SMS'e vir 15 Februarie 2017
SMS'e vir 15 Februarie 2017

SMS'e vir 15 Februarie 2017

“Wanneer kry ek my rente?”
Gerine Hoff
Cran se lugtyd-kwotas. Is dit 'n April-grap? Lyk my nie hulle weet hoe werk die mediabedryf nie. Kyk, massas advertensies frustreer ons almal, maar as radiostasies nie 'n inkomste uit advertensies kan genereer nie, gaan Cran ook nie geld kry nie.



Uiteindelik het die ministerie van onderwys iets oor die salarisse te sê. Dit het hulle lank genoeg gevat, en intussen “suffer” ons en bly net by die “cash loans”!



Ek wil net graag weet, miskien van minister Calle homself. Hoe werk dit as julle my vir amper twee jaar al N$9 300 skuld en dit nie betaal nie, is dit “fine”? As ek julle N$11 000 skuld, dan raak dit N$53 000 in rente oor drie jaar, plus N$11 000. Wanneer kry ek my rente op die N$9 300 wat julle my skuld?



Trustees en RUL, hoe lank wil julle hê moet ons nog wag vir ons surplus? Ons is siek en sat. Ons het julle op 1 Junie 2016 gewen. Wil julle nie maar ingee en ons geld gee wat ons toekom nie? Waarom nou nog die “Supreme Court”? So julle dink darem niks van ons arme oumense wat doodgaan en nie nut van hulle geld het nie. Julle dink seker julle gaan die “ex-employees” wen, maar dit gaan julle net meer en meer kos. God slaap nie.



Vredehof-waterkrisis. Jy is verkeerd. Dit is nie City of Windhoek se skuld nie, maar wel “Ministry of Works” se departement “Maintenance”. Die saak is aan hulle gegee en 'n klagtenommer is verskaf. Dit vat dae voor hulle opdaag om die probleem op te los. Vredehof-inwoners, pas tog asseblief die woonstelle op asof dit jou eiendom is. Hou jul woonstelle en omgewing skoon. Ouers, praat met jul kinders om nie so te mors nie, asseblief. Dankie. – SNA



Stuur immigrante terug, want die meeste pleeg misdade omdat hulle nie werk kry hier nie.



Dankie Yochanaan – vir jou “Valen-pyn” rubriek. Ek dink daar is 'n hele klompie manne wat dieselfde druk voel wanneer 14 Februarie weer 'n draai kom maak. Ek hoop jul vulstasiepasteie het nie té veel sooibrand veroorsaak nie!



Opposisie “uitgesluit”: Dis nie net die opposisie wat so voel nie, dis die hele land se mense. Niemand weet wat aangaan nie, niemand kry geld nie en alles ruk tot stilstand. Is nogal nuuskierig om te hoor wat gaan oom Calle in Maart oor die land se ekonomie voorlê.



Asseblief, wil julle nie ophou skryf oor hoeveel water nou in die damme ingevloei het nie? Namibiërs verstaan nie dat ons steeds 'n watertekort het nie. As hulle dink die damme is selfs halfvol, begin hulle alweer die krane oopdraai. Verstaan niks van spaar nie.



Wat 'n ervaring om Sandhof se lelies self te gaan sien! 'n Heerlike dag uit die dorp en water net waar jy kyk. Mens voel sommer nuut!



So, to quell rumours regarding a friendship with Chinese Huang, the president wants to sell his 20% shareholding in luxury development African Sunrise Investment. He sold the land to this company (worth N$50 million) for N$393 000, which means his share is N$78 000. Now I wonder how many millions he'll sell it to Huang for?



Ken u dalk die resitasie uit vervloë dae: Jan Verslae lê in die wa, hy sien tweebeen vierbeen dra.



Ag dis wonderlik om te sien Avisdam het weer 'n bietjie water. Nou moet ons net hoop die diewe gaan ons nie oorval as ons weer daar gaan stap nie.



Rent Control Board (Sun, 14/2): Uiteindelik! Ons kan nie huise bekostig nie, maar ook nie die huur nie. Asseblief, ek hoop die raad kom vroeër eerder as later.



Geluk aan Matias, Frans en Rudly wat hierdie naweek in SA aan die Outeniqua-rolstoeluitdaging gaan deelneem. Ons hou vir hulle duim vas – Namibië is trots op julle!



Namdia off the hook: Of course they are. Noa is toothless.



As Namibië se begroting uitgeput is, hoekom werk staatsamptenare nie tydens gewone kantoorure, sodat hulle nie oortyd hoef te eis nie?



Agribank wil geld aan naweekboere leen, maar boere skuld die bank N$500 miljoen. Maak dit vir enigiemand sin?



Die arme onderwysers verdien reeds so min en nou moet hulle nog wag vir hul salarisse ook. Nuwe geïntegreerde stelsel se donkie man! Katriena moet maar help.



NamPost Mariental is nie bevoeg om te weet wanneer iemand “internet banking” doen nie. Hulle sluit jou posbus en weier om dit oop te sluit voor jy nie 'n bewys lewer nie. Wat is die doel van “internet banking” dan?



President Geingob, are you aware of what Mr Paulus Hango is dealing with at the coast between employees and companies? Please try to visit coastal workers to hear more before another strike like because what they did to innocent fishermen.



Wil weet hoe kry normale mense dit reg om van grafte af te steel? Meneer of menere, want dit is nie die werk van een mens nie. Jy wat my ouers se tralie afgesteel het, ek sê jou nou, gaan sit die Olivier-egpaar se tralie terug asseblief. Ek wil jou niks sleg toewens nie, sit dit terug en stop waarmee jy besig is. Die Here is 'n regverdige God.



Ek wil ook weet wat gebeur die jaar met die wintertyd. Gaan dit weer verander of gaan dit somertyd bly?



A sincere thank you to Ms Natalia at Ministry of Finance, Otjiwarongo Office. Thank you for your assistance, helpfulness and friendliness. You are a star! You are appreciated. – D De Bruijne



Ministerie van binnelandse sake – 20 minute in en uit vir aansoek van my nuwe paspoort! Dankie vir vinnige en puik diens! En dit nogal by die hoofkantoor!



I'd like to know whether the Chinese who illegally logged dozens of hundreds years old protected, irreplaceable rosewood trees have been arrested and are being prosecuted or whether they are getting away with it? Or are officials involved in this trade and will it be swept under the carpet?



Madam Moola (949), could you please make me understand. I've been your customer for six years, since 2010. I've been playing this SMS WIN to 949 for years but never won anything. Your machine can be my witness. If I used to play more than five times a day and each SMS cost me N$5. How much money have I wasted in your business? I know its not a guaranteed game, but five years is quite a lot of time.



Ek soek raad: Waarmee kan ek 'n tatoe afhaal?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!