SMS'e vir 14 Februarie 2019
SMS'e vir 14 Februarie 2019

SMS'e vir 14 Februarie 2019

". . . bloot 'n illusie."
Mandy Rittmann
Damaraland se ontdekking oor 280 miljoen jaar gelede is nie wetenskaplike bewyse nie, maar is bloot ’n illusie. Die Bybelse vloed en 7 000 jaar oud lewer baie meer vaste bewyse op en maak meer sin uit.

Suid-Afrika gaan ministers verminder om koste te bespaar. Ek hoop Namibië verminder sy ministers met die helfte.

Hoeveel geld gaan dit nou weer die belastingbetalers kos om beroepsopleiding- (tegniese) vakke in te stel? Eis die geld van die destydse minister van onderwys (Nahas Angula), wat die ondeurdagte besluit geneem het. Die land se mense moet asseblief praat as daar dom besluite geneem word, wat ons kinders word geraak.

Environment minister Shifeta. Please note that the permits you are handling out to harvest wood destroy 100s of years old trees and the forests are protected. If they are protected by law, why are you allowing any harvesting at all? Why have laws if the government that makes them, flouts them ? Shame on you.

Kan meneer Max Siedentopf asseblief openlik confirm of hy sy Afrika-lied rusversteurende work of art uit die woestyn verwyder het. Ons wil weet!

Los tog vir Max Siedentopf en sy projek. Hy het integriteit en sal agter hom opruim. Ry so bietjie die woestyn in en kyk hoe lyk die woestyn. Besaai van papiere en sakke. Laat plekke soos supermarkte met sakkegeld die woestyn begin skoonmaak. Dit sal baie meer help.

Stampriet-polisie, wanneer wil julle julle se werk doen. Ry rond vir niks en dan is die kar kamma stukkend as hulle dringend gesoek word. Ek wens die president besoek Stampriet en laat loop julle op ’n streep. Og aarde dis erg!

Ek ’n Swapo comrade doen ek beroep op die topleierskap van die Swapo-party om op die grond ondersoek in te kom doen oor raadslede se dronkenskap en doendinge. Dit help nie om SMS'e te stuur na koerante toe. Ons is moeg van raadslede en die verkiesing kom aan!

Aan die ministerie van werke en ministerie verantwoordelik. Die GRN-huise op Karasburg. Daar is mense wat afgetree het, daar is mense wat bedank het, daar is mense wat nie meer vir die staat werk, daar is mense wat nie eens die 6% huur betaal nie en van hulle bly in die staatshuise. Daar is mense wat behuising soek. Waar trek mens nou die streep? As die regering al hierdie agterstallige gelde kan inkry, sal dit mos ook darem ’n druppel in die emmer wees. Kan die regering dan nie iets doen nie? Vra maar net.

My bank is kwaad vir my. As ek voorheen hulle webblad verlaat, het hulle gesê: “Log out”. Nou sê hulle sommer “log off”.

Ek wil weet hoe gaan ’n ouer (ma) by 'n laerskool en gaan klap ’n graad 4-leerling by die skool. Ek kan dit nie glo nie. My kind het my van die voorval vertel en niks gebeur met die moeder nie. Is sy normaal of is daar iets fout met haar? Glo my, ek sal haar dieselfde klap gee wat sy my kind gegee het, as dit my kind moes gewees het. Sy moet vir haar porseleinpoppe iewers anders skool kry.

Is daar enigiemand wat kan sê by wie lê mens ’n klagte oor ’n onwettige skool in Cimbebasia?

Alle ouers wie se kinders “home”-skool bywoon, vra hulle of daar ooit enige hulp van die skool se kant is, want hulle vat net geld en help nie die kinders nie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer