SMS'e vir 14 Maart 2017
“. . . Derdewêreldland met Eerstewêreldse geldjagters . . .”
Psemas (staats- mediese fonds) bankrot. Hulle skuld mediese diensverskaffers N$500 miljoen. Dis net van 16 Desember 2016 tot 28 Februarie 2017 (2 maande en 12 dae)! Ryk, ryker en rykste. Namibië, ’n Derdewêreldland met Eerstewêreldse geldjagters?! SAS&H
Susanne Hoff gevonnis – N$30 000 of ses jaar gevangenisstraf? Waar kom die justisie aan so ’n onsinnige vergelyking? Ses jaar gevangenis is ’n straf, N$30 000 is ’n grap! En Diergaard sê die vonnis se doel is om af te skrik? Dis ’n grap! Siek regsstelsel
Liewe Godfrey, ek het geen gevoelens oor tydsverandering nie, maar ek kan nie anders as om te wonder hoeveel skole se geriewe al kon opgeknap gewees het as dit nie was vir die blatante korrupsie met staatsgeld wat miljarde beloop nie.
Psemas! Dis ’n treurmare! Hoe is dit moontlik? Dit ruik na lont, so asseblief, ondersoek dit deeglik vir bedrog en spook medies! Ons as jare lange lede kan/sal dit nie aanvaar nie! Is dit hoekom ons die laaste jaar of meer geen state van Psemas ontvang nie?
Voetgangerongelukke - voetgangers het nie meer verkeersmaniere nie, kyk nie links of regs as hulle pad oorsteek nie. Hulle kyk na hul "cellphones", skryf SMSe, luister na musiek en hoor nie "traffic" nie en dink die straat behoort aan hulle. Hulle loop nes hulle wil en verwag karre moet briek aanslaan vir hulle. Karre het voorkeur op strate!
Ag nee a, Namibiërs! Die tydsverandering was verlede jaar al ’n besprekingspunt, nou wil die "government" in Maart daaroor redekawel. Ons is soveel ure agter SA, geen wonder Namibië gaan so agteruit nie, want ons dink en redeneer agteruit. Voorheen was daar vier skoolkwartale en alles het goed uitgewerk. Dit kom nou as ons aan die Here se werke wil verander. Wat gaan tog van Namibië word?
Uno Katjipuka, jy praat snert! Hou tog op met jou voorheenbenadeelde Namibiërs. Dis jare gelede. Word wakker en doen net jou werk.
Dit is nie die landsburgers en private besighede se werk om staatsgeboue soos hospitale en skole in stand te hou nie. Ons betaal ons eie skoolgeld, medies, sekuriteit, versekering, ensovoorts. Waar is al ons "tax"-gelde? Vind uit hoeveel kry hulle uit maatskappye en doen jouself ’n guns: maak doodseker wat jy vir die "taxman" betaal. Na jou aftrekkings betaal jy steeds op alles wat jy koop ’n groot persentasie "tax". Dink mooi voor jy ’n bydrae maak. Waar is ons "tax"-betalers se regte?
Hoff se ligte straf! Hoekom nie ’n jaar se gemeenskapsdiens nie?
Ek verstaan nie. Basters verloor grond, maar in Blok E het die Noorde se mense net kom erwe afsteek wat niemand hulle gegee het nie en daar word ook niks gesê nie. Of kan daar niks gesê word nie? Dis hoekom daar so baie botsotsos is. Sê maar net.
Hoeveel oorlede Basterleiers draai in hul grafte om en om? Die stuk land waarvoor hulle geveg het om aan hul Basterkinders af te baken met geboorte is nie meer nie.
Kalkfeld lucky draw allocation of jobs was free and fair. Also fair that it was only for own residents. Those rules must be applied in each village and town.
Minister Himarwa, "education". U kan tog beplan: koshuise wat toe is reël dat dit nou omskep word in skole, asseblief. Die Sekondêre Skool Acacia was eers Eldorado-koshuis. Dan is als in Junie/Julie reg vir nuwe registrasie.
Hoekom het die ACC nie al sewe jaar gelede die "culprits" uitgelewer nie? Nietemin, dankie, maar ons soek die groot visse. Ontmasker daai skynheiliges wat preek vir jou, maar is kliphard Satan se gesant. En daai wat sê kaptein is die "culprit", steek jou hand in eie boesem. Jy het mos ook familie in die ou bedeling gehad of hoe? Terloops, jy het mos in Indië studeer? Sê vir my wie se kinders het in die ou bedeling met beurse nogal oorsee gaan studeer? Noem net een naam. Daardie tyd was daar net onderwys- en verpleegbeurse en hulle het in SA gaan leer. Dis al beurse wat daar was. Trots Baster
Hoekom moet Gibeon se polisie met die polisiekar ronddrink? Inspekteur April, praat tog met jou polisiemanne, asseblief.
Ag nee, wragtig! Dit is amper alweer 1 April. Wat is daar nou nog te besluit van winter- en somertyd? Die publiek se insae is verlede jaar gevra. Waaroor kan die aantal stemme nie getel word nie? Hierdie antwoord gaan mos oor die kinders en grootmense wat in die donker moet beweeg. Dit het niks met besighede te doen nie. Die ministers wat moet besluit kom "anyway" sonop uit hul beddens. Laat die skole ’n uur later begin en maak besighede se deure agtuur oop. Wat is fout?
DStv-klagtes? Ja, hulle kanale is nie die geld per maand werd nie. Maak soos ek. Betaal net elke tweede maand. Jy mis niks en vang gou op wat jy wou kyk. Jy is sommer ook met meer positiewe dinge besig tydens die "af" maand.
Summer and winter time. Please keep it just as it is. I love it.
Ek stem saam met die mense wat kla oor DStv. Die probleem is hulle gee nie om nie. Soos julle kan sien, DStv vat net jou geld en jy kan nie besluit wat jy wil kyk nie. Wat sou gebeur as jy by Pick n Pay instap om jou maandelikse "groceries" te koop? Al wat gedoen moet word, is almal in Namibia moet hul DStv vir ses maande afsit. Dan sal ons sien wat maak M-Net, wat net-net werk.
Ek wil vir Bruce Jansen sê dankie vir jou vriendelikheid en vinnige diens by FNB OKH. Hou so aan, man.
Ek wil weet, is die wet dan nie vir ons almal nie? Of is dit net vir sekere mense? Want ek het ’n probleem met Rehoboth se polisie, veral die speurders. Hulle doen nie hulle se werk reg nie, want hulle volg nie op nie.
Agbare president, Windhoek / Katutura / Khomasdal het nie "ghetto's" gehad voor Onafhanklikheid nie. Na 1990 het dit soos paddastoele oral opgeskiet. Aanvaar dis SWAPO wat dit geskep het. Net die waarheid sal ons vry maak.
Mnr. X van Hentiesbaai: jy het ongelukkig in die grootste skindernes in Namibië geland. Hier is skinder en kwaadpraat ’n absolute siekte en dit raak al erger. Oud en jonk, mans (veral die oues) en vroue, kinders, huiswerkers en besigheidsmense is almal skuldig hieraan. Jy sal selfs in die kerk beskinder word. Plaas asseblief jou telefoonnommer in dié seksie. Ek sal jou skakel.
Burgersake - Mariental is tops. Ek het ’n paspoort binne twee weke gekry. Skitterend! Hou so aan.
Hentiesbaai het ’n ouetehuis met ’n verskil geword. Kreupeles, strompelendes, skuifelendes en gestremdes roei in die strate, gange en sentrums rond. Ieder en elk met ’n groot glimlag op die gesig! Dis nou ’n plek waar ek ook graag sal wil gaan rondval wanneer ek eendag groot is! Roedolf
Rokers van "hookah"-pype, julle raak darem nou erg, veral Saterdag by Suburbspark. Julle gee eenvoudig nie meer om waar julle rook en wie langs julle is nie. Wat het geword van respek en bedagsaamheid? Ek wens die bestuur van die sportgronde en die owerhede wil iets omtrent dié euwel doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie