SMS'e vir 15 Februarie 2018
“. . .die grootste euwel. . .”
Kabinetskommeling is meer as welkom. Hoop dat adjunk permanente sekretarisse en adjunksekretarisse se poste ook geskrap word. Ditsal uitgawes beperk en direkte verantwoording tot orde roep.
Die president sê hy het geen genade vir geweld teen vroue en kinders. Dis reg! Maar hy moet kyk na die grootste euwel in die land, naamlik veediefstal. Dit raak onmoontlik om te boer.
Wat sukkel hulle tog in die Kaap om Jacob Zuma te verwyder? Het hulle nie geleer van Zimbabwe hoe om dit te doen nie? Bel die Zimbabwiese weermag. Hulle sal gaan help!
"Government", gradeer die staatshospitale op, asseblief! Daar is mense met mediese fondse wat ook daar gaan lê. Spesialiste gaan werk ook daar. Staatsmedies kry baie geld. Die ministers en hoë lui moet daar gaan lê en nie by privaat hospitale nie. Bring verandering, ons kan nie slegter af wees as 28 jaar gelede.
Visrowers looi kabeljou! Een visrower sê hy het N$15 500 gemaak met een dag se vangs. Dis ’n klomp "illegal" vis en verkope! Mnr. Esau, die geslote gebied is daar om die broeibronne te beskerm. Waar is jou inspekteurs? Petrol of voertuie nie beskikbaar nie? "Come on!" Hulp om te patrolleer en informasie oor roekelose Suid-Afrikaanse hengelaars word van die hand gewys? Dit is jul "job" om ons bronne te beskerm. Doen dit! Onwilligheid en onbekwaamheid skree ten hemele!
Dankie Reggie vir die pragstuk. Die taalgebruik en die aanhalings van groot geeste. Die konteks waaroor dit gegaan het, is egter nie mooi nie. In kort, dit gaan nie oor jy met ’n ampsmotor mag vakansie hou nie, maar die persepsie wat dit laat en daardie toe-eieningsreg wat tekenend is van ons politikusse en medekripvreters.
"Confused" oor Windhoek skole, dit gebeur oral. Skole is nou al ’n besigheid op sy eie, dink ek. Walvisbaai se kinders bly wraggies ook nie voor nie. Elke week is dit ’n klomp geld uit hul sakke om een of ander geleentheid te vier by die skool. Alle inkomste daaruit reguit skool toe. Kan hulle dan nie maar die kinders se uitgawes daarmee dek nie? Dis hoekom “Home School” meer gewild raak. Geen middelklasouer kan by hou nie. Rêrig!
Mevrou, die Minister van Onderwys. Het u vergeet u is Katrina Hansen-Himarwa, en nie Hanse nie. Indien u vergeet het. Assamblief tog!
Die persoon wat wil weet waar ek bly. Ek bly in die gewese tuindorp, wat nou die vuildorp is. Kom ons noem hom Gaatjiesdorp.
Ek wil tog weet, die kosse wat versprei word deur die "Regional Council" se kantore op Karasburg. Hoe word dit versprei, want daar is dan behoeftiges wat niks ontvang? En wie moet dit versprei hier in Karasburg? Het die "Minister of Works" nie genoeg werk om na om te sien nie?
Tattoos and piercings are disgusting. I never read anything about or written by people with tattoos or piercings nor do I watch any programme on TV if it is about tattoos or piercings or if the presenter has tattoos or piercings.
Moeders wat met toordery staan, stop dit! Hou op julle seuns se verhoudings en huwelike regeer en vernietig met toordery. God is groter as daardie toormagte van julle. Alles wat in die donker gedoen word, sal God in die lig openbaar.
Goverment and its Special Envoy are nothing but Treasure Hunters! Its not about the dog, but the collar around its neck! - Axaro
Bohaai oor plastieksakke. Wat van leë bierbottels?
Ek gee op, "Ou Bruin Brood"! Ten minste het ons ’n baie goeie Afrikaanse onderwyser gehad.
Kan ons regering iets doen omtrent GIPF. Mense moet wag vir meer as ’n jaar lank nadat iemand gesterf het om die geld te kan kry. Die arme kinders ly daaronder. En dit oor mense wat nie hulle werk doen nie. Dit behoort regtig nie so lank te neem nie. As die privaat sektor dit kan doen, hoekom ook nie hulle nie?
Laat die mense wat in die huise bly wat in Usakos is, gevat word of werk en die huise betaal. Laat die skulde afbetaal word en die munisipaliteit se water ook nie met skuld staan nie.
Om te antwoord op ’n vraag van gister. Nee, verlofdae mag in terme van die Arbeidswet nie verkoop word aan werknemers terwyl hulle nog in diens is nie.
Ek kon altyd elke maand ’n pragtige tydskrif koop, maar deesdae kry ek dit nêrens. Dis die Lééf. Kan iemand my miskien help, asseblief. Dis bietjie duur, maar rêrig die moeite werd.
Ek is tog op soek na Niklaas Anduha Baisako Hanse in verband met sy kind. Hy bly in Windhoek en hy weet waar het hy die kind gelos. Die kind gaan nou ook skool, asseblief.
Ek soek tog dringend raad vir maagswere. Het als probeer. Moedeloos!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie