SMS'e vir 14 Maart 2019
". . . klaar van power gehalte."
Katrina Hanse-Himarwa glimlag van oor tot oor vir die kamera, want sy weet daar sal niks kom van haar korrupsiesaak. Sy toon geen berou. Sies vir ’n hooggeplaaste wat vere voel vir haar skandelike optrede.
Hoe kan hospitale koekies en tee besnoei, om koste te bespaar? Die kos is dan klaar van power gehalte. Ek neem aan die fondse gaan vir meer kritieke areas aangewend word, soos korrupsie. “Well done.”
Ek is God dank so bly Roger het nie koperdraad, diamante, Social Security se geld gesteel nie, of is bankrot verklaar nie. So manne, bly in julle baan. Almal het geraamtes in hul kaste. En hou julle monde.
Dooie voorwerpe en instrumente soos vuurwapens, voertuie, messe, kieries, klippe, bakstene, enige slaan- of gooiding ens. ens., maak mense mos dood. Regtig? Is dit nie dalk maar net mense wat mense doodmaak nie? Wetmakers, kry asseblief julle feite agtermekaar! - SAP&H
Sê weer dissipline en respek ontbreek totaal. Nou kan van Baal tot Beethoven aanspraak maak as gelowiges. Ook die misdadiger lag in sy mou oor die nuwe wapenwet wat net hom bevoordeel. Ook berus die toepassing van wette en reëls ongelukkig by die oningeligte, onbekwame en kortsigtige. - SAP&H
City of Windhoek please change the arrows at the WHS traffic lights to work from 06h00 to 18h00 daily. There is always a row of cars wanting to turn left or right. Thanks!
Hepatitis E is ’n groot bedreiging vir ons toerismebedryf. Gesondheidsinspekteurs, doen julle werk by die shebeens en kapanas om Hepatitis E uit te roei.
O/13 rugbyproewe was toe ’n klug Maandag. Seuns speel op 'n artificial veld en die outjies se voete is behoorlik aan die brand, so warm is die veld. Trek toe sokkies aan en gly die hele veld vol. Arme kinders. Kon die keurders dan regtig nie ’n ander, geskikte veld gekry het om die proewe te hou nie.
Laat MTC asseblief ’n persverklaring uitreik waarom hul 3G so stadig is in Windhoek en hotspots deur slimfone ontkoppel, terwyl mens dit gebruik. Beheer Telecom die bandwith-spoed? Speedpoint-betalings is net so stadig en dis ’n stryd om ’n e-pos te stuur voor dit self ontkoppel. Is dit “network overload”, nadat tjeks uitfaseer is, of “outdated” toerusting?
Moet nog een kaakhou inkry! Harambee kan nie slaag met bloed (geld) luise soos ’n opgeblase weermag, ’n polisiediens drie keer so groot as in 1990, ’n ekstra stadspolisie (en VIP-begeleiding!) en massiewe sekuriteitsdienste nie. Hoewel hierdie laers beskerm, skep dit niks nie!
Op Tsumeb is stoptekens en robots blykbaar nou nie meer van toepassing op taxi's nie. Kom verkeersmanne, doen asseblief die werk waarvoor julle betaal word. Dit help ook nie julle staan en wag in die aande by die skool se 4-stop vir ouens wat twee biere gedrink het na werk nie. Kruip weg en vang die ouens vir die stoptekens. Terloops, 70 % van taxi-drywers sit heeldag agter die stuur met sy selfoon teen die oor. Vang hulle asseblief!
Hoekom reageer die mans so heftig oor gay-wees? Laat mens wonder. In Sodom en Gemorra se tyd het die sogenaamde heteroseksuele mans maar goed oor en weer gekuier.
God het immers nie die Seun na die mens se wêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur hom gered kan word (Joh. 3:17).
Wil die mense wat aan ou tannies die Bybel voorhou vir ons die versies kwoteer oor owerspel, moord, kindermishandeling en diefstal? Nog ’n ou tante.
Potplante word weer gesteel in Donkerhoek en verkoop deur die baie leeglêers.
Dwelms loop soos soetkoek in Jasmynstraat, Khomasdal.
Og, die liefdeloosheid van die heiliges. Gooi maar die klippe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie