SMS'e vir 15 Julie 2016
Verwys na berig in Suiderland van 12 Julie 2016 oor die mense wat op die plaas Satco velskoene maak. Dis baie goeie motivering vir ons land se mense. Die plaas het in die jare sewentig aan wyle dr. Landsberg behoort, nou word die plaas vir so ’n goeie doel gebruik. Baie geluk Namibiese ambassadeurs.
Nou los plaaswerkers ook hul werk en gaan lê in die dorpe waar voedselbanke hulle kos gee. Niemand wil of soek meer werk nie. Verkeerdste move.
Wat is droogtehulp wat net mense help. Wat van ons diere wat honger ly? Wat het van die goeie ou dae geword toe ons droogtehulp vir die diere gekry het en op ons voete kon bly tot ons liewe Here weer die volgende seisoen reën sou stuur.
Die berig van Sameul Vleermuis in die Suiderland: Kan die NBC of musikante nie vir Sameul help wat in die strate van Rehoboth rondloop, om weer op die been te kom met sy musiek nie?
Laat die fat cats elkeen een lyk vat en begrawe.
Skaapdief: Hulle steel in Schlip en Rietoog ook met dieselfde wit bakkie. Hy kom laai die skape by die kraal wanneer die eienaar nie daar is nie. Veewagter werk saam in sindikaat. Ek hoop hulle word nou vasgetrek. – Eienaar wat ook deurloop
Ek verstaan nie hoe bendes op Unam toegelaat word nie – dis kriminele!
Pres. Hage, die sjebeens in verblyfplekke moet toegemaak word. Dit is mos lankal gesê. Mnr. Kanime moet optree. Ons kinders kry swaar, kan nie studeer nie en sjebeens raas en sommige van ons is sieklik en pensioenarisse. Asb., tree op. Eksamens om die draai.
Wit Swakopmunder, moet sê ek sal graag ook vir hoofman Benjamin Naruseb ’n vrywillige geldjie gee veral as ek as witman ’n stuk grond verniet gaan kry. Wat is ’n geldjie as ek ’n paar hektaar verniet kan kry? Goeie hart met goeie bedoeling? Ek wonder? Klink na korrupsie vir my.
Alweer ’n gemene voormalige dief op borgtog. En nou weer doen hy dieselfde om skape te steel! Dink die justice moet ons Namibiërs begin aankla, want borgtog vir steel/roof/moord/verkrag is aan orde van dag. Dan doen hul dit weer en weer. Doodstraf terug asb.
Kan niemand meer in N$ praat nie? N$5 miljoen om die lyke te veras in die polisielykshuis. Mag ons weet waarom sal dit so baie kos om die lyke te begrawe?
ITC-navraag in nuusblad 12/7. Bel hul nr 227 142. Jy moet vorm invul, kopie van ID en bewys van munisipaliteit oor jou woonadres/rekening by hulle ingee.
Ouers, kom ons staan saam en stop die klug wat nou by die skole aangaan. As jou kind deelneem aan enige sport en die kinders moet uit gaan speel, dan stuur die skool ’n brief aan die ouers wat sê hulle dra geen verantwoordelikheid vir jou kind as hy of sy seerkry of doodgaan tydens die tog wat die kinders onderneem of tydens die sportsbyeenkoms nie. Kom ouers, laat ons ons kinders nie laat gaan om te gaan deelneem nie, want die skool moet verantwoordelikheid neem as jou kind iets oorkom – of laat die onderwysers self gaan speel.
Is daar iewers ’n mediese fonds vir huiswerkers? Die gewone fondse vra amper helfte van salaris.
Bravo Daantjie Louw en jou helpers met die groot werk wat jul by die ou Pionierspark-begraafplaas doen. Hoop jul sal gou nog baie hulp van die publiek kry. – Grace
Persoon wat op 11 Julie se “rooisak-babatjies” se stuk terugvoering gegee het. Wie is ons as mens om God se doen en late te bevraagteken? Ons as mens is geseënd om kinders te kan maak, maar ook ’n verstandelike brein gegee om vir ons self te kan dink. Daar is alle tipes voorbehoedmiddels waarvan mens kan gebruik maak. Dis ouers/mense self wat verkies om so iets aan ’n onskuldige kind te doen oor hulle eie dwaasheid. God is ’n almagtige, alwetende God. Mens moet pasop om vir God te tart en uit te daag. Ons land is al klaar so verwoes deur mense wat tart en ongoddelik lewe. – M.M. Botha
Kan daar nie tog verpleegster van alle rasse by Gobabis aangestel word nie? Ons kry swaar met Engels en Afrikaans. Dis nie almal wat skool het nie. Daar is ou mense en die arme San-mense wat nie weet hoe om te begin nie. Die tale maak dat die mense nie al hulle siektes mooi verduidelik nie, dis waar ons so doodgaan in Omaheke. Asb., alle tale wat in Omaheke gepraat word, moet daar wees. Dieselfde by die polisie en alle regeringskantore. Julle soek net graad 10 en graad 12 wat skaam is om hulle taal te praat.
GIPF, ons wat bygedra het tot die fonds moet tevrede wees met 5% verhoging per jaar terwyl julle spog met miljarde. Dis nie soos dit werk nie. Ons sukkel.
Die anderkant van die munt: Die feit dat jy tot nou toe nog nie ’n poging aangewend het om self ondersoek in te stel nie, wys vir my dat jy nie die wol van jou oë af wil hê nie. So bly maar met die wol op jou oë, want dit is dalk waar jy gemaklik is.
Ek wil vir die Sentrale hospitaal se verpleegsters dankie sê, veral die wat in 4 Oos werk. Julle het vir my goeie diens gedoen. Julle was vriendelik, behulpsaam. Dankie vir die kombuis. Die kos was goed. Mag die Here julle seën. Al wat die ministerie moet doen, is om die hospitaal te spuit vir die kakkerlakke en sorg dat die badkamers reggemaak word en sorg vir warm water.
Ek sien ’n groot probleem kom. Almal wil ewe skielik van hulle swembad-huise ontslae raak weens waternood. Wat wie moet koop ten duurste? Seker om hulle waterskuld te kan betaal.
Menseregte gekoppel aan “vryheid” van wat ookal word heeltemal verkeerd verstaan en nog meer verkeerdelik geïmplementeer. Die voorstanders daarvan moet die skuld en blaam dra van al die ordelose en bandelose gedrag wêreldwyd.
Ek was die naweek in Rehoboth by ’n troue in Blok G. Die onthaal was in dieselfde kerk in Blok G. Ek was so geskok oor mense wat die drank onder die tafel geskink het en binne in die huis van die Here gedrink het. Mense, word julle nie bang nie? Respekteer asb. die huis van die Here. Hulle was toe uitgelig en gewaarsku.
Mense asseblief, hou kerksake uit die koerante. Gaan by die persoon en sê wat verkeerd is asb. Jul is grootmense!
Joe Oosthuizen sê dat biltong in Whk tussen N$250 en N$280/kg kos, maar ek koop al lank die heerlikste gekerfde beesbiltong in Khomasdal vir N$190,50/kg. Let wel dat dit die gewone prys is en nie ’n spesiale aanbieding nie. Baie dankie Khomasdallers dat julle nog vir julle mense omgee.
Mooi man, nou kan Namibië se hoenderbedryf vra wat hulle wil vir vaal hoeder wat na niks smaak nie.
In Gibeon werk dit so, as jy waarheid spreek, word jy gebrandmerk, maar tog het Jesus waarheid lief. Staan op vir julle regte Gibeon-mense.
Dierbare ELKRN-lidmate, wanneer word u in kennis gestel dat die kerk hofsake het met pastore /Goagoseb, Gurirab ens.? Sake wat kerk soos altyd sal verloor. Skrik wakker, dis ons 40% waarmee al hierdie eise sal uitbetaal word. Biskop, red die kerk. Die bom wat in Rehoboth gebars het, is besig om ondergronds te beweeg soos ’n tsoenami. Het julle nie gesien hoe groot massa die Exodus Lutherse Rehohoth is nie. Ebenhaeser lyk soos ’n biduur-diens.
As ek lees dat ons nou nie eintlik kan ingevoerde hoenders koop nie, raak my hart eers bly, want ek ondersteun graag die Namibian poultry industry. Maar kyk hoe lyk ons hoenders. As jy 'n agterkwart van hoender koop, is dit so groot ek wonder of dit nie dalk ’n kalkoen is nie. LOL. Of is daar miskien “new breed” hoender in Nam? Wonder maar net of daar ander mense is wat ook gril wanneer jy die hoender sien? – Chicken lover
Ek wil tog hê die minister van skole die skole op Klein Aub besoek, of die president. Ons kry swaar daar.
’n Onafhanklike oudit moet dringend op aanvraag gedoen word om hoofkantoor Business Trust Elcap en Projekkantoor te ondersoek, want ons het as lidmate die reg om te weet wat aangaan in ons kerk en wil ook weet hoe veilig ons en partners se gelde hanteer en waarop dit bestee word. Hoe betroubaar is die verslae wat die sinode gegee word en is gelde terugbetaal van die BO DC? Die kerk moet as die liggaam van Christus deursigtigheid aan die dag lê. Maak gebruik van ouditeure van susterskerke soos LWF en ELKSA sodat ELKRN vorentoe kan beweeg en die versoeningspad kan volg wat gepaard sal gaan met belydenis om die seer en oop wonde gesond te maak, want ons almal sal nie vir ewig lewe nie. Wie is verantwoordelik vir koshuiswerkers wat maande lank sonder salarisse bly en daardeur polisse verloor?
Waar is M&K Gertze se matrikulante van 1996? Laat weet dan laat ons reünie hou.
’n Dringende familievergadering vir oupa Piet en ouma Drieka van Wyk se geslag vir die familie. Reünie word gehou op Saterdag 23 Julie 2016 om 10:00, erf 559 Blok A te Rehoboth. Sonet @ 081 374 8119, Edna @ 081 247 3540 en Kowa @ 081 369 8849 kan gekontak word vir verdere navrae.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie