SMS'e vir 14 Junie 2016
SMS'e vir 14 Junie 2016

SMS'e vir 14 Junie 2016

Gerine Hoff
Hoeveel Namibiërs mag die president doodry om 'n MOONTLIKE gevaar teen sy lewe te regverdig? Ons is 'n republiek en nie ’n koninkryk nie. Almal se lewens is ewe belangrik. Watter reg het hy om die waarde van my lewe te minag?


Kan CoW amptelik detail gee oor die toestand en benutting van Goreangab se water?


Cenored Ondangwa employee involved in/instigating rhino poaching in Etosha - please name and shame him! And NO bail! Let him rot in jail for a lifetime. Set an example!


Namibië Rugby-unie, vra vir SARU om eerder aan klubkampioenskappe deel te neem. Namibië is nie in die klas van die
Curriebeker nie.


Wat die hond op die sleepwa betref, stel ek voor die eienaar van die taxi word beboet terwyl die drywer en hondeienaar dieselfde roete meemaak onder die net.


Swapo, why not blame the water crisis on the" Apartheid regime" ? That's what you always do when you get " stuck" . Face the facts, you cannot rule!


Ek wil graag aansluit by die lesers wat so kla oor ons inkomstekantoor. Mense, maak plan met julle staff. Niks kom klaar nie, files word vir ’n jaar lank gesoek. Word dit eindelik opgespoor, is van die dokumente verlore waarvan jy ’n copy besit met ’n stempel. Ek sukkel van 2015 Juliemaand om 2014 afgehandel te kry. Kry asb. mense wat diens kan lewer. Ons betaal swaar aan tax.


My pa het na 27 jaar diens op 65 jaar afgetree by Rössing met 'n totale N$300 000 se pensioen. Dit was 'n skok! Ons is dankbaar vir die wonderlike nuus oor die surplus wat nog na sy kant toe kan kom. Hoe gaan mens te werk om ook seker te maak hy is op die lys? Kan Republikein dalk help?


CoW, wanneer gaan julle ophou om vir ons bolle te rol? By navrae sê hulle die basic electricity domestic wat elke maand dieselfde is van N$350 is glo vir die instandhouding van die elektriese meters. Wel, ek kan nie glo Windhoekers betaal maar net nie. Ek het hul nog elke maand by my huis gesien om dit te kom afstof? Meneer die stadsklerk, hou op om vals name te gee vir goed op ons rekeninge vir wat dit nie is nie. Daylight robbery! Tot die regsgeleerdes in die dorp is betaalgedienstig en gedwee?


The reason for current CBD parking problems should be laid sqarely at the CoW's door. Development in preference to retaining spaces originally reserved for parking is ridiculous. To add insult to injury, traffic officials descend like vultures on transgressors because they " cannot neglect their duties as law-enforcers" but allow most taxis a free reign to violate just about every existing traffic rule with impunity. What a joke. DeDema


Usakos: Die oom of antie wat die burgemeester bedank oor die mooi skoon dorp moet asseblief jou oogklappe en donkerbril afhaal. Jy ken beslis nie die dorp nie. Gaan kyk hoe lyk die straat by die koshuis verby. Dit is een hele vuilgoed dump. Die burgemeester is te besig met konstruksiewerk en sjebeens van sy eie. Hy het nie tyd om die dorp skoon te kry nie. So oom of antie, ry bietjie rond en gaan kyk. Dan gesels ons verder. Etse!


Sal iemand tog vir die permanente sekretaris van onderwys die kalender uitgereik deur ministerie van onderwys gee sodat sy kan sien dat 16 Junie aangedui is as ’n skoolvakansiedag? Dis duidelik dat min vooruitbeplanning plaasvind in onderwys. Ouers is reeds ingelig einde van eerste termyn van die skoolvakansiedag en beplanning is gedoen vir die viering van die besondere dag op 15 Junie. So beplanning daarmee heen.


Daar is net twee Lutherse gemeentes op Rehoboth: die Ebenhaeser-parogie en die Paulus-parogie. Die " Exodus" is nie ’n gemeente van die Evangelies Lutherse kerk nie. Die Lutherane, veral van die Ebenhaeser-parogie, moet hulle nie laat mislei nie. Die dienste van die Ebenhaeser-parogie sal nog steeds op Woensdae en Sondae in die kerkgebou gehou word en nie onder ’n tent nie. Ons moet bly by die kerk waar ons ouers ons grootgemaak het. God seën u!


MultiChoice/DStv: In SA installation is included in the HD decoder COMPACT deal, why not here in Namibia?


Ek sien in die koerant hulle soek nuwe mense vir die belastingkantoor op Walvisbaai. Raak eers van die vrot appels ontslae wat nie hul werk kan doen nie.


Aan die persoon wat by my huis verbygery het met ’n Rehoboth reg no. en gesien het ek was my voertuig en ’n snedige aanmerking geskree het: Mnr., dit was met gisteraand se badwater. Hoop dis ’n aanvaarbare verduideliking vir jou?


Esme, ek dink regtig nie jou “reeds bevoorregte huiswerker” kan verwag dat jy haar plesiertjies se opbrengs moet subsidieer nie " Let her blame it on the tradition and culture" . Daar’s baie goeie werkers wat hul voortande sal gee vir daai pos en voordele.


Autohaus, baie dankie vir jul puik diens. Spesiale dank aan Roelf en Michelle. Hoop ander mense sien ook raak wat julle vir Autohaus beteken. Christo en Annetjie


Die persoon wat kla oor ongeskiktheidsgeld, gaan sien die welsynkantore by die ou staatshospitaal. Ek dink dis ’n mnr. Van Rhyn op die derde vloer.


Quinton van Rooyen of Trustco commending president for putting new parliament buiding on hold, stating that this action is the reason the majority of Namibians voted for him. I doubt very much he would get the same amount of votes today after first year of service as he seems only to concentrate on luxury projects and ignoring vital needs like water, power, health, housing and education. PS: I am convinced parliament building will continue quietly, excavation apparantly already started sime time ago . . .


Esme met die groot huisgesin wat jy moet onderhou. My raad is doen jou werk self en spaar die geld of kry een met geen kinders.


Ek het laas oor Reho-kliniek ’n SMS gestuur. Ons moet nog steeds buite kraanwater drink of in die toilet. Houers staan in kombuis. Hoe praat jy van gesondheid? Almal drink met hul monde aan die kraan.


NBC Sport, julle is ’n teleurstelling vir die nasie! Moet nie die 2016 Euro adverteer as julle dit nie wys nie. Dit is hoekom so baie jong seuns in kroeë sit wat DStv het.


Dankie vir ons 2 ministers met hulle 2 adjunkministers - min of safety, mnr. Namoloh en min. van entrepreneurs, mnr. Jooste. Mooi so, julle maak Namibië trots.


Orban tjokkerrugby: Baie dankie vir Orban en Coke wat jaar na jaar hierdie tradisie voortsit. Vir ons kinders van buite Windhoek is dit ’n mooi ervaring. En laastens, baie geluk aan Pionierspark se skool wat pragtige rugby gespeel het. Tot volgende jaar!


R.I.P. Namibia! You went soft on discipline. You raised the cost of living so high that both parents are always at work rather than spending time with their children. You took God out of schools. Parents are told they can't discipline their kids. Teachers are prevented from discipling kids in schools. Well done Namibia! You shall reap what you sow. We have lost a whole generation and turned them into selfish, disrespectful kids who have no respect for people and property, nor authority, where they use people and love things instead of using things and love people! Things need to change! What happened to the old days when kids were fearful and respectful of their elders?


Baie hartseer onderwyser van die Suide //Kharasstreek. Ons wil tog beroep doen op Nantu dat die organisasie vir ons tydelike onderwysers moet baklei oor ons seperation toelae. Ons weet al die jare nie dat daar so iets is nie. Die mense in die kantoor hou dinge vir jou geheim en dan word dit stuk-stuk uitbetaal.


Die stelling was gemaak hoekom MOET Afrika wat 'n kontinent is hom laat voorskryf of lei deur enige Westerse stad, land of kontinent? Of dit nou die gradering, sienswyse, leefwyse, mening, bemagtiging of wat de duiwel ook al is. Afrika is beslis oud genoeg om sy eie heil uit te werk, sou ek dink. So klim maar af van die verdediging van jou Westerse wit perd en skaar jou by die land wat jou huisves en voed!


Namas en Herero’s, Damaras word wakker! Die land is verkoop aan die Chinese. Leer die kinders die ware geskiedenis van Namibië van die Duitsers, die Engelse, die boere en die Ovambo’s hoe hulle met kontrak vanaf Ovamboland gekom het. Leer die kinders die waarheid asb.


Honde wat onnodig blaf. Help asb.! Die eienaars het nie ore nie. Whk munisipaliteit, kyk of hul lisensies het.


Snaaks dat Telecom se eie telefone “stukkend” is. Bel nou al die afgelope twee weke elke liewe dag om 'n betalingsfout op my rekening reg te stel, maar moet nie glo nie. Vermy gerus die nommers 201 2283 en 201 2026. Wat 'n grap! Hahaha!


Vat asb. die 4-rigting stops weg op Otjiwarongo. Die mense weet nie hoe om dit te gebruik nie en die verkeerspolisie doen niks aan mense wat verkeersreëls oortree nie.


Okahandja-munisipaliteit, ons hou nie van vullis nie. Verwyder tog die vullis asb. Dis twee weke in Grysblok, dis erg. Ons betaal tog of moet ons die vullis na jul kantore toe vat?


’n Woord van dank aan die ambulanspersoneel, dokters verpleegpersoneel en skoonmaaksters by St. Mary's Hospitaal Rhb en Katutura Hospitaal. Jul toewyding en diens word waardeer. McHenry Willmore


Baie dankie me. Agnes Hoffmann vir u bemoedigende brief - ons waardeer dit baie. Die De Vries-familie


Wil mense waarsku teen ’n ene Riaan Fourie wat kamma by Old Mutual werk. Medelandgenote, hy is besig met ’n slenter. Hy bel my suster in verband met die afsterwe van ons moeder, hulle gaan N$11 000 uitbetaal so my suster moet haar bankbesonderhede vir hom gee. Toe sê my suster hy moet vir my bel, haar broer, die nr wat ook in die koerant is. Toe sit hy sy foon af. Wees gewaarsku. Ek wag laat hy my bel.


Nampost: Graag wil ons u versoek om ’n weeklikse diens aan ons te voorsien. Tans is hier geen spaar- en geldonttrekkingsgeriewe nie en dit veroorsaak ongerief. Mariental is die naaste. Hoe kom ek in Mariental sonder geld? Ons wil geld spaar en huidig kan ons dit nie doen nie. Help ons asb. Ons maak staat op u samewerking. Kalkrander


NBC se D/N-radio herhaal die stories wat al lank verouderd is. Dit gee ’n slegte indruk vir die D/N-radio se bestuur. Kyk tog na hierdie slegte gewoonte om ou “bande” keer op keer af te speel. Asseblief gee ernstige aandag aan hierdie slegte gewoonte.


Die komitee van bejaardes wil net aan Tommy Jarman begrafnisonderneming baie dankie sê vir die kos wat hulle aan ons gemeenskap bedien het by poskantoor. Die Here seën.


Mike by Toyota Mariental, baie dankie vir die uitstekende diens. Net ’n klein verstelling en die koppelaar gly nie meer nie. Welgedaan! Dedema


Gee elke jaar persoonlike belasting in soos wet bepaal. Ek gee my 2016-belasting nou in. maar wag egter vir terugvoering van 2014 en 2015 se belasting. Swak bestuur.


Soos die waterkrisis aan die owerhede se agterente byt, so hap-hap die kragkrisis, behuisingsnood, gesondheidsorg, onvoldoende onderwys en vullisstorting al klaar na julle. So rus ons totdat dodelike siektes onder mense versprei voordat daar skoongemaak word. Die uitgawes as gevolg van nalatigheid is skoolgeld vir die owerhede, maar dit kom uit die belastingbetaler se sak. Teen dié trant sal die parlementsgebou baie lank op ys lê.


Foto van hond wat met ’n net agter op treiler vasgemaak is - skandelik! Kan die foto vergroot word en registrasienommer herken word? Of die shuttle se naam? Hulle moet aangekla word! Kan die SPCA hierna kyk asb., want polisie sal niks doen nie.


Kan die skooljuffrou wat 'n ruk gelede op TV was, my kontak asb.? Sy was in Pretoria by die ECG church. My kontak nr. is 081 286 3738


Elke naweek word mense met messe of pangas doodgesteek deur mense wat onder invloed van drank is. Hoe lank moet hierdie afskuwelike dade nog plaasvind? Soms is dit goeie vriende of familie van mekaar. Pres. Geingob, waarheen is hierdie land op pad? Sjebeens verwoes ons mense se lewens, maar dis seker oukei, solank arme apartheid nie weer skuld gegee word nie. Al so moeg vir ou stories en leuens.


Kora-toekennings en die stigter mnr. Ernst Adjovi skuld die regering glo N$24 miljoen. Is die bedrag te onbenullig om die publiek daaroor in te lig of is die Air Namibia-storie nou weer net 'n gesoek na simpatie oor 'n beweerde rassevoorval? Skynbaar net nog 'n opportunis met 'n probleem oor die feit dat 'n gewone amptenaar - vrou nogal - hom reghelp ten spyte van sy beroep op die president se sanksie van sy astrantheid.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!