SMS'e vir 14 September 2017
SMS'e vir 14 September 2017

SMS'e vir 14 September 2017

“. . .almal so stil en geheimsinnig. . .”
Mandy Rittmann
Olifantjag! Volgens natuurbewaringswet is drie (3) olifante ingesluit in die wildgebruikkwota vir 2017, een (1) vir bewaringsjag, een (1) ’n probleemdier en een (1) vir eie gebruik. Halloooo, wat beteken dit? Verduidelik asseblief!

In Namibië moet ons besluit of ons ’n jag- of toeristeland wil word. Toerisme sal ly as olifante gejag word, al sê die regering wat. As die olifante gejag word, raak hulle verskrik en ook gevaarlik. Dis nie die diere wat toeriste wil sien nie.

"Kabinet red RCC": Ja nee, al weer miljarde “hard earned taxpayers' money down the drain”. Dit is skandelik hoe die regering ons geld mors en niemand word verantwoordelik gehou nie? “Add up the billions or trillions of bailout money wasted on shameful incompetency and mismanagement and Namibia would have been a booming country if that money had been used where it was needed.” Viva Harambee!

Werkgewers van huishulpe moet nou voor 30 November registreer by ministerie van arbeid, ens. Geen probleem daarmee of die nuwe loon vir huishulpe nie. Wil net weet sal hierdie registrasie huishulpe se werkgewers nou toelaat om hulle uitgawes aan huishulpe as belastingaftrekking te eis? Ministerie van finansies diskrimineer teen huishulpe se werkgewers. Ek het dieselfde verpligtinge teenoor my werknemer as ander besighede se werkgewers. Ek eis dus om ook erken te word as ’n werkgewer deur die ministerie van finansies.

Mens wonder hoekom almal so stil en geheimsinnig is oor die hofsake rakende die grondbelasting en waardasierol oor plaaspryse. Die ministerie het nog nie grondbelastingaanslae uitgestuur nie, hoekom nie? Terselfdertyd maak die minister ook geen aankondiging hieromtrent in die koerante of oor die radio nie. Dit sal waardeer word as iemand ons oor hierdie saak kan inlig. - Eddie

Ek wil net weet of minister Shaningwa weet dat Willie Swarts mense aanstel soos hy wil by die dorpsraad in die awesigheid van die CEO, mnr. Uirab. Hy is dan onwettig by die dorpsraad. Doen tog iets asseblief, minister, ons kan nie so aangaan nie. Dankie.

Ek het nou al meer as 200 SMS’e gestuur na die motorkompetisie. Gehoop! Maar niks. Ek wonder of jy volgens jou ras en van kwalifiseer.

“Ancestral land claims” glo ek sal nie werk nie. Vir 103 jare waar het almal gewoon wat nou voorvaderlike grond soek? As jy iets eis, moet jy bewyse hê wie is nou wettige eienaars van die voorvaderlike grond. As my pa 10 kinders gehad het? Laat enigiemand bewyse bring. - Meneer ontevrede Ott

Stanley Similo beter seker maak hul rekeninge is op datum. Ek betaal gereeld my lisensie by NBC en dan kry ek ’n staat wat wys dis nie betaal nie. Wag maar dat polisie aan my deur klop. Jul beter jul rekeninge op datum hê, NBC, of verseker weet daar kom regseise vir onregmatige vervolging.

Road Contractor (road Swakopmund/Walvis Bay) accommodated in the Dorob Nature Conservation Park? Not to mention the approx. 1200 chinese living at Husab Mine? Dorob Park is a protected nature reserve. How is it even possible that the Swakopmund Municipality allows/sanctions this? And obviously the already thriving poaching in the park escalates. If the municipality or nature conservation is not willing to protect this area and its wildlife they have no voice. Can animal protectionists please start a petition to stop this carnage and ban accommodation in the park?

John Fredericks you have made several racist remarks and attempted to justify human rights abuses perpetrated by the government on several occasions. Readers have all the right to call out hate speech when they witness it. There is no excuse, there is no justification, find a mirror and look closely into it.

And there I was wondering why John has so much time on his hands. Thanks for clearing up that mystery John. - Brown person

Drie dae van kwaad doen by die kus: 72 hofsake, 72 kriminele, 17 meedoeners ekstra. My ouma sou gesê het: "Waar dan heen - tot U alleen!" - Ouma se kleinseun, 78 jaar

NHE, my aansoek lê by julle van 2009. Wanneer kry ek ook ’n huis? Ander het 3!

Oor lesersfoto's: Uschi Van Dorssen, ek "like" jou kiekies nogal. - Manie Ross

Wat gaan aan? Unam op Keetmanshoop se sekuriteitswagte wag al drie maande vir salaris. Hoe werk hulle? Kan die minister van finansies antwoord gee. Chaos hier met bestuur. Help, asseblief.

Geagtes, help asseblief! Hoe lank moet jy wag om jou geld te kry, ons sukkel om ons geld te kry, moet ons maar by die president aanklop?

EK is so dankbaar vir die “Drug Squad” dat hul in Hoachanas ten minste een dwelmsmokkelaar kon vang. Wat van die een wat net reg voor hul is, maar so uitgeslape soos ’n jakkals. Ek wens hul kinders word ook gou groot en rook self en word skisofrene. Doen dit weer polisie, puik werk!

John Fredericks, niemand het jou ge-"label" as ’n "racist" nie. Jy het jouself ge-"label". Ek glo nie daar is iemand in Namibië wat met jou debat wil voer nie, want jy is so glad soos ’n paling.



Ek wil net vra of Joos Platt nie kan optree as bemiddelaar tussen oud-soldate en oud-Koevoet lede en die regering nie. Ek weet dit sal dan objektief en neutraal gedoen word aangesien hy nie in enige van die magte was nie. ’n Neutrale persoon is wat ons nodig het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!