis nie beskikbaar in die WAT se Afrikaanse taal. – Sedney
Mediclinic in Erospark, baie dankie. Die vriendelikste personeel deur die bank.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie