SMS'e vir 14 Februarie 2020
SMS'e vir 14 Februarie 2020

SMS'e vir 14 Februarie 2020

"Ek weier . . ."
Mandy Rittmann
Genoeg is genoeg! Beide dr. Itula en al die ander partye wat weereens dreig met hofsake rakende die 2019 verkiesing moet nou daarmee ophou en hulle begin toespits op wyses om uitvoering te gee aan hulle verkiesingsbeloftes, soos bv. ekonomiese bemagtiging, behuising, korrupsie, misdaad, onderwys, gesondheidsdienste, ens. ens. Verder wil ek graag weet hoeveel van die regskostes rondom hierdie hofsake deur die belastingbetalers gedra gaan word. Ek weier dat my geld daarvoor aangewend word! - A Marais

Dr. Panduleni Itula, ek moet jou gelukwens. Jy is ’n ware son of the soil. Ek ondersteun jou 100%. Gaan hof toe, net soos die minister ’n halwe wet geïmplimenteer het, het die hof ook ’n halwe uitspraak gelewer deur te erken dat die gebruik van die masjiene onwettig is, maar die uitslag van dieselfde masjiene is aanvaarbaar. Dink hulle ons is onnosel? Elke kieser in hierdie land was daardeur benadeel. Baklei, Itula, baklei. Die Here sal jou seën.

Ek wonder of ons nie maar die geld vir die Valentynsblomme en geskenke vir die droogtehulp se behoewendes gee nie. Vir my is dit net ’n geldmaakbesigheid. Is daar dalk ’n rekeningnommer waar ons ’n geldjie kan inbetaal?

Mag die water wat aan die Hardapboere beskikbaar gestel word uitkoms vir hulle bring. Terselfdertyd bid ons vir boere op plase waar die droogte steeds lyding bring.

Ek wens jou alle sterkte toe en jou familie ook. Jesus is onskuldig aan die Kruis gehang en het gesterwe, maar hy het die wêreld oorwin. Hou goeie moed, buurman.

Weet iemand of daar nog vanjaar uitspraak sal kom in die aansoek of medisyne wat kodeïen bevat op voorskrif verkry moet word? Ons lede kan nie elke keer vir ’n doktersbesoek betaal om ordentlike pynmedikasie te kry nie.

Okahandja, hoekom pop daar om elke draai ’n privaatskool en ’n pre-primary skool op? Weet die Ministry of Education of al die skole geregistreer is? Ons dorp is te klein vir al die skole. Ek was nou die dag met my kind by een van die skole en hul kon my nie ’n registrasie wys nie. Net ’n vraag, dus.

CoW, ek kan nie verstaan nie. Kry geen rekeninge per e-pos, rekeninge word dan ook nie gepos nie? As ons navraag doen, dan moet ons NS30 betaal. Wat gaan aan? Sit daar mense wat nie hulle werk doen nie?

SMS wat beweer daar is mense is wat sonder die staatspensioen sal kan regkom. En dit vir droogtehulp! Die hele land is in sy dinges in, waaroor worry oor droogte?

Liewe Heer, wees elke Namibiër genadig. Geen werksgeleenthede nie. Besighede maak toe as gevolg van die ekonomie. Mense verloor hul huise, voertuie en al hul besittings. Prokureurs en banke het nie ’n oor om te luister nie en niemand het geld nie. Boere het nie meer diere in die kraal nie. Waarheen is ons op pad?

“Parasites” vereer met vier Grammy’s. Wat van ons Fishrot-pes? En nou ook Kongokoors? Die draers is deurgaans bosluise, wat tot die laaste druppeltjies bloed sal uitsuig. Nou net gelees: Bosluise dra die virus vir lang tye. Bosluise dra viruseiers oor aan die volgende geslag. Tweepostige bosluise kom ook voor – van Ysland tot in die Namibiese parlement. – Pietrossi

Wat het die hond met jou tradisie te doen? Die hond kan hom nie self verdedig nie.

Munisipale voertuig nommer W 2435 M, om 11:00 nog by sy woonplek in Elisenheim geparkeer. Dit is ’n Maandagoggend en dit is ’n ou gewoonte. Dit is mos byna soos Fishrot! - Pietrossi

Johan van Hardap, vertel my hoe Otjiwarongo of Kamanjab bestaan. Jy praat Hardaptwak man!

Aan die erge hoë misdaad en temperature in onse land Namibië is onse mense nou al gewoond en dit ontstel ons nie meer regtig nie. - Jantjies Wetimer

Swapo you better get rid off these retired generals who want to fire us, the old ex-combatant guards of NPS! We will fight them and that will demolish the company.

Dis so ’n groot jammerte dat daar weer hostelposte geadverteer is voor daar nie ’n nuwe Governor is nie. Selfs die HR praat dat almal wat daar werk mense die poste gee, maar die Governor help nie almal nie. Dis mos korrupsie. Pas op dat Bernardt Esau se dag nie daar kom nie.

"Diens in Namibië" verwysend na Dewet Botes se skrywe. Ek het al gedink die president moet onder ’n skuilnaam briewe van navraag uitstuur na staatsdepartemente net om te sien wat die terugvoer op sy skrywes is. Ek moes in die verlede vyf maande wag dat ’n brief onderteken word; dit nadat ek die persoon gaan besoek het by sy kantoor om vas te stel wat van my brief geword het. Ek moes toe vasstel dat my brief op die persoon se lessenaar lê en stof vergaar. – Hene

Help! Hoe kan jy nog in vandag se lewe N$2 500 pay, terwyl jy kinders het wat aantrek, eet en blyplek moet betaal? Al vyf maande gewerk, kry geen payslip en kry niks voordele. Dit is darem erg.

Ek het vier maande terug vir hulp gaan aanklop by Legal Aid omdat die vrou van my geskei het en na haar huis toe is. Op een huis is ons name saam en die ander huis is net in die vrou se naam, net om die huise te deel dat elkeen plek het. Ek wil die vrou se naam van die huis verwyder, maar dis afgekeur, maar die mense wat moord pleeg en verkrag, kry hulp gou van Legal Aid.

Ek het altyd gedink CoW beteken koei, totdat ek uitgevind het die letters CoW staan vir City of Windhoek. Hoe lank is die koei nou al dood? In Augustus 2019 het CoW laat weet die afslag op elektrisiteit vir oumense sal eersdaags deurkom, maar ek betaal nog steeds N$1 000 vir 479 eenhede. CoW may you RIP.

Fantastic service by Adri Britten at Paramount Health Care Centre, Eros. You always go the extra mile with a smile!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!