SMS'e vir 14 Februarie 2017
SMS'e vir 14 Februarie 2017

SMS'e vir 14 Februarie 2017

“. . . dis ’n geval van vure probeer doodslaan . . .”
Gerine Hoff
Huang se vriendskap met pres. Geingob is beslis sterker as wat hy voorgee. Wat hy sê is maar 'n geval van vure probeer doodslaan. Geingob maak ook nie meer dieselfde geluide as toe hy pas president geword het nie. Robert Mugabe is nie verniet sy "idol" nie.



Ek stem 110% saam met Abes dat min. Shaningwa hof toe gevat word, want sy is net so korrup. Groetnis. Great Uncle RHB.



NamWater kan so maklik water sny as Rehoboth wanbetaal, maar die kwaliteit van die water is sleg. Dit ruik na plantgif en is soms bruin. Doen iets.



AA&EEC, los tog maar die SA burgers met "jobs" in Namibië uit. Hulle is min in vergelyking met al die ander onwettige mense in ons land. Hulle is geleerd en verdien tien teen een die werk. Dis nie onregverdig as die beste man vir die "job" die werk kry nie. As ons so geleerd met ondervinding is en ons kry nie werk nie, gaan kla by ACC, want dis "corruption". Los die geleerdes uit, ten minste word daar dan goeie werk gedoen.



Berigte doen die ronde dat die burgermeester en die minister se man die tender vir die nuwe skool op Hardap sal kry en die tender is nog nie eers behoorlik adverteer nie. ACC asseblief, hou hierdie tenderproses as dit uitkom met groot valkoë dop.



Die regering betaal nou aan niemand sy skuld nie. Dit dwing heelparty besighede om van sy mense af te lê of geheel en al toe te maak. Die ekonomie kom amper tot stilstand. Is dit 'n ander vorm van NEEEF wat besig is om sy kop uit te steek?



Damara/Nama radio. Salad //Hoeseb: Ons/julle het 'n omroeper duisend verloor. Sterkte aan die familie en kollegas en almal wat geraak is. Laat hy in vrede rus. Ek sal hom onthou as daai nederige, behulpsame sagmoedige mens. #Nuses



Ettebab se brief,13/2. Dis 100% waarheid, beste oplossing! Vat tog u brief sélf in na Pres. Geingob, dan ook afskrifte vir die eerste minister, landbouminister en mnr. Tom Alweendo by "National Planning Commission".



Jan van Wyk, die grond waarop ons sit behoort aan "town council". Ons is almal onwettige plakkers in Burgershoek. Niemand het 'n aktebewys nie, so moenie mense rondstuur vir kolleksie nie. Ons behoort nie almal aan UPM nie. Jy "pay" genoeg by die "government".



Namibië moet begin leer om nie Chinese te vertrou nie. Hulle wil nou ook in die see ingaan. My Heiland, Namibië, word net wakker! Ons diere is klaar, nou die visse. Tom



Ridiculous! Chinese guesthouse? Who are you trying to fool? These massages that you offer should be made illegal! The things you offer don't belong in a God fearing country like Namibia. It seems that GRN should really step up and realise we're losing our moral country along with our animals. Sad.



SMS van Maandag 12/2/2017 wat sê die Namas, Hereros, Basters en Damaras moet bewys grond het aan hulle behoort. Voor die huidige regering, SA koloniale regering en die Duitse koloniale regering en hul setlaars hier aangekom het, was daar al ander mense op die grond wat hulle afgevat het. So hulle sal vir jou kan sê wie was hier voor hulle die grond afgeneem het.



Ek dink skoolrade het baie seggenskap. Hulle moet net nie met administrasie inmeng nie. Mens kry skoolhoofde wat bo-oor skoolrade werk en nie skoolrade respekteer nie, en alles word deur die voorsitter gedoen en skoolhoofde mag tjeks links en regs teken sonder die voorsitter se wete.



Is dit waar dat die kai//kaun tradisionele owerheid op Hoachanas viskwotas het, maar net die familie eet die geld terwyl die volk geen voordeel daaruit trek nie.



Die hysbak en roltrappe in die Grove Mall van Khomasdal bly stukkend. Die roltrap wat na die boonste vloere toe gaan is al vir meer as 'n jaar buite werking. Dis regtig baie ongemaklik vir my as 'n senior burger om die trappe te klim. Kan die bestuur dan nie iets daaraan doen nie?



Ek stem volkome saam met die persoon wat oor die privaat sektor kla! Die regering moet asseblief ondersoek instel, want die Suid-Afrikaners maak wat hulle wil. Die Suid-Afrikaners kom werk in Namibië met Suid-Afrika se wette en verdruk ons Namibiërs met rassisme.



Die Labour Act sê na 30 jare diens moet werkers van grond voorsien word, of geld dit net vir blanke plaasboere op "government"-plase?



Rehoboth se skole wil net Kaap toe toer, terwyl ons land so 'n mooi plek is en die onkostes Kaap toe is baie - veral vir die enkelouers. Die lewe het "gechange". In vandag se lewe kan baie van ons dit nie maak nie, al wil jy hoe graag.



Kan iemand dalk sê waar in WHK kan ek Smurfie-poppies te koop kry?



Ek soek tog die man wat laas jaar perde verkoop het se nommer - nie vir slag nie. Advertensie was in die koerant.



SA Regering lê minimumloon van N$20 per uur vas. Dit sal oorwaai na Namibië soos altyd. Nou my vraag: As daar nou geglo word dis hoe dit moet werk vir mense, wat dan van oumense se pensioengeldjie? Is hulle nie ook mense nie? SAP&H



Mnr. Groenewald, dit word nou vier jaar wat die NHE-huise nie klaar gebou is nie. Wanneer kry ons retensiegeld, of is dit ook vir die voëls?



SA scandal about 94 mentally challenged patients dying of neglect, starvation, abuse, horrendous conditions, and conditions in state institutions and hospitals in general. Many heads will roll and be prosecuted. This should be a wake-up call for the Namibian Ministry of Health and the sorry state and service of government hospitals and institutions. Horrendous stories about these have been published time and again. Why do the president, ministers and officials not use their own facilities?



African leaders, most corrupt in the universe . . . And they don't even know it.



Dis skokkend om te sien dat sommige mans so onbeskof teenoor vrouens is. Hulle vloek lelik voor hul kinders omdat die vrou nie wil ry soos hy wil hê nie. Laat mens net wonder: is dít hoe hy alle vrouens in sy lewe behandel? Wonder hoe sal hy voel as sy ma, suster, vrou of “girlfriend” so gevloek word.



Here, vergewe Namibië. Dié kant is geld klaar, dié kant is fosfaat, “struggle kids”, grondprobleme en korrupsie van geld wat gesteel word.



Gochas se polisie ken net dronk op straat, dis al saak wat hulle aan kan werk, nie ander nie. Hulle kort opleiding, rêrig.



Vir N$6 is julle koerant te dun, min nuus.



MTC, your service in Usakos is extremely poor. Whether you have a Netman or WiFi, internet connection is on-off, on-off. It's more off than on.



Skuld maak is onnodig. Betaal elke maand eers jou lopende uitgawes soos huur, water en elektrisiteit en hou genoeg vir vervoer en selfoonkrediet. Dan koop jy kos, en as daar niks oorbly nie, koop jy niks meer nie. Dit vat bietjie selfbeheersing, maar dít is darem gratis. As jy iets ekstra nodig het, spaar daarvoor. Dit vat lank, maar teen die tyd dat jy klaar gespaar het, vind jy uit jy het dit nie so nodig nie en jy bespaar 'n groot klomp geld op rente.



How is it possible that the tax returns submitted to the receiver of revenue in Windhoek in August 2016 has not been entered as received on the computer? Is the director of inland revenue aware of this situation? Even if we bring copies of the returns, nobody bothers to enter them.



GRN 4320 word elke dag gebruik vanaf Westdene, Keetmanshoop na die werk, asook tydens etensure. Word ook Sondae gebruik om familie kerk toe te neem. Ek is seker die ­amptenaar ontvang 'n vervoertoelaag elke maand. Is dit nie korrupsie nie?



Will net baie graag dankie sê aan Rolandi Meyer van FNB Lüderitz-tak. Jou diens is “spectacular”. Jy's 'n ster. Jy's die beste! – Jennifer



Waar kan ek 'n nagmaal­bedieningstel koop?



Ek wonder wat gebeur met die man van Witvlei wat gevang is met die vleis en op borgtog uit is, toe word hy weer gevang. Wat gebeur noudat hy sit? So kan dit nie aangaan nie. Hy moet tronkstraf kry.



Telecom, why is your ADSL network so slow? We reported the slow speed two weeks ago and still on the slow snail speed. If we don't pay you cut the lines, however we need the speed to be fast for what we pay. Please, someone must do something about the speed.



Dit gaan my verstand te bowe dat regering nie geld het nie, maar ek lees in verlede week se koerant die B2Gold mine spoeg goud en geld. So geld gaan seker na "fat cats" se sakke toe. Great uncle, RHB



Voorstel: Kom ons hou in Afrika 'n opvoedingswerkswinkel, drie weke 'n maand vir een jaar lank vir almal. Dalk net mag dit miskien gedrag, geweld, bedrog en morele waardes aanspreek. As dit nie werk, doen ons dit vir twee jaar ensovoorts! SAP&H



Wil tog net weet, wie is die persoon in Windhoek wat meubels maak uit pallete?



Onthou dat geen persoon wat nou werk verrig as 'n reservis en/of buurtwaglid, enige professionele opleiding by 'n kollege of registreerde opleidingskool, in sake van wat hulle doen ondergaan het nie. Behalwe in die geval waar diesulkes drie jaar en langer weermaglede of polisiemanne was. Sors



Het die regering al wakkergeskrik die jaar om nie die Wintertyd tydomsetting in te stel nie en liewer Somertyd as standaard te hou?



Surpluslede: Staan op! Hoe lank moet ons belieg word! Staan op lat ons veg vir wat ons toe kom! Staan op!



Biskop van ELK, raak ernstig op u pos. Die sekuriteit wat die gebou van Keetmanshoop op pas bly net by die plaas met kattekwaad maar pay dag sien 'n mens hom in die dorp soos ene wat die hele maand gewerk het, waar daar soveel werklose mense lê. Dis mos korrupsie. Ek hoop u werk daaraan laat hy by sy werk bly en net nie gaan pay nie. Hy is besig om die kerk besteel?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!