SMS'e vir 15 Desember 2017
“...frustreerd en moedeloos..."
Republiekein 14 Desember 2017. “Kwaai dok maak amok”. Ek neem die man nie kwalik nie, die Psemas moet die mense betaal, daar word maandeliks geld af getrek van elke lid. Die staat moet kyk daar is lede wat te veel mense op hulle lidmaatskap het en nie eens hul eie kinders nie, dit is susters kinders ens. en mense ouer as 25 al. Hulle moet per persoon afgetrek word, maar wragtag, die ouers het al afgetree en die spul sponser nog op ma en pa. Betaal die dokters en apteke en kyk na jul inkomste, kyk na elke lid. Jy kan nie N$160 betaal en hou vyf mense daarop nie. Hallo word wakker!
Dit is 'n skande, dat dit die regering so lank vat om wakker te skrik oor ons vis reserwes. Pateties! Ek wonder op wat sit en slaap hulle nog.
“Dok maak amok:” Kan die regering nou sien hoe frustreerd en moedeloos mense raak, deur wanbetaling van regering, gaan mense, dokters, apteke en besighede bankrot. Mense verloor hul werk. Regering, hierdie is op julle gewetens, julle verwoes mense lewens. Maar, een luukse gebou na die ander, luukse travels, hoeveel miljoen op jeug sportsuitstappie na Rusland. Arme, arme Namibië!
Ja, na aanleiding oor die struwelinge tussen die minister van gesondheid en sy PS. Laat my dink aan hoeveel honger pasiënte lê daar in die Katutura-hospitaal. Ek was verlede week op die 2de vloer, net langs die teaters. Die kosportier en sy assistent steel die kos, pak dit in sy rugsak en verdwyn. Die sekuriteit doen niks, want sy kry ook 'n happie, wat sy in die elektriese DB weg steek. Dit gebeur 5 meter van my af. Sies tog!
“Salarisrekening bly kopseer:” Die regering is nie 'n welsynsorganisasie. Minstens 'n derde van employees is redundant, especially in higher positions (buddies?). Retrench them like in the real world. Die regering worry nie oor die wat in die privaatsektor hul jobs verloor nie!
Wie is nou eintlik die boelies?” Dit is presies, wat met my kind gebeur. Ek was by die skool en met die onderwyser en my kind gepraat. Die probleem is, my kind vra te veel vrae en dit ontwrig die klas, nou word my kind geignoreer. Die skoolhoof trek ook skouers op.
Ek is so bly vir die skrywe van 'n mamma van 12 Desember. Ek sit in selfde situasie, kind gebruik Conserta, want hy kan nie stil sit nie. Ek voel saam!
Keetmanshoop-munisipaliteit. Skrap asseblief julle paaie in Krönlein! Kom net uit julle kantoor en ry bietjie rond. Ons motors is op geskud!
Waar in die middestad is daar parkering vir voertuie wat oumense vervoer? Moet ek maar soos 'n taxi stop om die mense so na as moontlik aan die plek te bring?
Die skrywer van “Wie is die boelies?” Ek weet presies hoe jy voel. Ons het geweier om ons kinders op pille te sit. Moes ander maniere en paaie volg om hulle opvoeding te gee, want selfs staatskole kan nog minder help. Het hulle deur matriek, nou volg die volgende fase van opvoeding.
Hier in Otjiwarongo bestaan wette nie meer nie. Die traffic en polisie dien geen doel hier nie. Daar deur doen die mense net wat hulle wil. Ry oor die stopstrate en parkeer net waar hulle wil. Selfs ons munisipaliteit doen niks om die parkeerprobleme aan te spreek nie. Ons kort groter gesag, wat moet kom kyk wat gaan aan!
Die hoë werkloosheidsyfer is grootliks te wyte aan ons drakoniese arbeidswette. Niemand kla oor die minimum lone, maar die feit dat jy so sukkel om 'n swak of slegte werker af te betaal. Watter werkgewer sal 'n goeie werker afbetaal. Nee jy sal hom liewer meer betaal en beter vir hom of haar sorg. Goeies onder hulle is so skaars soos hoendertande.
Liewe mamma! Ek kry jou so jammer, maar weet jy 23 jaar gelede toe my woelige, baie intelligente kind wat net graag sy koppie met kennis wou vul in graad 1 was, het die juffrou al gesê hy is te besig en konsentreer nie en sy sukkel met hom en ons moet hom op Ritalin sit. Ons het die hele vakansie gewroeg en gehuil en toe besluit om dit nie te doen nie. Net oor sy nie lus het om met my kind te sukkel nie, is nie genoeg rede om hom op pille te sit nie. So sterkte vir julle en ek hoop hy/sy het volgende jaar 'n onderwyser wat haar verstaan. Soos genadiglik met ons in graad 2 gebeur het.
Namibian: Geingob about his property development. It is not your business if I make lots of money. Correct but what is our business is his co-ownership and partnership with tax evasion accused Huang who seems to be immune to investigation/procecution?
Wat betref Steinhof: Volgens berigte is die kullery met syfers al 'n paar jaar aan die gang. Die voorsitter, CEO en die hele raad van direkteure asook die ouditeure behoort van bedrog aangekla te word.
Wonder wat die rol van opposisie is. Die “Bedrogkind” het binne 27 jaar gegroei van duisend miljoen na biljoen en is vinnig op pad na triljoen en miljarde! Kan opposisie nie by buurlande kers opsteek nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie