SMS'e vir 15 Junie 2016
SMS'e vir 15 Junie 2016

SMS'e vir 15 Junie 2016

Gerine Hoff
Hoekom word slegs karwasserye uitgesonder as gekyk word na waterverbruik? Is die werknemers van ’n karwassery minder werd as byvoorbeeld dié van ’n haarsalon? Of ’n konstruksie-besigheid? ’n Geval van “we are all equal but some are more equal than others”? Daar moet holisties na álmal gekyk word wat water gebruik!

My hart brand vir mnr. Tillian Walters. Sterkte aan sy familie. Ott

Ma wat kinders by hospitaal verloor het: Dis tragies. Mediese personeel moet aangekla word vir moord. Sommige dokters en verpleegsters het verkeerde beroep gekies. Gaan soek liewer ander werk.

Foto van hond wat mishandel is in Republikein van 13/6/16. Polisie het tog die nommer van hierdie taxi. Kan daar nie ’n boete vir hom geskryf word nie? Ons liewe Vader slaap nooit nie. Jy sal jou dag kry as jy daarbo kom vir hierdie dier wat jy so mishandel het.

Die slagting van mense elke dag op ons paaie lê ek voor die deur van korrupte verkeersbeamptes wat elke dag omkoopgeld kry. Boetes is spesiaal so hoog gemaak dat dit ’n afskrikmiddel vir padvarke is. In plaas van dat boetes geskryf word en na die staat gaan, beland bribe geld in korrupte verkeersbeamptes se sakke. ACC stel persone aan om hierdie korrupte verkeersbeamptes te vang en agter tralies te hou.

Miskien moet ontvanger van inkomste begin deur mense sonder papiere aan te stel wat wil werk, meer telefoonlyne by customer care. minder studieverlof, gewone verlof en afdae gee sodat belastingbetalers kan waarde kry vir hul geld. PS dreig met press release oor uitstaande skuld en vorms, maar inkomste sukkel nou nog om tien jaar terug se werk op datum te kry.

Volgens onlangse nuusvrystellings is Namibië nou die land wat per kapita die meeste noodlottige motorongelukke in die hele wêreld het, nl. 45 per 100 000 inwoners! Kenners skryf dit toe aan onbekwame drywers, substandaard paaie of afwesigheid van padtekens en powere wetstoepassers! Wat ’n oneervolle toekenning! Plek nr. 2 word beklee deur Thailand (36) en nr. 3 is die oorloggeteisterde Iran (34). As elkeen van ons Namibiese padgebruikers ernstig is om padveiligheid te bevorder, kan ons ons skandalige posisie drasties verbeter.

Elke ander Namibiese vrou is ’n alleenouer en ook “mother of six or even seven”. Vind u dit as leser nie ook vreemd dat daar nooit ’n vader genoem of van gepraat word nie? Alleen gebore

Ek, Chris Kleinsmith, het 7 jaar op Rössing gewerk. Die dag toe ek bedank, het ek N$3 000 pensioen gekry. Belaglik nè?

Wil graag vir Mylene Jooste vra of sy tevrede is met al haar bedrog en skelmstreke teenoor onskuldige mense. My man moet nou jou geld terugbetaal. Geld waarmee ons kind versorg moet word wat ook dieselfde bloed as jy het. Jy het net een mens lief en dit is JOUSELF. Jy is gewetenloos.

Hoe ‘verwronge’ moet jou denkrigting wees as jy bekragtig dat almal bo 65 jr ’n mediese fiksheidstoets moet ondergaan vir ’n hernuwing van jou voertuig bestuurderslisensie? Jy kan egter wel een kry as jy tussen 18 en 56 is, al het jy ook moord op jou rekord, veelvoudige sielkundige afwykings, erge maatskaplike probleme, alkoholis is, dwelms gebruik, IK onder 80 is, paar gene tekorte het, of nie ontvanklik is vir enige opvoeding nie. Solank jy net nie bo 65 nie! Wie maak die ongelukke op ons paaie? Persone bo 65?

Praat nou van diens. Ek wag nou al 2 maande vir ’n jagpermit van natuurbewaring in Windhoek. Miskien sal ek my permit kry as die jagseisoen verby is. Nee aarde, kry jul huis in orde!

Hoe kan die regering dit toelaat? Ek kry ’n salaris van N$12 000, maar huur ’n huis vir N$9 000. As jy bank toe gaan dan kwalifiseer jy nie vir jou eie huis nie, maar moet vir ’n huurder betaal ook. So word ons uitgemergel om ander ryk te maak. Hoop iemand lees dit en kan terugvoering gee.

Charles (alkoholis) werksaam by brouery. Jy kan my gerus kontak: Gerhard 081 271 1141.

I bet the Lameck trial and many more years and years old cases have cost the country and taxpayer more already than the amounts the cases are about. What is wrong with our justice system?

Renosterhorings word gesteel, nie van die dier se kop af nie, maar uit veilige bewaring. Nou het ek gedink, kan ek nie ook ’n miljoen of 2 kry van Social Security of GIPF vir veilige bewaring nie assemblief? Ek sal kan doen met ’n miljoen. Sover het niemand nog gaan tronk nie of hoe?

Is dit waar dat Youth Against Crime van Gochas toestemming gegee is om mense te slaan?

Swak diens en wonder of hul weet wat hul doen is my mening oor Min of Finance VAT Dept. Ons sukkel al 6 maande om ons VAT refunds te kry van 2015. Beslis hopeloos, so ek gaan altyd persoonlik na hul kantore. Elke keer moet ek hoor binne 3 weke, binne 1 week betaal hulle, maar tot hierdie minuut, niks. Kan ek rente eis? As hulle penalties kan verhaal vir 1 dag se laat indiening, hoekom nie rente eis vir 1 jaar en 6 maande se laat refunds nie?

Proesessies by brouery: Ek kan net sê Charles, jy is baie meer dapper as hordes van ons. Myns insiens moet ’n redelike werkgewer nie ’n werknemer in ’n posisie van “harm” plaas nie. Dis net logies as hulle bewus is van jou siekte. Sterkte! Robbie.

Die gemeenskap van RHB gaan so aan met past. Thaniseb, maar wat het Tiboth gemaak? Begin vee voor julle se deure voor julle so baie klippe gooi. Ons almal maak foute, niemand is volmaak nie.

Die persoon wat in Hegnerstraat Pionierspark EXT 1 bly met jou voëls wat so verskriklik skree, maak ASB plan. Ons bly in ’n stad, nie op ’n plaas nie.

Honde wat onnodig blaf. Gaan die lisensie maak dat hy ophou blaf?

Ons matrikulante van M&K wil vir mnr. D van Wyk baie dankie sê vir die pragtige matrix jackets. Ons waardeer alles wat meneer vir ons gedoen het om dit te bekom.

Wat ’n sirkus! Kan jy glo Ministry of Health adverteer ’n pos vir ’n drywer. Die persoon doen aansoek met meer kwalifikasies, sertifikate en diplomas, maar hy word nie eens vir ’n onderhoud genooi nie. Sy kwalifikasies oortref wat verwag word. Hoe verklaar mens dit? Is dit alweer ’n geval van ek bring my familie of vriend in. Of soos die spreekwoord sê, hy word ingesmokkel. Dankie aan daai persoon wat die moed gehad het om na die openbare beskermer se kantoor te gaan. Vlek die korrupsie oop. So kan dit nie aangaan nie, waarnatoe is ons land op pad? Ons soek kundiges. Kom reg regering.

As ek die abattoir vleispryse in die koerant sien, vra ek wat “justify” die pryse in die winkels? Hoeveel tussengangers word ryk? Skokkend!

Baie dankie aan Petrus Haneb van Namutoni NWR wat ons metaal badprop om 19:00 op ’n Sondag kom herstel het. U verdien ’n verhoging.

Weet iemand dalk waar of by wie ek die Western Suburbs rugbyklubsaal vir ’n funksie kan huur? U kan net ’n telefoonnommer in die SMS-kolom plaas. Dankie.

Vir vinnige en flinke diens by FNB Ausspannplatz, sien mnr. Tarvern Coetzee. Absoluut ’n aanwins vir FNB. Dankie Tarvern.

Wat is nou die volgende stap ivm Rössing-surplus, en waar kan ek dit uitvind en wanneer?

Miskien moet ’n bordjie wat lees “No work, just paid” voor elke regeringsgebou se ingang aangebring word. Dan weet onse mense en sal dan ophou kla oor dienslewering. Job Mutenga

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!