SMS'e vir 15 Januarie 2019
". . . meer ernstige sake . . ."
Op bladsy 3 van die Republikein van 14 Januarie 2020 word berig oor twee dogters, onderskeidelik 2 en 5 jaar oud wat vermoedelik verkrag is. Die twee verdagtes is by hul gekry tydens die voorval. Geen name van die verdagtes of hul foto's is geplaas nie. Dit is nie konsekwente beriggewing aangesien ander verdagtes vir soortgelyke aanklagte blootgestel word met name en foto's op die voorblad en net hoor-sê bewyse. (Die inligting is verstrek in 'n nuusvrystelling deur die Namibiese polisie voordat verdagtes voor die hof verskyn het. Daarom is geen name verstrek nie en afhangende waar in die land sake voorkom, beskik die media nie altyd oor foto's van beskuldigdes nie. - Redakteur)
Hoekom nou haastig met Fishrot-6? Niemand was haastig met die Caprivi-verhoor nie en nie een van hulle was in ’n privaathospitaal nie of kon kla oor menseregte nie. So daar is baie meer ernstige sake wat wag.
Ek wonder maar net hoekom die Fishrot-6 nou skielik bekommerd is oor hul persoonlike omstandighede, familie en finansiële omstandighede wat nou agteruitgegaan. Maar toe die miljoene dollars vrylik gesteel is, hoekom het hulle toe nie omgegee nie? Gierigheid is ’n nare ding! Onthou, duisende mense kry baie swaar hier in Namibië. So, dink maar mooi terwyl jul in aanhouding is en baie tyd het.
Het Namibië ’n president en ’n eerste minister nodig? Kan die eersteministersposisie nie uitgeskakel word nie en die enorme hoeveelheid kapitaal vir broodnodige aktiwiteite aangewend word nie?
Laidlaw Peringanda sê net as die afbeelding van die Ruiterstandbeeld op ’n ander man se eiendom jou snags wakker hou, sodat ons met ons ketties kan opruk om te kom waghou om te kyk dat die beeld tog net nie ’n oog knip nie. Foeitog man! Wees net kalm, niks sal gebeur nie.
Vandag, Dinsdag die 14de Januarie 2020, is NaTIS op Swakopmund toe en net hulle weet dit? - Willie Weetookni
Geliefde President. My water styg elke maand met ’n N$1 000. Nou op N$8 000. Help my. Is dit dalk omdat ek mooi dinge oor u skryf in die Repuplikein? Oumens wat selfmoord oorweeg. Kan nie meer!
Dankie vir Lingua Kollege wat die graad 10'e en 12’s sal vat vir verdere studie. Dankie vir jul kampus in die Noorde.Ons sal baie graag wil hoor wie het die prys gewen van Shoprite-kompetisie. Dit het die 24ste Desember gesluit. Ons het almal deelgeneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie