SMS'e vir 15 April 2021
"... parke en tuine ..."
Die nuwe lid van die Vervoerkommissie is terugwerkend tot 1 September 2020 aangestel. Ek hoop nie die nuwe lid verwag en ontvang betaling vir die 7 maande nie.
CoW, stuur asseblief van julle inspekteurs uit om te kom kyk hoe bebos en toegegroei is die rivier oorkant NTA in Khomasdal. Dit is ’n wegkruipplek vir diewe en ons lewe in vrees. Slange is ’n probleem.
Met verwysing na die voorbladfoto “Weg met seer oog in middestad”, 12 April 2021. Baie dankie aan die lede van die publiek van Windhoek wat die inisiatief geneem het. Burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, behoort hom te skaam dat die publiek, wat julle betaal hiervoor, julle werk moes doen. Dit is verregaande dat ons as publiek die amptenare van City of Windhoek se werk moet doen. Ek het nie die hoof en sy werkers van parke en tuine of die burgemeester daar opgemerk nie. Ek is seker julle ry elke dag verby hierdie plekke. Sien julle dit nie raak nie? CoW het ’n spesiale departement vir parke en tuindienste wat hope amptenare het wat hopeloos té veel betaal word deur ons as inwoners net om heeldag op hul selfone te wees of te slaap. Die plante en eeue-oue bome word eerder laat doodgaan. Kyk hoe lyk Zoo Park, die tuin van City of Windhoek se hoofkantore en die Pionierspark Cemetry om net ’n paar te noem? Dis regtig pynlik om te aanskou! Dit lyk afgryslik! Plekke wat eens lowergroen grasperke en bewonderingswaardige tuine gehad het, is nou plekke wat afskuwelik lyk. Moenie eens dink om die verskoning van waterbesparing te gebruik nie, want daar is semi-purified water aangelê na die hoofkantore se tuine en ander parke en tuine. Windhoek was eens op ’n tyd die skoonste en mooiste stad in Namibië. Die begraafplaas se tuine het toeriste van oral oor gelok. Nou is dit ’n seer oog wat regtig pynlik is om te aanskou. Dit is wat gebeur as werkers te veel betaal word en niemand word aanspreeklik gehou vir dienste wat afgeskeep en nie gelewer word nie. Stel vir my aan as hoof van parke en tuine en ek sal Windhoek weereens in ’n lushof omskep.
Passievolle Namibiër, ek stem ten volle saam. Hoekom probeer sommige van ons Namibiërs so hard om soos die res van Afrika te wees? Skryf ook jou brief aan die staatspresident, want ek dink nie die ampsdraers het meer mense wat die kritiek in koerante aan hulle oordra nie.
Ek moes vandag die skending van die gebou wat die hooggeregshof huisves in die middestad beleef. Wat ’n vermorsing van belastingbetalersgeld. Ministerie van werke, los ons erfenis/historiese geboue uit. Julle is nie bevoeg vir hierdie taak nie. Kyk na die Alte Feste. Ons sal self!
Wat het van die ligpaal geword wat by West Side Cafe gestaan het? Karasburg se woonbuurte het baie donker kolle. By die treinspooroorgang is dit pikdonker; niemand sien niemand raak nie. Die dorpsrade sit op die stoele goedsmoeds en verdien salaris vir niks en sonder laat hulle werk. Gaan die 5 jaar weer omgaan sonder ontwikkeling? Dit bly net die selle Karasburg!
Westerkim, Karasburg skuins agter West Side Cafe is ’n rioolgat wat oop sit en wat ’n gevaar is vir die gemeenskap. Die riool loop soos dit wil en stink verskriklik. Die stink reuk kom tot binnekant in ons huise. Niemand kan in so omgewing lewe nie in die coronatyd! Waar is die voorman wat aangestel is van die council vir die werk? Ry net rond dag na dag, naweek na naweek en die werk word nie gedoen nie. Waar is die werksmanne van die council wat swaarvoertuiglisensies het, hoekom word hulle nie ingeroep om die slote te grawe en met die masjiene te werk om die riool toe te maak? Nou moet ons in so 'n stink omgewing bly maand na maand! Karasburg!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie