SMS'e vir 14 Februarie 2018
“. . .vir ons krotte gebring.”
Geagte meneer die President. Hoe lank nog gaan die stropery van wild en beeste aanhou en ook die plaasmoorde? Wil ons polisiemag dit nie hanteer nie of kan hulle nie? Neem boere reg in eie hande om die skelms te vang, gebeur dinge soos met mnr. Kai Rust wat nou in die tronk sit. Om dit mooi te stel, die polisie was te sleg om hulle werk te doen. Mnr. Hage Geingob, geagte President, groot asseblief laat kyk na hierdie probleme. Baie dankie. - Fanie
Namibië het vir ons krotte gebring. Die treine staan sonder diesel op spore, die hospitale het nie medisyne nie, maar wel baie kakkerlakke, skool word onder bome gehou, koshuise het verval, die plafonne hang in die kamers. Suidwes het vir ons gratis skryfbehoeftes en handboeke vanaf Sub A tot standerd 10 verskaf. Namibië het net apartheid afgeskaf en die straatkinders opgelewer. Daar is geen wette nie. Kyk na die motorongelukke veroorsaak deur gekoopte bestuurderslisensies. Alles het agteruit gegaan!
Moet ons vir Werner Januarie lag of ween? Hoër tariewe om taxi's se onwettighede te befonds! Net julle gerief moet tel, wat van wetsgehoorsames se gerief en regte? Verkeershoof moet kom en moet ons regulasies streng toepas!
Ek het ook al gewonder hoekom hulle nie die beeste en bokke langs die pad slag en laai nie. Dis mos by die pad en veel makliker as om in iemand se grond te ry, drade te knip, ens. Dalk hou hulle van die adrenalien "rush"!
Kan ons nie die mensvreterleeus gebruik om renosters te beskerm nie? “Live by the sword - die by the sword.”
Ek wens ek kon vir al die wild op die wildsplaas wat nou gekoop is 'n heenkome kry. Nou gaan ons geweerskote hoor klap en alles wat leef van die grootste tot 'n muis gaan afgemaai word. Gaan oor 'n jaar en gaan kyk hoe lyk die spogplaas dan. Soek liewer na 'n plek in die diepsee waar 'n tronk opgerig kan word om moordenaars en verkragters van oumense tot babas gebêre kan word waar hulle nie kan ontsnap en weer moor en verkrag nie. Ek wens niemand dit toe om die liggame van hul vermoorde ouers te gaan uitken nie.
ACC, kom asseblief Keetmanshoop munisipaliteit toe! Korrupsie vier hoogty met tenders en aanstellings. Die amptenare is almal korrup.
“Confused!” Hoe word "vrywillig" deur sommige skole in Windhoek verstaan. Ouers moet alles (geld, skooldrag, toiletpapier, "copy paper") neersit voor kind in die klas gaan sit. Weet die direkteure en almal bo die skoolhoofde as dit die sekretaresse is en dat armige ouers so behandel word. Sommiges sukkel reeds om brood op tafel te sit. Volgende keer noem ek die skole.
Mense kom ons staan op. Ons beeste wat dragtig is, word geslag. Dit is aan die onderkant van die Visrivier, naby Rouplaas. Die plek se naam is "laat ek jou nie sien nie". Ons tradisionele raadslede moet opstaan en vir ons help.
Die draai op Snymansirkel by Club Kings, Saterdagnammidag het ’n wit Amarok-bakkie en blou X5 BMW (julle weet wie julle is) amper my kleinkind dood gery. Julle dae is getel. Mens ry nie so in die dorp nie.
Wat is die bohaai oor plastieksakkies wat moet gestop word in winkels. Wat van weggooi-babadoeke, verpakking van vleis en groente, koeke, biskuitjies en die lys gaan aan. Verander dit liewer na papier!
Jy kan met ’n 1 000 opgevoede kinders in een klas sit, geen probleme, want hulle is opgevoed. Maar net een onopgevoede kind maak die lewe vir jou moeilik. As jy opgevoed is, kan jy jou in alle situasies handhaaf.
Kyk asseblief na die kinder “pay” op Hoachanas, want dis te erg. As sommige vir kinders “pay”, is dit reguit sjebiens toe, terwyl kinders nie eens 'n stokkielekker kry nie. Dis ’n skande!
As jy jou land se geskiedenis geken het, sou jy beslis geweet het dat Jonker Afrikaner die grootste moordenaar ooit in hierdie land was. Herero’s en Namas het oor grense heen gevlug om hom te ontkom.
Die dame wat sonder toestemming dokumente uit ’n kantoor in Rehoboth geneem het, bring dit asseblief terug. Ek weet van jou, jy gaan probleme kry.
Rukoro, sien jy dalk of die res van die wêreld aanspraak maak op vergoeding by Duitsland, veral na altwee wêreldoorloë? Beweeg vorentoe, want die res van die wêreld het. Vergoeding is nie die oplossing nie; eerder om die verlede te vergewe en vorentoe te kyk.
Die taxi's se probleme word aangehoor en eise word gestel. Dring sommer aan op behoorlike oplaaiplekke in plaas van besige strate en straathoeke waar passasiers saamkoek en verwag dat almal vir hulle behoeftes moet stilhou. Die landsekonomie ly onder hierdie selfsugtige, onnadenkende verkeersknope.
Net jammer ou Tra la la se “scoreboard” is verkeerdom. Is in elk geval te blind om die “scoreboard” te lees, so dit speel in elk geval nie ’n rol nie.
Namibië se paaie is 'n voorbeeld? Kennelik het die mense nog nie in Etosha rondgery nie.
Mag maatskappye aan hul werknemers hul verlofdae verkoop terwyl werknemers nog in hul diens is?
Geagte lesers. Hiermee wil ek tog net vra. Ons soek tog ’n rolstoel wat u nie meer gebruik nie vir ’n kind. Asseblief, die Here sal u seën. – 081 698 4657
Ek is tog op soek na Niklaas Anduha Baisako Hanse in verband met sy kind. Hy bly in Windhoek en hy weet waar het hy die kind gelos. Die kind gaan nou ook skool, asseblief.
Ek soek tog dringend raad vir maagswere. Het als probeer. Moedeloos!
Iemand soek ou koerante. Kontak my by 081 208 3012

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie