SMS'e vir 15 Augustus 2016
“Opleiding is nie dieselfde as opvoeding nie.”
Armste van die armes, behoeftiges, gegoedes, meer gegoedes, rykes en superrykes. Dié was nog altyd en sal ook altyd daar wees. NEEEB, NIGI of NONE sal sake nooit reg kan stel nie. Dit lesers, het die geskiedenis deur die eeue ons tog mos geleer. – Comensence
Wanneer kry ons ook in //Kharasstreek droogtehulp? Ons boere hier word ook deur die droogte geraak. Dis net nie Erongo en ander streke nie.
Ek wil graag Windhoekers waarsku om versigtig te wees as jy huis koop met grasdaklapa. Ek het ten duurste betaal vir lapa net om later uit te vind dit is nie volgens munisipale regulasies gebou nie en moet afgebreek word.
Ek wonder hoe kry jul dit reg om die mooiste dorp te soek? Die hele Namibië is dan een vullishoop. Hoekom het jul nie eerste die burgers aangespoor om hul dorp skoon te maak voor jul so ’n kompetisie van stapel stuur nie?
Uitspraak teen Chinese weer uitgestel: Ons weet tog almal dat hulle vrygespreek gaan word, al het hul die bewyse by hul gehad en op film – dis ’n klug!
Huurbeheerraad. Baie dankie Ngatjizeko. Ek wens jou alle voorspoed toe. Dit sal wonderlik wees as jy iets regkry.
Wil net weet of governors die reg of vryheid het om GRN-eiendom vir private funksies te gebruik? Selfs die aanwending van GRN-mannekrag gedurende amptelike werktyd! Indien nie, is Hardap ’n uitsondering op die reël?
Dit is baie seer dat net leiers en hulle families en vriende tenders kry. Onse politieke leiers dink hulle besit die Swapo-party en Namibië, die land, met al sy bronne. Dit is hoë politieke salaris plus visregte plus minerale regte plus tenders (nie net een nie) plus wat ook al politici en hulle families wil bekom. AR is nie verkeerd nie; net hulle taalgebruik is nie positief nie. Hierdie leiers wat ons gekies het en hulle families verryk net hulself. Ons, die ander, moet net agter hulle aanhardloop met die een stem wat jy het om hulle op ’n hoë troon te sit.
Huurbeheerraad kóm! Mooi man. As iemand anders vir my nou gaan sê hoeveel geld ek per maand moet vra vir my eie persoonlike en private eiendom, sien ek gevaarligte. Al wat ek dan gaan doen, is om nie meer uit te verhuur nie. Die behuisingnood raak nou 101% net die regering se ‘baby’. – Magikani
Army alert over Koevoet: My magtig mense, is daar nog Koevoet?
Minister Kameeta moet gaan kers opsteek by Solidariteit, die helpende hand in SA. Die organisasie hanteer voedselverspreiding seepglad.
Jy wat die SMS skryf van die vlagdraer, jy het nie eens kop of die stert van die storie nie, maar jy kom staan en skryf van wat ’n skande. Hou op man, hou net op.
Namibië is tans internasionaal in die kollig – net jammer vir die verkeerde redes: ’n Olimpiese bokser sleep Namibië se naam deur die modder – dis wêreldsportnuus! Nou neem ’n paar plaaslike bestaansboere in Kunene wraak met drie wêreldbekende leeus - die Musketeers – oor ’n donkie. Vanishing Kings is in honderde lande vertoon en was ’n uithangbord vir Namibië se toerismebedryf. Nou is dit wêreldnuus hoe Namibiërs hulle natuur met albei voete vertrap. In watter vrot gemeenskap lewe ons? – Rolf
Opleiding is nie dieselfde as opvoeding nie. Ons mense benodig dringend ’n opvoedingskool. Elke sektor in hierdie land word geaffekteer as gevolg van swak gedrag en onverantwoordelikheid. Op paaie, openbare dienste, GBV, ons beeld na die buiteland, ja selfs ’n verhoogde werkloosheidsyfer is die gevolg.
Gewetenloos, barbaars en walglik is min woorde om die daad te beskryf waar die drie leeus gedood en uitgebrand is. So word dit gemaai onder die pragtige diere van ons land. Wat word daaraan gedoen? Die leeus is roofdiere wat moet jag om te oorleef. Wat noem mens ’n ander mens wat die eiendom soos vee van ander mense onder haglike omstandigheid slag? Is daar ’n verskil tussen ’n roofdier en diegene? Ja, die een het verstand en die ander een nie. Tog word hierdie stomme diere afgemaai en niks word gedoen nie. Dié wat verstand het en weet dit wat hy doen is verkeerd, gaan voort en kom weg daarmee. As ek net een wens vandag kon hê, sou dit wees dat ek die wette van hierdie land in my hande kan hê.
Help ons by Schlmelenville Combined School. Onderwyser slaap terwyl leerlinge eksamen skryf. Vra een van die leerlinge om toesig te hou.
Ek stem, permanente padblokkade in elke dorp, maar dan moet daar nie gesit en slaap word nie.
Ons hoor almal ons moet water bespaar. Hier in Swakopmund word ons so deur die munisipaliteit ingeloop. Ons huur ’n winkel, ons moet by munisipaliteit gaan aansluit vir water en riool en brandweer en vullisverwydering. Ons besigheid gebruik nie water, riool of vullisverwydering nie. Maar ons kry elke maand ’n rekening van N$781. Dis glo die munisipaliteit van Swakopmund se reëls.
Ek is tog op soek na ’n rolstoel asseblief. Sal dit baie waardeer. My kontaknommer is 081 664 0902.
Me. Geingos, kom asseblief Gobabis toe en kom sien hoe die oumense met blyplekke sukkel in Rakatuka. Ons bly in mense se yardse, ons word uitgesit. Ons betaal die erwe, maar ons kry nie die erwe nie. Kom gee vir ons asseblief die erwe. Ons sukkel baie hier.
Struggle kids? My aarde hulle is oud, grootmense en kriminele. Hoekom vra die government om geduldig te wees en te stop met violence? Arresteer hulle.
Minister Utoni Nujoma, daar is mense wat 20 jare op plase sit wat buitelanders koop en lodge maak. Sommige plase sit net stil, nog nie iets gemaak nie. Kan minister nie plan maak en daai mense wat daar 20 jare sit, help en 2 000 hektaar koop van die nuwe baas af laat die mense net daar boer asseblief? Daar sit een Hai//om-man 20 jaar op plaas in Kunene langs Etosha-wildtuin. Kan minister nie u kantoormense uitstuur nie laat hulle die man gaan uitvra asseblief? Die man boer daar al 12 jare met sy vorige baas, maar die baas is oorlede in 2012 en nuwe baas het die plaas gekoop en wil lodge maak.
Ek het met my eie hande bakstene gemaak en met dit my huis gebou.Nou gee vir die wat net met oop hande staan sand en sement (uit China) om ook vir ’n slag self iets te doen.
Ek het nou ’n ding oorgekom. Ek wou met graad tien aansoek doen vir ’n skoonmakerpos by bosboukantoor op Karasburg. Die pos vereis geen kwalifikasie vir ’n arbeider, maar ek is te hoog. Ek sal my aansoek na hul streekkantoor pos en sien.
Hoor wat die Woord van God ons leer: Moenie mense vertrou nie, hul soek net hul eie belang. Vertrou op God! Hy soek jou belang.
Ons oumense kry swaar by klinieke as jy nie Engels praat nie. Sit maar tot jy vol is. Darem swaar met ons.
Die arme leeus wat so gevoelloos afgemaai was en ook net wou oorleef. Ek hoop dié wat dit gedoen het, se vee vrek almal voor hul oë sodat hulle ook kan voel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie