SMS'e vir 15 Januarie 2021
"...sy masker op het."
Een ding kan ek mos nie verstaan nie. Ouers, julle kinders speel die strate vol, loop in die dorp rond, maar sodra die skole moet begin waar jou kind veiliger is, dan het van julle nou ’n probleem met Covid. Regtig? Sorg dat jou kind ten alle tye sy masker op het. Hulle loop soggens in groepe skool toe. Praat jy met jou kind daaroor? Hoeveel oggende het van u kinders sonder ’n masker skool toe kom stap. Ja, die masker is weg, of die masker is vergeet. Nee regtig! Kom ons kry ons prioriteite reg.
Grondgryp. Ja Job is nou soos ’n foxterrier wat die straat se honde geleer het om karre te jaag, nou het hy een gevang en weet nie wat om met dit te doen nie.
Staatspensioen-uitbetalings by die poskantoor op Mariental loop elke maand uit op byna 14 dae se probleme vir die gewone publiek. Dis veral die swak beleid by die toonbank vir pakkies wat tot onmin ly. Pensioenarisse raak aggressief as die publiek ook hulle pakkies wil afhaal. Posmeester, doen asseblief iets hieraan!
Ons het Shoprite absoluut nodig in Namibië, omdat hulle die winkelgroep is met die mees bekostigbare pryse. Hierdie onnodige stakings moet asseblief end kry! As Shoprite uit Namibië onttrek, sal dit ’n kwade dag vir Jan Publiek wees.
Die AR wat stakings by Shoprite afdwing gaan nie verbruikers enigsins help in hierdie moeilike Covid-tyd nie! Mense trek ekonomies swaar en om winkels wat nog bekostigbare kos verkoop toe te maak grens aan waansinnig!
Van wanneer af is iemand verjuig oor iets? Dit is tog verheug? Of word die arme Afrikaanse taal nou verder verkrag met nuwe, vreemde woorde?
Ministerie van Finansies hoe gebeur dit dat alles so agteruit gaan van geboue tot medies, begrotingbelasting en julle se mense het dan grade en sulke kwaai kwalifikasies. Wie vat nou eintlik vir wie vir a wat ha?
Wil graag weet of ministerie van finansies magtiging het, om na 3 jaar na aftrede vir jou aanslaan vir tax en vir GIPF beopdrag om maandeliks van die bietjie wat jy kry, af te trek.
Ek wil weet laat sekere mense op Groot-Aub moet erwe kamp en anders moet gestop word. Ek kan my draad reg maak, maar ander mense doen dit.
Tanya, Lulu en Ashley, dit lyk my as iemand reën wil hê moet hulle net vir julle en Nici nooi vir ’n verjaarsdagpartytjie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie