SMS'e vir 14 Maart 2018
". . .die jeug van vandag. . ."
Ek sit en lees nou die kommentaar van onder andere dr. Whittaker en stem glad nie saam met wat hy sê nie. Ek haal aan: “Lyfsrtaf tuis en by die skool is een van die hoofoorsake van ’n gewelddadige samelewing.” Ek glo u het net soos ek ook in die tydperk skool gegaan toe ons nog “pak” gekry het en u net soos ek en baie ander is nie gewelddadig nie. Ons het geweet, dat sou ons iets verkeerds doen, ons velle gaan waai en daarom het ons dit vermy. Daar is ’n gesegde wat sê "’n pak op sy tyd is soos brood en konfyt". Ouers moet meer tuis hul kinders opvoed en nie die onnies voor en saam met hul kinders sit en sleg maak nie. - Oud-onnie en ouer
"Lyfstraf tuis en by die skool is een van die hoofoorsake van ’n gewelddadige samelewing," Republikein, 13 Maart. Wat ’n ongelooflike klomp snert! In die era waarin ek grootgeword het, is lyfstraf toegepas, maar met oorleg. Ons het nie sulke twak in ons skole en samelewing gehad. Woorde soos respek, dissipline en selfrespek het ons verstaan en uitgeleef. Dit is die dinge wat die jeug van vandag nie verstaan nie. Dit gaan primêr oor die eie-ek en waarom dan nie? Die regering stel mos die voorbeeld. En natuurlik, die deskundige snert wat kwyt geraak word. Dit verstaan hulle, want dit pas hulle. - Jan Nel
Governor Endjala sit down. How can you lament poverty in Omusati, but also encourage more pregnancies? Who wants to bring children into the world to suffer hardship on hardship?
Mnr. H. Engels en personeel van WHS, baie dankie! Julle het voorwaar verlede Vrydag gewys dat julle ons kinders se belange op die hart dra. Ons as ouers is ontsettend dankbaar vir julle. Die Here seën julle en die skool. - Dankbare ouers
Ek wil net vir Jacques Weilbach baie dankie sê vir sy stories in verband met Ruacana. Ek as oumens geniet dit, want ons het nie van al hierdie wonderlike dade geweet nie.
Hoe is dit moontlik dat twee dames se begrafnisse die belastingbetalers N$3,5 miljoen kan kos? Hoekom kan hulle “fat cat”-boedels dit nie betaal nie? Ek moet dan my begrafnis met oom Calle se karige pensioen betaal.
Mense! In die teater sien jy nie die vuil of die skoon nie, maar as die teater nie skoon is nie, is dit gevaarliker. Dit is goed dat die teater skoon is, want operasies moet in ’n skoon omgewing gedoen word. Alles in die hospitaal moet skoon wees.
Verhoging vir kinders: Gaan kyk net by so ’n pensioenuitbetaling hoe staan kinders met die duurste selfone en oorfone en wag vir hulle geld en dan vat party van hulle oumense se geld of ’n deel daarvan, omdat hulle die oumense na die betaalpunt vergesel het.
What is wrong with us? We are Christians, but 95 percent of our children are born out of wedlock and we criticize prostitution.
“The Tools of the Trade” maak mense dood. Stop vuurwapenbesit en -vervaardiging, stop voertuigbesit en -vervaardiging en stop alkoholbesit en -vervaardiging? Mense, mense! Hierdie is dooie dinge met geen lewe van hulle eie. Mense maak mense dood en dit is die waarheid en niks anders as die waarheid. So asseblief, as daar iets gestop moet word, is dit mense en niks anders as mense! - SAP&H
President Hage Geingob. Laat Rössing en TCL se surplus regverdig uitbetaal word. As daar korrupsie is, sal ons jou laat weet.
7’s rugby: Ek wil ook baie geluk sê aan Gim se o.15-span wat oorwinning behaal het in hul kategorie. Hou so aan, manne!
Wat gaan aan met ministerie van finansies, Keetmanshoop en Windhoek, dat julle nie Nkasa Security Company se agterstallige gelde uitbetaal nie? Ons wagte kry swaar, maar julle kan onnodige projekte ondersteun. Ons geld is nie baie nie, asseblief!
Leeus by Omaruru! Lyk my die EMC is nie van plan om die opdrag van minister Shifeta te eerbiedig. Mense! Skiet net die goed soos ons hier in die Noorde. So maklik!
Klassieke musiek by die see: Weet iemand hoe laat, asseblief?
Jesus het aan ’n folterpaal gesterf, nie aan ’n kruis nie. Met sy arms bo sy kop.
Ek wil by die polisie of stadspolisie hoor. Kan julle ’n kamera op die robots sit, vir die motors wat oor die rooi lig ry en motors wat by ’n sperstreep indraai. Wat kan ’n mens daaraan doen? Laat weet asseblief!
Hi, my hofsaak is afgehandel, maar ek kry nie my borggeld terug nie. Wat moet ek doen? Dit is baie geld!
Ek soek hulp: Ek bak brood met die hand, soms verkoop ek dit ook aan my kollegas. Ek soek hulp met ’n broodsnyer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie